Trump stuur afvaardiging na Cyril se inhuldiging

Voorbereiding word gedoen vir die luisterryke inhuldigingseremonie wat op 25 Mei by Loftus Versfeld sal plaasvind. (Foto: Stad Tshwane)

Die VSA se pres. Donald Trump het Donderdag aangekondig hy sal ʼn “presidensiële afvaardiging” stuur om die inhuldiging van pres. Cyril Ramaphosa op 25 Mei in Pretoria by te woon.

Ramaphosa sal vir nog ʼn termyn as president ingehuldig word nadat die ANC pas die afgelope nasionale verkiesing gewen het.

Die Withuis het in ʼn verklaring gesê Kimberly Reeds, president en voorsitter van die direksie van die Uitvoer-Invoer Bank van die Verenigde State, sal die afvaardiging lei.

Ander lede van die afvaardiging sluit in Bonnie Glick, adjunk-administrateur van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling; Andrew Olmem, adjunk-assistent vir die president vir ekonomiese beleid en adjunk-direkteur van die nasionale ekonomiese raad; Jessica Lapenn, Chargé d’Affaires ad interim van die VSA se ambassade in Pretoria; en Cyril Sartor, spesiale assistent vir die president en senior direkteur vir Afrika-sake: Nasionale Veiligheidsraad.

Voorbereiding word gedoen vir die luisterryke inhuldigingseremonie wat op 25 Mei by Loftus Versfeld sal plaasvind. (Foto: Stad Tshwane)

Die begroting vir die inhuldigingseremonie, wat die keer by Loftus Versfeld sal plaasvind, is R120 miljoen. In antwoord op kritiek oor dié stewige prysetiket, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie, gesê die inhuldiging kos meer as R100 miljoen minder as toe Jacob Zuma vir sy tweede termyn as president ingesweer is. Dié seremonie het ʼn allemintige R240 miljoen gekos.

“Gaste sluit in verteenwoordigers van voormalige vryheidsbewegings, susterslande, die Afrika‑unie, die Verenigde Nasies, lede van die diplomatieke korps en vooraanstaande persone en voormalige presidente van die Republiek,” het Dlamini-Zuma gesê.

“Ons het die uitnodigings aan staatshoofde beperk in ooreenstemming met ons kostebeperkingsmaatreëls.”

Voorbereiding word gedoen vir die luisterryke inhuldigingseremonie wat op 25 Mei by Loftus Versfeld sal plaasvind. (Foto: Stad Tshwane)

Talle strate gesluit

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, sê verskeie strate om Loftus Versfeld sal op 25 Mei vir verkeer gesluit wees weens die inhuldigingseremonie. “Meer as 200 busse van al die provinsies in Suid-Afrika sal in Pretoria aankom uit verskillende rigtings en dit sal die strate om en na die stadion raak,” het Mahamba gesê.

Talle paaie sal vanaf Vrydag 24 Mei om 15:00 tot Saterdag 25 Mei om 22:00 gesluit wees. Inwoners van die strate wat gesluit sal wees, kan vanaf vandag tot Woensdag permitte afhaal om in die tyd toegang tot hul woongebiede te verkry.

Toegangspermitte sal slegs uitgereik word aan inwoners wat in die strate woon wat deur die padsluitings geraak word. Inwoners moet ID’s en ʼn bewys van adres toon wanneer permitte afgehaal word.

Klik hier vir ʼn volledige lys van strate wat geraak sal word, asook meer besonderhede oor hoe om toegangspermitte te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Maryn ·

En asb, as julle daar klaar is, kom maak asb die gate in die paaie van Witbank ook reg! Ons betaal ten minste daarvoor!

wonder ·

Mense julle mors julle tyd. die ANC sal eerder miljoen op dit mors as om arme suid afrikaners te help. Hulle het mos nou klaar gewen V…. die res wat wel vir hulle gestem het almal word gebruik vir hul oorwining en die mense te dom om dit te besef!!!!!!!!!!

Jaco ·

En dit liewe mense, is waarom ons sake mense al hoe minder belastings wil betaal!! Mors, mors en nogmaals mors!!! Hulle heg geen waarde aan ons swaarverdiende geld nie!!

Pieter du plessis ·

James,4 van Presedent Trump se lyfwagte is meer werd as cyril se hele korrupte polisie bende en sy patetiese weermag

Se maar net ·

wen sal ons nie wen nie – hoe meer ons het hoe meer wil ons mors net oor ons mag want ons kan!!!!!

Stephan de S ·

Hoop Afriforum gebruik die geleentheid om die Amerikaners in te lig. Sterkte daarmee…….wonderlike geleentheid op ons voorstoep.Mens moet sulke geleenthede aangryp.

honourable member ·

Ai tog as die buitewereld net kan sien wat se ramp hierdie land getref het. Hierdie mense mors geld soos niks en daar is soveel armoede in hierdie land maar hulle kan soveel mors op nonsens.

