Trump-twiet: AfriForum gee sy feite oor plaasmoorde, eiendomsreg in SA

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, en Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, saam met John Robert Bolton, pres. Donald Trump se vernaamste veiligheidsadviseur, tydens Afriforum se besoek aan die VSA (Mei 2018). Foto: Twitter via @ErnstRoets

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum het gesê Donald Trump, die Amerikaanse president, se twiet oor Suid-Afrika verwoord ʼn geregverdigde kommer oor gebeure in Suid-Afrika en het diegene wat daaroor twyfel versoek om hulle te vergewis van die feite rakende plaasmoorde en die bedreiging van eiendomsreg in die land.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit onwaar dat die aantal plaasmoorde in Suid-Afrika tans afneem. “Die landbou-unie TLU SA se statistieke rakende plaasmoorde – wat verifieerbare slagoffername, plaasname én datums waarop die moorde gepleeg is, bevat – bevestig dat plaasmoorde verlede jaar op die hoogste vlak in 13 jaar was. ʼn Goed begronde ontleding deur PoliticsWeb van die SAPD se statistieke dui verder daarop dat die polisiestatistieke wat deur AgriSA gebruik word om voor te gee dat plaasmoorde afneem, ernstige gebreke toon.”

Volgens Kriel ignoreer diegene wat plaasmoorde probeer afmaak deur daarop te wys dat die plaasmoordsyfer laer as 20 jaar gelede is, die feit dat die aantal kommersiële boere na raming byna gehalveer het oor dieselfde tydperk. (Sien grafiek en skakels na PoliticsWeb se ontledings onderaan.)

Kriel het ook daarop gewys dat PoliticsWeb se bevinding dat ʼn plaasboer se kans om vermoor te word na raming 3,2 keer hoër is as die land se reeds buitensporige hoë gemiddelde moordsyfer bevestig dat plaasmoorde ʼn ernstige krisis is wat dringende aandag moet geniet. “Om kommer oor plaasmoorde en die gruwelike marteling wat soms met plaasmoorde gepaardgaan as oordrewe te probeer afmaak, toon ’n gebrek aan sensitiwiteit teenoor plaasmoordslagoffers.”

Kriel het gesê AfriForum beskou plaasmoorde as ʼn ernstige skending van menseregte wat volgens hom deur alle hoofstroomrolspelers en regerings wêreldwyd wat in die beskerming van menseregte glo, veroordeel moet word.

“Die feit dat daar klein groepies wit nasionaliste is wat die stryd teen plaasmoorde wil kaap, doen skade aan ʼn geregverdigde saak, terwyl plaasmoordontkenners die stryd probeer diskrediteer deur dit valslik aan randfigure te probeer koppel.”

Kriel het daarop gewys dat AfriForum daarom doelbewus tydens sy buitelandse veldtog teen plaasmoorde enige skakeling met randfigure en wit nasionaliste ten alle koste vermy.

Diegene wat kommer oor die skending van eiendomsreg en onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika as vals probeer afmaak, ignoreer volgens Kriel skynbaar die feit dat die Suid-Afrikaanse president, die land se regeringsleiers en die regerende ANC by talle geleenthede uitsprake gemaak het wat bevestig dat hulle daarop uit is om eiendomsreg in die land te skend. AfriForum lys die volgende as voorbeelde hiervan:

  • In Desember 2017 besluit die ANC op sy kongres amptelik om onteiening sonder vergoeding as partybeleid te aanvaar.
  • Op 27 Maart vanjaar het die Suid-Afrikaanse koerant City Press berig dat Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê het dat die regering nie wil wag totdat die Grondwet gewysig word nie en dat haar departement ʼn toetssaak voorberei om grond sonder vergoeding te onteien. Sy het voorts aangedui dat haar departement reeds die grond geïdentifiseer het wat hulle wil onteien, maar dat sy nie die lys van plaasname bekend gaan maak nie, omdat dit die betrokke eienaars sou waarsku om vir regsaksies voor te berei. Die minister het nooit die inhoud van hierdie artikel betwis nie en dit word dus aanvaar as die korrekte weergawe van wat sy gesê het.
  • Op 31 Julie 2018 maak pres. Cyril Ramaphosa ʼn laatnagaankondiging op televisie dat hy en die ANC besluit het om wel voort te gaan om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Dié aankondiging was die tiende keer dat Ramaphosa sy steun vir onteiening sonder vergoeding in die openbaar uitspreek. Hierdie aankondiging is gemaak terwyl die Suid-Afrikaanse parlement se openbaredeelnameproses nog nie afgehandel was nie, wat dié deelnameproses tot ʼn klug reduseer. Buitelandse druk is daarom nou van kardinale belang.
  • Op 5 Augustus vanjaar verskyn nóg ʼn artikel in City Press wat aandui dat die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming in opdrag van die ANC 139 plase geïdentifiseer het wat sonder vergoeding onteien kan word. Zizi Kodwa, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), word breedvoerig in dié artikel aangehaal. Ook dié artikel se inhoud is nie deur die ANC betwis nie. Op dieselfde dag berig Sunday Times dat die ANC volgens dié party se woordvoerder, Ronald Lamola, 139 plase geïdentifiseer het wat as “onteieningsteikens” sal dien.
  • Die ANC en regering se onteieningsplanne het ongelukkig ʼn rassekleur gekry toe David Mabuza, Suid-Afrika se adjunkpresident, op 6 April vanjaar in Pretoria gesê het dat wit boere vrywillig van hulle grond moet afstand doen ten einde ’n gewelddadige oorname te verhoed.
  • Pres. Ramaphosa het ook in die openbaar verklaar dat onteiening sonder vergoeding nodig is sodat die grond vir “ons mense” gegee kan word. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die president nie alle mense as deel van sy mense beskou nie.
  • Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se uitspraak op 7 Julie vanjaar dat geen swart persoon of swart groep se eiendom onteien sal word nie, het ʼn verdere rassedimensie aan die regering se onteieningsplanne gegee.

