Trouplek-eienaar doodgeskiet: ‘Ek het hulle gesmeek om hom te help’

Marius saam met sy seun Gerrie en dogter Mariska.

Marius saam met sy seun Gerrie en dogter Mariska.

Marius Deyzel (61), mede-eienaar van die bekende Maroupi-trouplek in Umhlali, KwaZulu-Natal, is Saterdagaand ten aanskoue van sy broer en ander gaste deur gewapende rowers doodgeskiet.

Andre Deyzel, Marius se broer, moes noodgedwonge toekyk hoe sy broer doodbloei nadat vier verdagtes hom, sy broer en ander gaste oorval het. “Ek het Marius probeer help en geskree. Ek het vir hulle gesê, ‘He is busy dying. Can I please help him?’ Toe sê hulle vir my, ‘Sit down motherf****r or we will kill you as well’.”

Volgens Deyzel was hulle omstreeks 21:00 besig om te braai. “Dit was ek en Marius en vier ander gaste. Ek het die volgende oomblik ʼn skoot hoor klap. Vier mans het skielik voor ons verskyn en vir ons geskree, ‘down down down!’. Die een het ʼn haelgeweer gehad en die ander een ʼn 9 mm-pistool. Die ander twee verdagtes was met stokke gewapen.”

Die verdagtes het hulle gedwing om op die grond te lê. “Marius het een van die mans gekonfronteer. Marius is met die haelgeweer in die bors geskiet. Ons hande is agter ons rûe vasgebind. Die verdagtes wou weet waar die kluis is, maar ek kon hulle nie verstaan nie. Hulle het my met die stokke geslaan. Net Marius het geweet waar die kluis was.”

Die verdagtes het Deyzel en die ander gaste hierna gevra waar hulle slaap en hulle het na die gastehuis beweeg. “Hulle het deur ons bagasie gesoek en geld en ander items soos juwele gevat.” Volgens Deyzel het die verdagtes met sowat R800 kontant en die ander items gevlug.

Deyzel het later besluit om te maak of hy ʼn hartaanval kry. “Ek dink die feit dat Marius dood was en ek wat maak of ek ʼn hartaanval kry, het hulle die skrik op die lyf gejaag.” Volgens Deyzel het al die verdagtes dieselfde swart klere aangehad.

“My broer het voor my doodgebloei. Hulle wou nie dat ek aan hom raak nie. Ek kan dit nie glo nie, dit is so onwerklik. ʼn Mens dink dit gebeur met ander mense en verwag dit nie. Ek kan dit nie verwerk nie. Marius sou Woensdag sy 62ste verjaardag vier,” het ʼn emosionele Deyzel gesê.

Marius laat ook sy lewensmaat, Edith, sy twee kinders en Edith se twee kinders agter.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Rob ·

Ek glo jy het n’ beter Kans as jy doen wat hulle se^ . Om te konfrontree is gevaarlik en Marius Sy lewe gekos . Ek is al drie keer gekonfrontree met gewampende rowers en gedoen wat hulle se. Ek is wel geslaan maar Kon my lewer verloor het as ek nie gedoen het wat hulle se nie. RIP Marius ek voel so jammer hier oor.

A.G ·

Misdaad in die land sal nooit ophou nie. Die mense in beheer van die land gee nie n flenter om nie en hulle het geen meganisme in plek om dit te stop nie.
Elke dag lees of hoor jy daarvan wie is volgende sit maar en wag en kyk. Die doodstraf is afgestel en indien hulle gevang word is die vonnis so kort wanneer hulle uitkom gaan hulle net voort. Sterkte aan die familie en naas bestaandes.

Louis ·

Is ek verkeerd om te se dat daar rassehaat gepaart gaan met hierdie aanvalle. Dit is nie net maar misdaad agv armoede of om te steel nie. Hier le haat teen die blankes wanneer hierdie misdaad uigevoer word.

DIE UITWISSING VAN BLANKES IS AAN DIE GANG MET DIE GOEDKEURING VAN HIERDIE REGERING

Hannelie ·

Louis jy kon dit nie beter gestel het nie. Jy is reg !!! Rassehaat teen alle blankes. Hulle weet ons is die minderheid, hulle HAAT ons blankes so erg dat hulle ons net wil doodmaak. En so gaan hul ons almal uitwis, want ons Regering is wetteloos. Maar ek troos my daaraan….die hel is hul almal se voorland. My innige simpatie aan die familie wat dit moes aanskou en die manier hoe hy dood is.

