‘Troukoors’-aktrise gee jawoord

Ilse-Lee van Niekerk en haar verloofde, Brahm van Schalkwyk. (Foto: Instagram/Ilse-Lee van Niekerk)

Dit blyk dat troukoors op die skerm én agter die skerms hoog loop vir Ilse-Lee van Niekerk.

Die Troukoors-aktrise het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat sy en haar kêrel van meer as twee jaar, Brahm van Schalkwyk, verloof is.

Van Niekerk het dié opwindende nuus ook vroeg Dinsdagoggend op Instagram gedeel. “Een ring en heeltemal te veel sjampanje later en ek het vir my ʼn ‘verloofie’ gekry,” het sy in plasing met pragfoto’s van die paartjie gedeel.

Die borrelende blondekop vertolk tans die rol van Jessica – ’n Kaapstadse troubeplanner wat omring is deur liefde, maar wat sukkel om dit vir haarself te vind – in Troukoors.

Van Niekerk vertolk die rol van Jessica in ‘Troukoors’. (Foto: Verskaf)

Sy is verder ook bekend vir haar rolle in onder meer Getroud met rugby, 4 mure, Die Boekklub en Die Byl.

Verskeie bekendes, onder wie Van Niekerk se Die Boekklub– en Troukoors-medeakteur Armand Aucamp en Binnelanders-aktrise Maude Sandham het die paartjie op sosiale media gelukgewens.

Die eerste en tweede seisoen van Troukoors is tans op Showmax te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.