Trump het die naweek Shinzo Abe, die Japannese eerste minister, ontmoet waarna hulle by Trump se gholfklub in Jupiter in die deelstaat Florida gespeel het. Els het hier by hulle aangesluit.
Trump het later getwiet: “Ek het vandag gholf gespeel saam met eerste minister Abe van Japan en @TheBig_Easy, Ernie Els, en het dit baie geniet. Japan is baie goed verteenwoordig!”
Nóg die Japannese owerhede nóg die Withuis wou die eindtelling bekend maak. Trump se vrou, Melania, het intussen die eerste minister se vrou, Akie Abe, onthaal terwyl hul mans gholf gespeel het.
Trump en Abe het baie gehad om te bespreek, waaronder die verdedigingsverdrag tussen die twee nasies en hulle handelsbetrekkinge. Een van Trump se eerste stappe as president was om die VSA van ʼn 12-nasie-handelsooreenkoms wat deur Barack Obama se administrasie onderhandel is en sterk deur Tokio ondersteun is, te onttrek.
Abe het gesê Japan sal ʼn bilaterale handelsooreenkoms met die VSA oorweeg, maar om so ʼn ooreenkoms te bereik kan polities moeilik wees. Japan het verlede jaar die tweede grootste handelsoorskot met die VSA aangeteken.
Volgens berigte is die media nie op die baan toegelaat nie en is die vensters van die klubhuis met swart plastiek toegeplak. Verskeie foto’s het egter later uitgelek en Trump het self foto’s van die dag op sosiale media gedeel.
Trump het Maandag telefonies met pres. Jacob Zuma gepraat. Die presidensie het in ʼn kort verklaring gesê Trump het die gesprek versoek. “Pres. Zuma het pres. Trump gelukgewens met sy verkiesing as die 45ste president van die VSA,” het die verklaring gelui.
“Die twee presidente het weereens hul verbintenis bevestig tot die bevordering van die reeds sterk bilaterale verhouding tussen die twee lande. Daar is 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika en sterk handelsbetrekkinge tussen die twee lande.” Volgens die verklaring het die twee presidente ook multilaterale kwessies bespreek en die werk wat gedoen moet word, spesifiek in die stryd vir vrede en stabiliteit in Afrika.
Ja ne presidensie, en perdekittels is nie vye nie.
… en daar is glo nog te veel kapitaal en gholfstokke in witmenshande in SA… se Trump se plaaslike Zoeloe-eweknie wat ok die yster geswaai het na sy grootse staatsrede.
Ek sal nie eers ‘n wasgoedpennetjiefabriek in die RSA begin!!
Ek sal as ek kan..sal goeie geld maak!
Dit het spesifiek gegaan oor die stryd vir vrede en stabiliteit in Afrika. Ek glo z het dit maar so met die tong in die kies gedeel terwyl sy gedagtes op heel iets anders ingestel was. Los maar eers vir Afrika begin sommer dadelik in jou eie SA.
Was Tiger nie beskikbaar nie????
Trump en z sal seker ghwarra ghwarra speel in die nuwe suid afrika, hulle roep dit slaan en soek
Well done Ernie! Ek hoop jy het Mnr Trump vertel wat in hierdie land van ons aangaan!