Zelda ·

Ons bid jul veiligheid toe hier in gaugteng! ! Mag jul al ons potholes belief en sien dit gaan niè so wonderful soos die prentjie vir jul gekets word! Hoop jul kon soos na al ons roof en Moord victims luister. Dit is SOUTH AFRICA !!!

Susan ·

Sies!!!! en dit vir ‘n arm land met geen vooruitsigte vir groei en beter lewensverwagtinge nie. Sies !!!

Cora Simpson ·

Kyk na die goed wat gebeur. Potholes word heelgemaak, sy paadjies word gerestoureer Huise en geboue kry nuwe lewe So dis ‘n plus want dit sal wees soos ‘n werklose met pragtige klere

Paarti Ênimil ·

Gaan ‘n grênde dag wees. ?????
R120m …Hoeveel nuwe, goed toegeruste skole is dit?

Liekie ·

En hoekom word die strate (soos op fotos in berig) NOU so danig reg/skoongemaak – en waarskynlik verkeersligte ook herstel ??
Is dit net vir Trump en kie..en die gevolg?

Wat van my? van ons? ONS bly hier, betaal belasting elke maand !
Hoekom word dit nie herstel vir ONS nie ??

Ek sal nie op een van die 200 busse wees nie – geniet julle maar die party!!

Pam ·

Goeie aarde!!! Hoeveel RDP huise, grants, toilette by skole, ouetehuise ens kon gebou geword het met die kleinhuisie vol geld.

Jan ·

Hoekom wens jy goeie dinge toe vir dieselfde mense wat jou probeer uitroei

Wielspore ·

Na my mening is die belangstelling vanuit Amerika ‘n positiewe aanduiding en skep vertroue in SA se toekoms.

Jorrie Jordaan ·

Dis ‘n sirkus met narre en ja hoekom nie FNB stadium ni!!!!!!!!!!!

Suing ·

Cyril jou ou suinig. So n patetiese bedraggie ? Ag ge nee man, kry vir Jakob om jou te leer paartie. Julle moet onthou om 5 dosyn stoele uit te hou vir Jakob en sy entourage

Heinrich ·

Ek hoop Afriforum en VF+ gaan ook die kans gebruik om bietjie met hulle te gesels om al die nonsens wat Cyril weer gaan kwyt raak reg te stel.

dominee ·

Die koste van 2000 lae kostebehuising.
Kan n dak oor die kop beteken vir minstins 10 000 mense.
Eendag se partytjie lekkerder as om 10 000mense permanent te huisves.

Foxi ·

Ek glo dit nie……nou word daar skoon gemaak, gras word gesny, bome langs die pad word gesnoei, paaie word reggemaak, vuilus word verwyder, ensv ensv. Wat n skynheilige gesig word daar net nie opgesit nie! Ek wens ek kon kommentaar lewer soos wat ek dink en sien!

Riaan ·

Nogal die da ( of is dit eff?) munisipaliteit wat so regmaak. Moet ons iets daarin lees?

werner ·

hier kom nog n heffing op petrol om vir hulle party te betaal

PIJ ·

Hy is reeds president. Hoef nie weer ingehuldig word nie. Net n mors van geld

Madelein ·

Ek dink ons almal moet maar die presidensiele e-posadres save en op ‘n daaglikse basis met die “woordvoerder” korrespondeer. Hulle mag dalk later net so moeg word vir al die e-posse dat hulle tog besluit om ‘n paar te lees. Ek glo nie ons kommentaar wat op Maroela Media se berigte geplaas word kom enigsins by die regerende party uit nie

Madelein ·

Ek dink ons almal moet maar die presidensiele e-posadres save en op ‘n daaglikse basis met die “woordvoerder” korrespondeer. Hulle mag dalk later net so moeg word vir al die e-posse dat hulle tog besluit om ‘n paar te lees. Ek glo nie ons kommentaar wat op Maroela Media se berigte geplaas word deur die regerende party gelees nie.

Gert van Wierdapark ·

Julle moet asseblief onthou vir een nulletjie meer word nie om gegee nie! Of SAL, Eishkom en die SABC (met radio sonder geld) R10 miljoen of R10 biljoen kry, “what’s the problem” sal gevra word. Die R120 miljoen Party-geld is kleingeld as in ag geneem word hoe die OBK al die afgelope paar jaar biljoene Rande “verloor” het met sogenaamde beleggings. VOORSTEL aan die a en see. Om Loftus vol te kry moet daar net aangekondig word dat NOG GELD geblaas gaan word = wanneer n valskermspringer met n Miljoen Rand gaan “free-fall” tot so entjie bo Loftus en dan die note gaan” loslaat”. He-he-he!!!

Cherokee ·

Ek lag hulle stuur minibus taxis om die afvaardiging(s) by die lughawe te haal. Dan ry die taxis so peep peep peep peeeep deur die strate en hou tussen rooi ligte stil vir ander afgevaardigdes.

Patch ·

Belaglik… NOU word strepe geverf en paaie reggemaak. Hoop hulle gaan so voort om al ons paaie te streep en te vul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.