Lourens Erasmus ·

Het jy enige feite of statistiek wat bevestig wat jy beweer? As jy het, deel dit asb met ons.

lettie ·

Ons moet maar saamstaan en opstaan. Ons het nie geld om te emigreer nie.

Carel ·

Hierdie soortgelyke gevalle gebeur so dikwels dat dit nie meer snaaks is nie. Die ironie is dat dit ook so alledaags gehanteer word deur die owerhede, asof dit maar net kan aangaan want almal is gewoond daaraan en die polisie is moeg om dit oop te vlek. Maar pasop tog dat iemand iets verkeerd sê of verkeerde woorde gebruik om ‘n ander bevolkings groep te beskryf, dan word dit die wereld uit gebasuin oor hierdie onmenslike onderdrukking wat onvergeeflik is, hofsake volg en duisende dansendes met baniere blaas dit aan en beklemtoon hierdie “sonde”.
Skynbaar kan ons niks hieraan doen nie, maar geregtigheid sal dit nooit goedkeur nie.

Derek ·

Ek stem saam, die goddelose glo nie dat daar n God is wat alles sien gebeur en rekenskap gaan eis van wat almal van ons gedoen het nie, maar daardie dag kom, al is dit eers na die wederkoms, elke knie sal buig en elke tong sal bely!

Dis net sleg dat ons so moet leef, elke liewe dag word mense net eenvoudig doodgemaak aso ons diere is, regtig MOEG daarvoor terwyl skudiges wegkom!!

Anton ·

…woorde ontbreek my om my gevoel te beskryf…RIP Marius…

Alweer ·

Dit wil vir my voorkom asof blankes maar doodgeskiet en doodgesteek kan word in SA sonder enige internasionale mediadekking, sonder die MRK of enige ander politieke party se intervensie of selfs net simpatie. Jy mag nie waag om iets teen enige anderskleurige te tik op FB nie, maar jy mag iemand doodskiet en hom ‘n rassistiese naam noem as hy wit is? Die BALANS in SA is al hoe meer besig om verkeerd te raak .. die belastingbetalers word doodgemaak en die misdadigers heers!! RIV – so jammer om van nog ‘n onskuldige BLANKE se dood te verneem. Die doodskis manne sit steeds in die TRONK, maar die moordenaars van plaasboere is nog nie gevang nie ..

Christelle ·

Net nou die dag met ‘n ou gewese ANC parlements lid gepraat. Hy het uitgetree a.g.v. sy geloof want hy was aangesê dat korrupsie aan die orde van die dag is en die uit moor van wittes…..1994.

Cherokee ·

Maar Christelle, hy kon voor 1994 Umkhonto we Sizwe en hul winkel- en stasiebomme verwerk. Daarmee het hy geen probleem gehad nie.

Herman ·

Raak opgesom, Cherokee. Ek sal volstaan hiermee want as ek moet deel wat werklik binne-in my aangaan word my kommentaar nie alleen verwyder nie, ek sal sweerlik toegesluit word.

adele ·

Wow, nou kan ‘n mens nie eers meer troues by woon nie? Niemand gaan meer een van die dae eers by hulle huise (wat ook nie veilig is nie) uitgaan nie. Wat ‘n lewe!

grotman ·

Louwrens Erasmus! Ek weet nie of ek jou woorde reg verstaan nie, maar ek wil net se as jy bewyse soek van ras haad dan versoek ek dat jy op die internet rond soek na blanke moord fotos en sien hoe wreed ons mense vermoor word en bes moontlik word 1+1 vir jou 2.

Piet Pille ·

Lourens wat weet jy wat die meeste lesers nie weet, deel asb. jou kennis met ons man.

Barrie Vermeulen ·

In die weermag het ons ons R1 (geweer) ons vrou genoem. Jy was nooit sonder haar nie, selfs as jy op die toilet sit. En jy het geweet hoe om haar te hanteer. Ons is in ‘n OORLOG, of ons dit nou wil weet of nie. As jy ongewapen is kan jy verwag on teespoed te kry. As jy op die Polisie wil staatmaak vir beskerming moet jy jou kop laat lees.

