Trump en Zuma gaan gesels

trump-zumaDie presidensie het vanmiddag op Facebook bevestig dat Donald Trump, die president van Amerika, ʼn telefoongesprek met pres. Jacob Zuma aangevra het.

Volgens die presidensie sal dié gesprek vanmiddag plaasvind. Dit is onduidelik presies hoe laat en waaroor hulle sal gesels.

Zuma het Trump in November gelukgewens nadat hy as die 45ste president van Amerika verkies is.
Zuma het ook gesê hy sien uit na toekomstige betrokkenheid tussen die twee lande en dat hy glo dit tot voordeel van beide lande sal strek.

Zuma het tydens sy staatsrede gesê die regering sal steeds met die Verenigde State saamwerk oor kwessies van gesamentlike belang soos die volle hernuwing van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa).

Trump gaan volgens berigte ook vandag met Muhammadu Buhari, president van Nigerië, telefonies gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Mattewis ·

Ek hoor hy het glo vir Donald Trump ‘n “Please Call Me” gestuur.

rina ·

Old Mc Donald had a farm, Hi, Ho, ek dink nie Zumpies gaan dit kry nie.!!!

Fritz ·

Net jammer hy gan nie verstaan wat Trump se nie. Na die gesprek sal Trump seker as n rasis betempel word want dis mos hul antwoord op alles. Trump gan net sy tyd mors om met hom te praat.

~~Lampies~~ ·

Sou graag wou weet.

Is albei lede van Council on Foreign Relations.

De Villiers ·

Solank hulle nie oor syfers gaan praat nie, want Zuma verstaan dit nie.

Milan ·

Gelukkig is Mnr. Trump nie van Nederlandse afkoms nie. Ander het Zuma hom vir al die land se probleme blameer.

AL ·

Hy sal seker weer giggel en sukkel om getalle uit te spreek. Trump is n geleerde man, nou moet hy met n gr 3tjiepraat. Shame, behoed ons!

Pietier ·

Ek hoop Trump se vir Zuma om tot bekering te kom OF….
Hopelik dreig hy hom met militere aksie en sanksies tensy hy sy tassie pak en waai. Dis hoogtyd dat iemand die goddelose spul wat ons land regeer regruk en tot verantwoording bring.

Pietser ·

Geen fan van Zuma nie maar ek moet hom krediet gee dat hy nogal slim is vir ‘n ou wat geen skoolopleiding ontvang het nie. Hy’s glad nie dom nie inteendeel ‘n ou wat met so baie goed kan wegkom, kan nie dom wees nie.

Robert ·

@Pietser
Zuma doen niks van die goed op sy eie nie. Dit is sy ondersteunings mag onder hom wat hom aan die gang hou, hy is dalk nie dom nie maar hy is ‘n jakkals (slinks)

Veritas ·

Robert, ek is geneig om met Pietser saam te stem. Jacob Zuma is beslis nie dom nie. Gedurende die sg ‘struggle’, was hy in beheer van die ANC se inligtingsdiens. So ‘n pos sou nooit aan ‘n dom persoon gegee wees nie. Die resultate van die ‘struggle’, spreek vanself. Hy mag dalk half ongeletterd voorkom maar dom is die ou jakkals beslis nie.

Piet Pille ·

Pietser let wel daar is ‘n groot verskil tussen slu en slim. Op die slu gebied is hy wel ‘n meester, maar wanneer hy moet dink op sy voete dan is dit die he-he- hee.

colin ·

Kan nie wag om te hoor waaroor hulle gaan praat nie!! Hoop dit gaan oor die moorde in ons land endat Trump gaan se hy gaan sanksies instel indien dit nie stop nie. Ook oor al die korrupsie ect…ect……ect….

Mari ·

Ek hoop nie oor die Handel in Wild nie aangesien Trump se seun hou van jag!

Nico ·

Trump wil seker weet of Xuma kan bou. Daar is ‘n suidelike muur wat gebou moet word..

Elsa ·

Suid Afrika hou aan met bid…vir die regering van die dag Vertrou die Here …

Carlia ·

Dink julle Zuma gaan die oproep beantwoord? Hy sal Vodacom, Telkom, MTN, Cell C die skuld gee en lekker agteroor sit en lag. Ou Jan gaan ook deurloop.

CAV ·

Ek dink Nr 1 moet gou leer om bedrae te kan lees, want as Tramp gaan begin syfers praat gaan hy ( Nr 1 ), heeltemal verlore wees in die gesprek, en SA se neem weereens met n plank slaan

Henry ·

Spaar jouself tog van die “verleentheid”‘
Trump en die res van die planeet – Mugabe en soortgelykes ingeslote – weet dat Zuma nie Afrikaners verteenwoordig nie.

