Troskie-Herbst-baba: ‘Nog baie stukke van die legkaart kort’

Die foto van Jayden Ben is op die begrafnisbrief gebruik.

Die foto van Jayden Ben is op die begrafnisbrief gebruik.

“Ons wil weet. Ons weier om te aanvaar ʼn gesonde babatjie kan net doodgaan. Dit is iets waarvoor ons sewe jaar gebid het, maar vir net ses dae gehad het.”

ʼn Forensiese patoloog het beslis Tereza Troskie-Herbst, voormalige Mev. Suid-Afrika en haar man, Bennie Herbst, se babaseuntjie, Jayden Ben, se lykie hoef nie opgegrawe te word nie. “Ons kind kan nou in vrede rus en ons kan sy laaste rusplekke mooimaak,” het Troskie-Herbst Woensdag aan Maroela Media gesê.

“Hoewel ons verlig is daaroor dat ons seuntjie se lyk nie opgegrawe gaan word nie, soek ons steeds antwoorde oor wat tot sy dood gelei het. Ons is baie bly die geregtelike doodsondersoek het begin, want dit het my en my man as verdagtes uitgesluit.”

Tereza en Bennie op hul troudag.

Tereza en Bennie op hul troudag.

Jayden Ben is op 26 Julie gebore en is ses dae later in die vroeë oggendure van 1 Augustus oorlede. Hy is deur ʼn surrogaatma gedra nadat Troskie-Herbst se baarmoeder in 2014 weens kanker verwyder moes word. Troskie-Herbst het Jayden Ben melk gegee die aand voor sy dood toe sy gesien het bloed kom by sy neusie uit. Tereza en Bennie het met Jayden Ben na die Mediclinic Bloemfontein gehaas, maar hy is kort daarna dood. Bloed het vermoedelik in Jayden se longe beland en sy dood veroorsaak.

Volgens Troskie-Herbst het die forensiese patoloog bevind die oorsaak van Jayden Ben se dood sal nie gevind word deur se lykie op te grawe nie, maar moet daar nou elders vir antwoorde gesoek word. “Daar gaan nou na die tydperk van die swangerskap gekyk word, die week voor sy geboorte en die dag wat hy gebore is. Daar kort nog baie stukkies van die legkaart wat gevind moet word.”

Volgens Troskie-Herbst wil hulle onder andere uitvind of daar tydens die swangerskap dalk iets met die surrogaatma gebeur het. “Ons weet nog steeds nie wat met Jayden gebeur het nie. Hy was ʼn pragtige gesonde babatjie wat net weg is. Ons kan net afsluiting kry as ons weet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

m ·

Sterkte vir julle. Hoop julle kan gou berusting en antwoorde kry.

Vivian ·

Ai my hart gaan uit na julle. Mag julle vrede he oor waar hy nou is. Die Here dra jul ook deur die tyd.

Liz ·

As n kraamsuster verstaan ek nie hoekom die surrogaat-ma as die skurk uitgemaak probeer word nie… Die baba is oorlede 6 dae na geboorte toe die surrogaat-ma nie eers meer betrokke was by die baba se sorg nie. Ek verstaan die seer wat Trosky ervaar maar om dit te projekteer op die vrou wat haar liggaam beskikbaar gestel het om Trosky se kind te dra gaan nie dit beter maak nie! Ek voel net so bitter jammer vir die surrogaat-ma. Dit is nie haar skuld nie. Dis niemand se skuld nie. Soms verloor ons pasgebore engeltjies en niemand weet hoekom nie :(

Lynette ·

Janee, ek kan dit ook nie verstaan nie, daar is geen manier hoe bloed na 6 dae eers in sy longe kon beland nie, wat ookal gebeur het, het daardie dag gebeur

Verpleegster VD W ·

Ek stem saam met suster. Ons kan honderd redes uitgrawe soos verstikking en onkundigheid, maar hierdie mense moet berus dat God se Wil geskied het soos wat HY dit beplan het van die begin af. Daardie Engeltjie gaan ook nie rus vind solank as wat daar gekrap word in die hoekoms en die waaroms nie. Berus daarin dat hy gegee en geneem is en gaan aan met die lewe.

ExSurrogaat ·

Ek stem 100% saam jou Liz! Maak my woedend dat sy die surrogaat ma probeer blameer….dink haar geld kan alles reg maak…my hart gaan uit aan die surrogaat mamma.