Eugene Deyzel ·

As Marius se broer wil ek net dankie se vir almal se simpatie. Ons as familie waardeer dit opreg. As die jongste van ses broers gaan ek hom baie mis, hy was altyd n voorbeeld vir my en almal wat hy mee in aanraking gekom het. Ek glo dat God hom meer nodig het aan sy kant as hier op aarde. Geniet dit by Ma en Pa Marius ek voel amper jaloers, tot ons mekaar weer sien. Liefde.

shaneen ·

My innige meegevoel aan Marius se familie…dis so so wreed.Ek is jammer om nou kleur by my komentaar in te bring,maar hoekom is dit dat wanneer n wit man n anderskleurige dood maak dan mag dit gese word hys n rassis of AWB of wit gemors,maar wanneer n anderskleurige n witman dood maak dan mag daar nie uitlaatings gemaak word nie?Gewoonlik is die verloop van die saak tEen die moordenaars tot maklik 5jaar lank,maar dan word hulle net vir 2jaar gevonnis waarvan 12maande opgeskort is.Hoftyd dus langer as sittyd.Liewe Here waar gaan ons land heen?Bestaan daar nog iets soos regstelsel?Ek is n kleurling…maar wat te erg is is te erg!!!!

stev ·

Shoe….ek sien my kommentaar is verwyder….mmmm
Indien daar gedink word dat ek op enige manier die familie te na gekom het, vra ek groot onverskonning.

My inige meegevoel en simpatie aan die familie en vriende. Mag God julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Groete.

Martin ·

Eugene,baie jammer om van julle verlies te hoor.Dit is tyd dat ons opstaan teen hierdie moorde op BLANKES.

koos ·

Jammer as ek verkeerd is maar as een van hierdie mense ‘n vuurwapen gehad en een van die aanvaller geskiet het, wat dan? Soos ek die regstelsel verstaan sou hulle hom summier arresteer op ‘n moordklag waarna dit hom derduisende sou kos en hy nog dalk ‘n siviele eis in die gesig kon staar. Is DIT nie dalk waar die probleem begin nie?

Della ·

Ai, nog ‘n dag, nog ‘n moord/aanval op ons wittes. So jammer oom dat jy so aan jou einde moes kom en dat jou familie hierdie hartseer en pyn moet deurgaan. My hart sink elke keer tot doer in my skoene as ek hoor van nog ‘n sinnelose moord.Soms wonder mens wanneer dit jou beurt is…die savages het die oormag, polisie(die wat nog bevoeg is) se hande is afgekap, wittes blah blah blah net en weet nie van saamstaan nie(kyk maar wanneer daar ‘n “community” vergadering is teen misdaad….hoeveel daag op?). Ons het al probeer -verskeie kere – om ons bure te ontmoet en ons te gaan voorstel-hulle stel nie belang nie. Waar gaan dit eindig-al hierdie aanvalle, moorde, verkragtings? Dit gaan eindig met ons lewens…

Frans C ·

Die ooreenkoms wat bereik is en waarop die grondwet baseer is, was ‘n ooreenkoms tussen die liberale verligtes aan die een kant en kommuniste aan die ander kant.Die kommuniste so reg uit die ou kommunistiese kraal, waar die staat voorskryf wie wat en waar produseer,gedryf deur mislukte 5-jaar planne, het die een gewen.

So het ‘n woordvoerder nou die dag voorgestel dat die Staat die hoenderbedryf moet oorneem, omdat goedkoop invoere die plaaslike bedryf kniehalter! Nou vra ek met trane in my ‘baby blue eyes’ wie keur die invoerpermitte goed?

Onder wie se bewind het die aantal kommersiële boere van 128000 in 1994 tot net by die 30 000,tans verminder, en onder wie se bewind word boere feitlik daagliks uitgemoor?

Besef die mense dan nie as die aantal produsente verminder, verminder die aanbod van produkte ook,want die wat oorbly beheer nou die aanbod,wat geknel deur droogte, nou nog kleiner is, terwyl die groeiende bevolking steeds die aanvraag verhoog.

En wie betaal die gelag ,natuurlik die verbruiker. Verbruikers kan nie hulself ,verhogings toestaan om stygende voedselinflasie te bekamp nie en byt dus die spit af.

Valensia ·

Hi Ek is so vreeslik jammer dit bring terug my pyn,my man was doodgeskiet in May 2016.Misdaad is uit die hand ek het twee klein kinders 11maande end sewe jaar oud dit is so seer ek weet waardeur jy gaan baie sterkte.

Della ·

Frans, jy’s doodreg daar. Maar ongelukkig besef en verstaan die “slim” mense in beheer of die gepeupel op die grond nie hierdie feite nie. Afrika se geskiedenis le oop vir almal om te sien watse pad ons ook loop. Afbreek, moor en plunder is aan die orde van die dag want hul haat, moordlus en gierigheid ken geen perke nie.

Valensie, ek is so jammer oor jou verlies….My hart gaan uit na jou en jou kindertjies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.