Penellope Jones ·

“Mnr. Trump, dis alles die wittes se skuld.”
Dis heelmoontlik al wat gese gaan word.
Daar is niks anders wat aangebied kan word nie.
Maar as hy op die emosionele apartheid, “rassisme”, “white monopoly capital” gaan hamer…………
Ek hoop Trump is intelligent en slim genoeg om dwarsdeur hierdie man en anderkant uit te sien.

Vic ·

Dink Trump soek hulp met staatskaping en geldverduistering Gupta styl

Dan du preez ·

Trump mors sy tyd…miskien wil hy hom vra oor oom Jan

Aster ·

Hopelik praat ou Trump bietjie sense in ou Jacoppie se kop!

Jean ·

Hoop Zuma hou daarna op om WITMENSE vir alles te blameer .. en begin MOORDE op plaasboere ernstig opneem … Want ons kry mos skuld vir alles …van die swak ekonomie tot die swak onderwysstelsel om nie eers van die hele HEALTH care system te praat nie .. en van die psigiatriese instansies waar 94 pasiente onlangs dood is. Sjoe hulle het gesukkel om daardie een NIE op die blankes en op die colonialists te blameer nie ..

John ·

Nou die dag se sirkus in die parlement is deur die BBC uitgesaai. Trump moes daarvan gehoor het.

Pj ·

Nadat Trump en ernie els saterdag olf saam gespeel het kom die oproep……Dankie Ernie Els

Heinrich ·

Het ook dit gesien Pj, hoop Ernie het mooi ingelig anders as die fakenews se drek wat hulle verkondig. Defnitief nie n voor af beplande of op die ingewing van die oomblik oproep nie. Ten spyte van sy foute laat hy nie gras groei onder sy voete nie. Weet van NGO’s wat se geldkraantjie toe gedraai gaan word, koebaai KFC.

Sonnie ·

Janeee sou wat gee om die telefoniese gesprek te kon luister. Hoop Trump luister fyn en tussen lyne. Hoop mens kan weldra iets te hore kom .

Johanna Botha ·

Die verskil is Trump het sy geld self gemaak en Zuma het dit van sy eie mense wat vir hom stem gesteel

Brakanjan ·

Trump is inteligent en sal deur die laaste alfabet hardloop soos n warm mes deur botter. Mr Z sal hom seker vertel van sy China tjommas……iets waarvoor Amerika al jare sy tande slyp…

JC ·

Hehe President Trump gaan seker aan ou Zumpies die leviete voorlees…
Ek kan my net verbeel: “Sample dialogue”- “Your country is a mess, look at your parliament, it’s a joke, you better fix it, or I’ll come and do it for you” -… and you must leave the Afrikaners alone and let them prosper in their fatherland- gmmff…ek wens – bou lekker lugkastele. Hehe skreeusnaaks!!

Prof ·

Die gesprek gaan so verloop: “Jammer Mnr Zuma, Amerika ontrek hulle geldelike hulp aan Suid Afrika. Ons sien dit verdamp so vinnig soos dit land inkom daar by julle. Amerika Eerste. Die biljoene US $ Donasies stop onmiddelik. Daai teken wat die dowe ou vertaal het gedurende SONA vir jou en Tot Siens.”

JC ·

Hehe President Trump gaan seker aan ou Zumpies die leviete voorlees…
Ek kan my net verbeel: “Sample dialogue”- “Your country is a mess, look at your parliament, it’s a joke, you better fix it, or I’ll come and do it for you” -….. and you must leave the Afrikaners alone and let them prosper in their fatherland- gmmff…..ek wens – bou lekker lugkastele. Hehe skreeusnaaks!!

JC ·

Hehe President Trump gaan seker aan ou Zumpies die leviete voorlees…
Ek kan my net verbeel: “Sample dialogue”- “Your country is a mess, look at your parliament, it’s a joke, you better fix it, or I’ll come and do it for you” -….. and you must leave the Afrikaners alone and let them prosper in their fatherland- gmmff…..ek wens – Skreeusnaaks!!

HEVW ·

Trump benader sekerlik nie vir z onvoorbereid nie. Hy is bewus van wat in hierdie land aangaan en sal n professionele benadering he. z gaan van n heel paar ongemaklike dinge kennis neem want hy is hard besig om stroomop te spartel. Of daaraan salf te smeer is, is te bevraagteken want vir baie dekades is Afrika meesterlik besig om die ooste teen die weste af te speel. Maar een ding is seker Amerika se kraantjie is heelwat kleiner vir Afrika toegedraai, want van nou af is dit Amerika eerste.

Prof ·

Zuma se kantoor verbreek ‘n hele paar protokol reëls om dit te loop en verkondig voor dit nog gebeur het. Weet hy Trump is blank? Nogal interresant dat al die foute van Suid-Afrika toegedig word aan blankes terwyl hy nie vinnig genoeg met Trump wil vergader nie. Amper soos ‘n klein hondjie wat lekkers kry. Kan nie wag nie. Hy is nie spesiaal nie – dit is protokol vir enige nuwe Staatshoof of ander Staatshoofde te kontak. Dat Zuma daarmee wil spog is nogal eronies – gegewe sy en die parlement se blaam wat hulle op al wat westers is pak. As ek Zuma is bekommer ek my eerder hoekom dit so lank gevat het vir Trump om hom te kontak. Dit wys net dat Suid-Afrika nie baie hoog op die lys is nie. En om Nigerië en ons saam te plaas op dieselfde dag spreek boekdele van SA se huidige status by Trump.