Marna ·

Ek wil weet wies die patoloog. Hy klink vir my onbevoeg en of omkoopbaar. Net omdat sy bekend is kan dit mos nie sy wees nie. Magtig man. 6dae later en dan wil hy voor geboorte die oorsaak gan soek. Miskien moet hy sy werk doen en nie probeer om n ginikeloog te wees nie.

MissDemeanor ·

Dalk het die patoloog gese dit gaan nie help om die lyk uit te grawe nie omdat die ontbinding na so n lang tyd dit onmoontlik gaan maak om verdere leidrade te kry….

Vygie ·

As ek so onseker is waaraan my kind gesterf het sou ek n nadoodse ondersoek verlang en geen kommer daaroor hê dat ek geinkrimineer gaan word nie… dit bring groot berusting om presies te weet.. gesien met dame wat saam my werk en se seun dood is. Die nadoodse verslag was vir haar n verligting om presies te weet.. haar twyfel en wonder het opgehou en kon berus hy by Pappa Vader… dalk moet hulle dit laat doen…

Reinette Rautenbach ·

Ek bid dat hulle spoedig berusting sal vind. Nog steeds my innige simpatie.

Rina v Niekerk. ·

Baie jare terug was daar n geval van n vrou wat 2 babas so verloor het. Ongelukkig kan ek nie die feite en detail onthou nie. Dit was in die Huisgenoot. Ek praat van 20 tot 30 jaar terug.

Ook 'n suster ·

Daar is gewoonlik baie vrae rondom babatjie wat vroeg sterf. Ondervinding en nadoodse ondersoeke het gewoontlik gewys dat meeste babas veral vroeggebore baba’s se longetjies het nie voluit ontwikkel nie en vandaar dat hy sukkel om voldoende suurstof in te neem en dit is dan wanneer hy/sy soortvan verstik. Dit is dan wanneer daar bloed by die neussie sal uitkom. Julle moet ook onthou hoeveel jaar velede was Tereza ‘n ma van ‘n pasgebore babatjie.

Lee ·

Die baba moes deur dokters ondersoek geword het voor hy ontslaan was vd Hospitaal. Hy is ontslaan so duidelik was daar op daai oomblik niks verdags aan sy gesondheid nie. So die surrogaat ma het ‘n gesonde baba oorgegee. Ek dink nie sy kan blameer word nie.

Hartseer ·

Ai, my hart bloei vir almal betrokke. ‘n Pediater het eendag vir my gesê dat as ons weet wat alles kan fout gaan in die eerste paar weke van ‘n baba se lewe, ons elke kind as ‘n wonderwerk sal beskou. Soms is daar net nie antwoorde nie. Mens is seer en wil dan iemand blameer, maar soms is niemand skuldig nie. Hoe sê die Engelse: Sometimes bad things happen to good people.

vettie ·

Ek kan nie glo dat hulle die fout soek by ‘n vrou wat vir hulle die grootste opoffering ooit gemaak het nie. Ek kan nie dink dat dit vir enige vrou maklik sal kan wees om ‘n baba vir 9 maande te dra en dan net so weg te gee nie. Daar moet eerder gekyk word na die manier hoe die baba gevoed was. Hoe kan bloed net om een of ander onverklaarbare rede in babatjie se longe beland. 6 dae nadat hy as gesonde baba uit die hospitaal ontslaan is. Hier is defnitief iets meer aan die storie. As my kind moes sterf en ek weet nie waarom nie sou ek dat hulle verseker ‘n nadoodste ondersoek moes doen, al het dit beteken hy moes opgegrawe word.

Charmaine ·

Luister as hierdie ‘n regverdig ondersoek is MOET die baba se liggaampie ongelukkig opgegrawe moet word. Dit is al bewys wat daar is! Magtig man die vrou het mos klaar gekraam. Kom ons kyk wie se skuld kan dit wees. Die surogaat mamma, die aanneem ma, die dr, die ginikoloog, die pidiater, die patoloog, die hospitaal of miskien net niemand nie. Ek wonder of die aanneem ouers dalk net hulle geld wil terug vra van die surogaat mamma.

Margaret ·

In Suid Afrika mag jy nie betaal word vir surogaat wees nie. Jy doen dit vir ‘alturistic’ reasons. Dit is teen die wet om te betaal of betaal te word vir surrogacy. So daar behoort geen terug-eis van geld te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.