AfriForum se ontleding van die feite tot sy beskikking dui volgens Kriel daarop dat die staat nóú eers begin het om plase te onteien teen ʼn vergoeding wat aansienlik laer as die markwaarde daarvan is. Die voorgenome onteieningsproses van ʼn plaas genaamd Akkerland Boerdery in Limpopo, waarvan die eienaar kennis gekry het om sy plaas binne sewe dae te ontruim, het reeds begin. “Die staat bied die eienaar slegs 10% van die grond se markwaarde aan as vergoeding. Sou hierdie onteiening slaag, sal dit opsigself reeds op ’n ernstige skending van eiendomsreg neerkom, en sal dit die weg baan vir pres. Ramaphosa se aangekondigde plan om die Grondwet te wysig om eiendom uiteindelik sonder enige vergoeding te kan onteien,” het Kriel gesê.

Kriel het ook daarop gewys dat die ANC vals statistieke oor grondeienaarskappatrone in Suid-Afrika gebruik om sy skending van eiendomsreg te probeer regverdig. “Dit is ʼn onwaar dat sogenaamde “wit” boere 72% van grond in Suid-Afrika besit. Volgens PoliticsWeb se ontleding staan die syfer eerder op sowat 22% van Suid-Afrika se totale oppervlak.”

Skakels na PoliticsWeb se artikels:
http://www.politicsweb.co.za/opinion/news24s-dodgy-farm-murder-report
http://www.politicsweb.co.za/politics/farm-murders-factchecking-the-factcheckers
http://www.politicsweb.co.za/opinion/ramaphosa-and-the-effs-dodgy-land-stats

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Anoniem ·

Ek kan onthou met Zimbabwe. Daai spul het ook opsetlik die verkeerde statestieke gebruik en gesê die wit boere besit 72% van die land se grond, en waar het dit vir hulle geëindig?

Hanna Hoekom ·

Nou pleit hulle vir die einste boere om terug te keer Zimbabwe toe…

Dink Self ·

En steeds is artikels soos hierdie net in Afrikaans. Geen manier om dit internationaal te verspry of aan te haal nie.

Sieg ·

Afriforum nou is die tyd om alles te vertel, ons gaan nie weer gou so kans kry nie. Ons soek die Amerikaanse regering dringend nodig om ons te help wat aangaan in SA.

Kriekie ·

Die een of ander jafel het op Facebook beweer daar word 50 mense per dag in Suid Afrika vermoor en hulle is álmal swart. Daar word verseker swart mense vermoor en ons wil graag statistieke daaroor ook sien. Dit sou die prentjie net meer gebalanseerd laat.

Barend ·

Die 50 swart mense soos beweer word wat per dag vermoor word is nie deur die Boere se toedoen nieen kan dus nie vergelyk word as n plaasmoord statistiek nie. Maar die plaasmoorde word nie gedoen deur Boere teen ander Boere nie. Die twee is heeltemal verskillende statistieke en moet as sogebaamd gehandhaaf word

Pietman ·

‘n Absolute getal moorde gee nie ‘n aanduiding van die moordkoers onder ‘n bepaalde groep nie. Dit is onsinnig om die absolute getal moorde uit die totale bevolking van meer as 50 000 000 mense te vergelyk met die absolute getal moorde op ‘n vroep van 30 000 boere. Kyk na die moordkoers, bv moorde / 1000 mense

Sieg ·

Dankie aan die Amerikaanse regering vir julle hulp hoop julle kan ons bystaan in die saak, die Afrikaners is dankbaar vir julle.

Boer ·

Ek is n trotse Afriforum lid. Hou sò vol manne. Die poppe dans nou want die plaat is warm. Moenie dat die klomp nasionaliste julle van koers af druk nie. Verkondig die waarheid die wereld oor.