Johannes van Staden ·

Gaan zuma se ….South Africa first ” ….of anc first …of dalk me zuma and gupta first ?

dankie tog ·

Dankbaar is ek nou, ek het vir Mnr Trump mos so n rukkie terug al n e mail gestuur en hom beduie wat se ellende gaan aan in SA, ek sal nou nie se dit is die rede hoekom hy skakel nie, maar kom ons hou duimvas, mens weet nooit!!!

Niel ·

My oorlede Ouma het altyd gese dat as jy nie weet hoe om op ‘n situasie te reageer nie, bestel dan ‘n witwyn want sal goed gaan met omtrent alles. “Kelner, mag ek solank asb. ‘n bottel Chardonnay bestel.”

Henry ·

Dit is ‘n gegewe dat Trump danksy die VSA se intelligensie vermoëns, meer van Zuma en hierdie regime af weet, as waarvan meeste van ons piete en pietinne wat hier woon, bewus is.

Zuma en sy ondersteuners se trieks is horingoue nuus vir meeste state en hul regerings wat moontlik in die doen en late van hierdie droewe land belang sou stel. ‘n Regime wat ‘n uitgediende, bewese-mislukte marxistiese stelsel gebruik om ‘n eens belowende toekoms te vernietig, is veels te belaglik om ernstig te bejeën.
Mislukte staat is die kort beskrywing.

johnny ·

Tyd vir praat is lankal verby, die land is een groot ashoop, niks is oor wat opgebou is nie, watse toekoms is oor vir ons kinders, wens trump trap sy tone blou en demand dat zuma wet en orde herstel OF!!!!!!

Celia ·

Hulle gaan,binnekort.
Ek weet verseker ook dat Trump kyk na YouTube. Ek het hom hoor se in n insetsel hoe hy gekyk het na die migrante wat Duitsland toestroom en die chaos daar, en dat hy altyd gedink het Merkel is n goeie leier- hy was spierwit geskok van ontnugtering. (Google YouTube oor Migrants in Europe)
Wikkel asb Steve…. ons soek Donald aan ons kant.

Dignity ·

Donald Trump het die SONA chaos gesien. Hy t besluit, nou bel hy.
As ek zuma was vlug ek van skaamte!

Yvette ·

O my word! Zuma gaan nie die foon antwoord nie hy gaan wegkruip!

Werner ·

Steve,nou moet jy wikkel om in USA te kom!
MM hoe vorder die planne?

Conrad ·

Die mens wat ek die meeste minag ooit, praat vandag met die persoon wat ek die meeste respekteer, Donald Trump- wat n gevoel.

JC ·

Ou zumpies moet op die “Trump Train” klim man hehe. Hy moet dan net alles doen wat President Trump wil he hy moet doen; en sy “partytjie” en hyself moet hul gedra en die belange v/d land begin vooropstel!
Kyk net na Joy Villa by die Grammy’s en hoe haar musiek verkope gestyg het, “total lib meltdown!” Meryl Streep kan ‘n eier gaan le, niemand luister na haar en die “Hollyweirds” nie EN SY IS “OVERRATED” en hoe gouer hulle dit agterkom hoe beter om die bietjie selfrespek en aansien wat hulle nog het te red ;-)

Genie ·

Daardie rok was asemrowend! Sy het dit baie mooi onthul en gedra!

Johan Bester ·

Ongelukkig nes mugabe smile zupta al die pad bank toe.Ek hoop en bid ook Trump sê hom reg maar daar is vrae oor aan watter organisasie hulle twee behoort.Rockefeller stigting,Nuwe wereld orde of?

marous ·

Donald “Sit my deur na jou leiers toe!” Jacob ” Sit my deur na jou haarkappers toe!”

Waarheid ·

Sal WAARHEID nié uit woordvoerders of l*mati se mond hoor. Nèt die lag en leuns.

Donovan miller ·

Ag wat gaan dit help as hy met zuma praat dit gaan maar net by die een oor in en by die ander een uit so hy moet nie sy tyd asem of airtime mors nie want dit gaan nie help nie

Make South Africa great again... ·

Gaan soek bietjie op YouTube wat Pres. Trump se gevoelens is oor swart Suid-Afrikaners…

hannes marais ·

Ek wil dit net onder my volksgenote bewus maak.dat ons blanke volk hier in SA uitgelewer is aan ons eie genade..nie trump of die res van die wereld gaan ons help nie..ons gaan onself moet uitbaklei uit die situasie waarin ons is of ondergaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.