Trump se Jerusalem-besluit sal tot erge geweld lei, sê ANC

donald-trump-001-deur-gage-skidmore-flickr

President Donald Trump. Foto: Gage Skidmore/Flickr.com.

Die ANC het pres. Donald Trump van Amerika se besluit om Jerusalem formeel as Israel se hoofstad te erken ten sterkste veroordeel.

Dit volg nadat Trump aangekondig het dat die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem geskuif sal word. Dié besluit het wêreldwyd kritiek ontlok, en verskeie organisasies en individue in Suid-Afrika het hulle hierby aangesluit.

Die ANC het Trump se aankondiging as ʼn “uitdagende skuif” bestempel wat die “gees van multilateralisme ernstig ondermyn”.

“Die aankondiging is ʼn aansienlike terugslag in ʼn reeds breekbare proses om vrede te verkry,” lui die verklaring. “Dit is deur amper elke wêreldleier, behalwe die eerste minister van Israel, veroordeel.”

Die ANC het sê hy stem ook saam met talle organisasies en wêreldleiers dat dié besluit die spyker in die doodskis is vir enige vooruitsigte van ʼn vreedsame skikking van die Israelies-Palestynse situasie.

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die regerende party sê die feit dat Trump besluit het om sy aankondiging op sosiale media te maak, was ʼn verdere aanduiding van die roekeloosheid waarmee die Trump-administrasie gekies het om sy buitelandsebeleidsdoelwitte na te streef en te kommunikeer.

Die organisasie het verder gesê dat ʼn aantal proteste ná die aankondiging in Jerusalem gevolg het. Proteste het ook uitgebreek in Ramallah en Bethlehem, en verskeie gewapende groepe in die Jerusalem-streek het Trump se aankondiging as ʼn oorlogsverklaring aangedui. Die ANC sê daar is ʼn groot moontlikheid dat dié aankondiging tot erge geweld en bloedvergieting kan lei.

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die VSA wat partydig optree en Israel bevoordeel in plaas daarvan om homself te posisioneer vir ʼn regverdige en blywende oplossing vir die Israelies-Palestynse situasie.

“Die ANC doen ʼn beroep op die Israeli’s en Palestyne om die gesprekke te hervat om die vredesproses weer te begin. Die organisasie doen ook ʼn beroep op die Amerikaanse regering om sy besluit te heroorweeg in die lig van die negatiewe gevolge wat die besluit mag inhou,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan ·

Onkunde is darem maar die lot van die analfabete van die ANC. Die erkenning van Jerusalem as die hoofstad van Israel is sedert 1995 Amerikaanse beleid wat so in wetgewing met ‘n oorweldigend meerderheid deur die Amerikaanse Kongres goedgekeur is. (The Jerusalem Capital Act, 1995)
Sedert Clinton se tyd moes die slaprug presidente elkeses maande die inwerking stealing van die wet vir nog ses maande uitstel. Trump voer bloot die wette van sy land uit

madels ·

Presies net so!!! Ek is bly dat Trump uiteindelik gedoen het wat al lankal besluit is om te doen maar niemand het die ruggraat gehad om dit te doen nie!

Buitestander ·

Die verklaring moes al dekades in die verlede geneem gewees het.
Dit was net ‘n paai proses vir pallesteine gewees.

Johanna Botha ·

Gaap se die anc wat self nie eers geweld hier kan beheer nie en waar wettelossheid oral voorkom …wat n joke !

Vermeende ·

Trump is nie diktator soos zuma wat sy land se wette verontagsaam en net maak soos hy wil nie.
Die ANC kies net kant want bekommerd oor geweld is hulle regtig nie.

PJC ·

Dit gaan baie interressant wees om te sien wat alles hier gaan gebeur. Dinge begin in plek val. Volgende aan die beurt gaan seker die tempelberg wees. Die Palistyne maak net soos die ouens hier by ons mos op alles aanspraak wat nog nooit in die geskiedenis aan hulle behoort het nie.

Gys ·

Die ANC kan nie eens hulle eie land regeer nie. Die ANC veroordeel nie eens kurupsie nie en tree ook nie op teen sy eie mense nie. Nou wil hulle vir Trump se wat om te doen.

Jeannie Krusche ·

Jerusalem was en sal altyd Israel se hoofstad bly.

Jeannie Krusche ·

Jerusalem is en sal altyd Israel se Hoofstad wees.

Fourie ·

Die ANC het sy eie strooi om terug in sy nes te skrop en dit kan hy nie eens regkry nie, juis agv Zuma se aanhang van die vernietigingspolitiek van die Palestyne. Trump doen wat ander voor hom versuim het om te doen. Hy verloën ook nie sy Christelike oortuigings ter wille van sy gewildheid nie. Volgens meer as een joernalis was hierdie aankondiging ” a partly evangelic decision” God bless Trump!

hennie ·

geweld is palestyne se nasionale sport, net soos regerende kaders

Callie ·

Dit is so lekker om vir die eerste keer in jare n leier te sien optree soos wat hy moet en nie soos die siek, politieke korrektes wil he hy moet nie. Go Trump,go. Roer die linkses wat mos glo hulle is reg en die res is verkeerd. Hier kom nog n paar dinge, wag

Johan Uys ·

God se Wil is nie ons of die anc se wil nie. Prys die Here. Dinge begin in plek val, Dankie ook vir Trump wat ruggraat het.

Ronnie ·

Donald, jou ou doring! Jerusalem is en sal die hoofstad van Israel bly. Punt.

Chilli ·

Die ANC, ANC, ANC… wat de hel maak hulle met hul neuse in die buiteland as ons land die grootste gemors is wat mens jou kan indink deur hul tedoen.

Cherokee ·

Mmmmmmmmm waar is die Trump kritici nou? Skielik tjoepstil! Donald Trump loop ‘n mooi pad.

Dejager ·

Jerusalem is al 3000 jaar die hoofstad van Israel.Dit word genoem ‘Die stad van Dawid’ nie ‘Die stad van Ishmael ‘ nie.Dawid het die stad verower deur die Jebusiete te verslaan.As mens vandag die argeologiese opgrawings by ‘Ir Davied’ (Stad van Dawid) besoek sien mens koning Dawid se paleis van 3000 jaar gelede se ruines.ń Mens kan deur die tonnel loop wat koning Hiskia gegrawe het met die beleg van Jerusalem.Hierdie gebeure was 1300 jaar voor Islam begin het.
Die pers vandag hamer heeltyd daarop dat 3 gelowe aanspraak het op Jerusalem.Enige Christen wat sy bybel lees erken egter die onweerlegbare aanspraak van die volk Israel op Jerusalem.Daar is dus 2 groepe in hierdie dispuut:Aan die een kant is Israel en die Christendom en aan die ander kant is die Islam en die haters van Israel.Kortweg die lig teen die duisternis.
Waar die ANC is kan ons pragtig sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.