Troskie-baba: ‘Sleg dat hy nie in vrede kan rus’

Die foto van Jayden Ben is op die begrafnisbrief gebruik.

Die foto van Jayden Ben is op die begrafnisbrief gebruik.

Die surrogaatma van Tereza Troskie-Herbst (47) se seuntjie, Jayden Ben, wat ses dae ná sy geboorte oorlede is, het ʼn geregtelike doodondersoek aangevra.

Lt.kol. Annelie Wrensch, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Jeanne-Marie Coetzer, Jayden-Ben se surrogaatma, het die ondersoek aangevra nadat daar nie ʼn lykskouing gehou is nie.

Jayden Ben is op 26 Julie gebore en ses dae later in die vroeë oggendure van 1 Augustus oorlede. Hy is deur ʼn surrogaatma gedra nadat Troskie-Herbst se baarmoeder in 2014 weens kanker verwyder moes word. Troskie-Herbst het die aand voor Jayden Ben se dood vir hom melk gegee toe sy sien daar kom bloed by sy neusie uit. Tereza en haar man, Bennie, het met Jayden Ben na die Mediclinic Bloemfontein gehaas. Hy is kort daarna dood. Vermoedelik het daar bloed in Jayden se longe beland en dit het sy dood veroorsaak. (Lees meer hier).

Tereza en Bennie op hul troudag.

Tereza en Bennie op hul troudag.

Volgens Wrensch word daar nou verklarings afgeneem by al die betrokke partye, onder wie die dokters wat Jayden Ben voor en ten tyde van sy dood behandel het. “Na afloop van die ondersoek sal die inligting aan ʼn senior aanklaer gegee word om dit aan ʼn landdros voor te lê vir beslissing.” Die landdros kan dan besluit of die ondersoek moet voortgaan en of Jayden Ben se lykie opgegrawe moet word.

Troskie-Herbst het aan Maroela Media gesê hulle is baie teleurgesteld en seergemaak oor die bewerings in die media. “Die ondersoek is veronderstel om sub judice te wees. Hierdie inligting is nie veronderstel om in die media uitgeblaker te word nie.”

Volgens Troskie-Herbst het sy eers Vrydag van die ondersoek verneem en dit is Maandagmiddag aan haar bevestig. “Ons wag nou maar om te kyk wat gebeur. Ek kan nie ander mense van goed beskuldig voor ek nie feite het nie. As een mens die graagste wil weet hoekom my seuntjie onder die grond is, dan is dit sy mamma.”

Troskie-Herbst het gesê hulle het ook baie vrae oor wat die dag van Jayden Ben se geboorte gebeur het. Hulle het aanvanklik verneem hy is deur middel van ʼn noodkeisersnee gebore, maar nou weer dat dit glo ʼn normale geboorte was. “Ons het ons seuntjie begrawe, maar het geen reg tot inligting nie. Dit is sleg dat my ou seuntjie nie eens in vrede kan rus nie.”

Netwerk24 berig dat Coetzer ’n eksklusiewe ooreenkoms met Huisgenoot aangegaan het en nie met ander media mag praat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

m ·

Sterkte vir julle in hierdie tyd…. Mens het nie altyd krag vir al hierdie dinge nie en na n begrafnis wil mens net rustigheid he, maar julle moes ma miskien n nadoodse ondersoek laat doen het om te bepaal wat verkeerd geloop het. Nogmals baie sterkte

Annelize ·

Maroela Media, Jayden Ben is nie ‘n “Troskie baba” nie, hy is ‘n “Hebst baba”. Sy biologiese ma se VORIGE getroude van was Troskie. Dink nie dis so lekker regverdig teenoor sy Pappa om te sien dat daar na sy vlees en bloed verwys word onder ‘n ander van nie.

jemma ·

Ag liewe land..hierdie baba is al n maand terug begrawe ek dink nie da gaan enigiets van die ou lyfie oorwees vir n ondersoek nie!

Anoniem ·

Eerstens hoekom word daar nog gepraat van Troskie…net omdat sy die van gehou het….Die baba is nie n Troskie nie….Tweedens hoekom is n nadoodse ondersoek nie in die begin gedoen nie….Ek as moeder sou daarop aangedring het……………………………..

moeks ·

Is ‘n nadoodse ondersoek nie standaard by enige onnatuurlike dood nie? Baba is gesond verklaar deur 2 dokters. Stem saam, iewers klop iets nie.

SêMaarNet ·

Ek is nie seker hoe surrogaatskap werk nie, maar sover ek weet het die surrogaatma geen aanspreeklikheid of enige insae aangaande die baba na geboorte nie. Vooraf word sielkundige evaluasies gedoen juis dat die surrogaatma totale afstandoening moet kan doen van die baba.

Al het sy die baba gedra, is dit nie haar DNA, vlees en bloed nie.
Hoekom wil sy nou skielik insae lewer?

Maryna ·

Het van begin af gedink hier gaan probleme kom! As ek my kind verloor aan onnatuurlike oorsaak, gaan ek vra vir nadoodse ondersoek. Nou word die surrogaat ma skuld gegee, dit terwyl geen bewys daarvoor is nie. Dit is dan mos reg dat sy moet weet wat gebeur het!

ena small ·

Ek weet nou nie!!! Sou daar “vuil spel” van enige kant gewees het, EN veronderstel daar is ” skuldiges”, sou die oplossing tot verdere “onnatuurlike dood” nie wees om die lykie te veras nie? Dan sou geen haan kon kraai nie!

AG ·

This baby could have been suffering from TTN from birth and the doctors might not have picked it up and surely not a new mother of a 6 day old baby. If a chest x-ray was not done on the baby they could have overlooked this. Whilst the baby is in the mother’s womb it feeds off her blood vessels and only once the baby is born does it cough up the fluid. Babies that suffer from TTN does not get rid of all this blood fluid in their lungs. All babies make grunting noises and their breathing is irregular, especially after feeding – these are symptoms of TNN. Don’t be so quick to judge! We are all aware of the state of our healthcare in South Africa.? The Dr’s would have insisted on an autopsy if they suspected anything other than Death by natural causes. I think it is insensitive to request an autopsy after the burial!

Elize ·

Los die hele aangeleentheid.dit sal nie die seuntjie terug bring nie. Dis n wrede ding wat grootmense en veral moeders nou wil doen. Los dit.en laat daai klein seuntjie rus. Hierdie hele ding gaan niemand nerens bring nie.aanvaar sy dood dis al wat julle nou kan doen.uit respek vir hom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.