Trouklokkies vir Zuma?

juma april gekkedagʼn Berig wat glo deur die Namibian Sun gepubliseer is, waarin beweer word dat pres. Jacob Zuma met ʼn vrou uit Namibië gaan trou, doen steeds die ronde op sosiale media.

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het egter Donderdag aan Maroela Media bevestig die berig was bloot ʼn gekkedaggrap.

Volgens die artikel,“Jacob Zuma finds love in Land of the Brave”, het Zuma ʼn nuwe liefdesverhouding in Namibië aangeknoop. Die berig voer aan dat die troue nog voor die einde van die jaar verwag kan word. Die berig haal selfs Maharaj aan wat dié nuwe liefde bevestig. Aldus die berig het Maharaj bygevoeg Zuma was beïndruk met die skoonheid van Namibiese vroue nadat hy verlede jaar in November die land besoek het.

Die berig voer aan Zuma gaan met ʼn vrou van Ovaherero trou en dat die bruidsprysonderhandeling in ʼn sensitiewe stadium is.

Die troue gaan glo ook by die president se omstrede Nkandla-woning gehou word, en daar is genoeg plek vir haar, so geen verdere opgraderings is by die huis nodig nie. Klik hier om ʼn weergawe van die berig te lees.

Maharaj het verder aan Maroela Media gesê die “berig” doen al sedert 1 April die ronde en hulle kan nie die gerugte tot rus bring nie. “Daar steek geen waarheid daarin nie, en ek het nie een van die uitlatings in die artikel gemaak nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veronica Deacon ·

Gekkedag grap of te nie, dit is gek om meer as een vrou te trou en dan nog deur die belastingbetaler onderhou te word.

Nicolette Meyers ·

Tog kan ek nie help om te wonder of dit ‘n geval van “waar daar ‘n rokie trek brand ‘n vuurtjie” is nie…???

anita ·

vir seker hier kom weer ‘n klein aanbou by Nlkandla want as dit miskien waar is sal ons moet opdok vir die nuwe bruid, maar gelukkig vir ons sal die Guptas betaal vir die …heuninglekkie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.