Anoniem ·

Word net wakker en kyk wat is die skade in Zimbabwe, so by so dat hulle tot oor ‘n verkiesing baklei (Zimbabwiërs het gevlug en werk nou nog in SA, maar is ver van hulle families af en wil graag teruggaan na hulle geboorteland ! Boere het Zambië toe gevlug en voer gewasse uit na die einste Zimbabwe wat hulle verjaag het – Mugabe ‘shame on You’ en nou kla Jy oor Jou pensioen ! ) President Ramaphosa die WIEL werk moenie dit oor wil ontwerp nie !!!!! BOU VERHOUDINGS ASB

Celtis Africana ·

Nou ja, daar is die waarheid, diep en duidelik.
Hierdie feitesituasie dus, roep luid daarna dat buitelandse aktivisme tot ongekende hoogtes gevoer moet word. Daar is geen ander alternatief buiten volgehoue aktivisme nie.
Terwyl n Republikein in beheer van die Withuis is, veral een met simpatie teenoor ons saak, moet die perd met of sonder n saal gery word.
Dit is twak om soos n uitgeworpene in jou geboorteland te leef!

Barend ·

Die 50 swart mense soos beweer word wat per dag vermoor word is nie deur die Boere se toedoen nieen kan dus nie vergelyk word as n plaasmoord statistiek nie. Maar die plaasmoorde word nie gedoen deur Boere teen ander Boere nie. Die twee is heeltemal verskillende statistieke en moet as sogebaamd gehandhaaf word

Joshua ·

ANC is korrup, onbevoeg en rassisties, tyd dat Afriforum die regime se rassistiese BEE wette aanvat in die konstitutionele hof om dit tot niet te maak.

Pietman ·

1) Nog ‘n voorbeeld van die rassegeur van die ANC se onteieningsplanne was by die ANC se mediakonferensie op 1 Augustus toe Lamola die volgende te sê gehad het:
“We are not nationalising the land in this country if we do that we are also going dispossess black people’s property. We cannot nationalise houses of people. We are going to use the expropriation act to transform the 72% of land still in the hands of white people,”

2) Die ander belangrike opmerking wat gemaak word oor grondbesit is dat ‘n persentasie van grondoppervlakte in besit van ‘n sekere rasgroep betekenisloos is. Vrugbaarheid van grond, besikbaarheid van water en vele ander faktore moet in rekening gebring word. Oppervlakte van groot Karooplase kan tog nie vergelyk word met vrugbare grond langs ‘n rivier in Natal nie.

Koos ·

Mnre Roets en Kriel van AfriForum, dit is nou die tyd om weereens doodseker te maak dat die Amerikaanse regering en ondersoek beamptes, deeglik ingelig word oor die ware gebeure rondom plaasmoorde.

So ook die regering en alle ander instansies wat plaasmoorde as iets nietigs wil afmaak, duidelik uit te wys, sodat die Amerikaanse regering, net soos ons wat weet waaroor dit werklik gaan, hierdie feite kan insien en dan daarvolgens die wêreld en instansies soos die VN en wêreldhowe kan inlig om sodanige stappe te neem om hierdie ANC regering en hul duister motiewe te stuit.

Nog ñ Boer ·

Ek hoop tog Roelf Meyer lees dit. Lyk my die man is totaal oningelig of het hy ñ ander agenda?

PJ ·

roelfie dan gesè ons (die land se mense) verstaan nie war ramaphosa gesè het nie ons vertolk dit verkeerd hulle gaan nie net grond vat nie glo ok nie roelfie en kie het verstaan wat hulle gedoen het toe hulle “onderhandel” het by Kodesa ou fw darem nou die dag gesè anc het vir hulle gelieg slim kind he he he

WDP ·

Niemand in ANC of Eff kan geglo word nie. Hulle oggendpraatjies en aandpraatjies stem nie ooreen nie, hulle dink seker die hele land se IK’s is almal laag.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit word genoem die Dunning-Kruger Effek. Gaan google-loer gerus….

Eish ·

Gemaskerde sopbeen,
Ek het gou Danie Kruger ge Google. (Dunning & Kruger)
Maggies, die tweetjies moes die fenemeen in Suid Afrika bestudeer het. Dit is uit en uit n beskrywing van die helhool se bevolking!

WeesWys ·

Die wonderbare ding van die waarheid is dat hy homself nooit hoef te verdedig nie. Feite waarteen niemand kan stry nie ondersteun die volle waarheid met ‘n kragdadige fondament. Anders met leuens. Dié het voortdurend nodig om met groter en erger leuens toegeplak en verdedig te word, siende dat dit gebou is op niks. Leuens word gefabriseer veral met die doel om die waarheid te verbloem. Die waarheid bly egter vir altyd die waarheid. Geen leuen kan die waarheid ooit onwaar maak nie. Leuens kan die waarheid nie oorweldig nie, want waarheid is in die lig. Leuens is in duisternis. Dankie aan manne en vroue van integriteit wat in ‘n tyd van leuens rotsvas by die waarheid staan. Ons staan saam.

Vryheid ·

Weeswys – kon dit nie beter stel nie, stem volkome saam!!!

Frikkie Geld en huis ·

Ramaphosa, Mabuza & Kriek is nie te vertrou nie.

FM ·

Die gronddiewe verdraai die feite sodat die buitewêreld tevrede moet wees. Gelukkig is Afriforum daar om feite te gee. Die regering moet mos dan vir Afriforum uitdaag tot n debat as hulle feite verskil, maar hulle is te papbroekig daarvoor.Anc wil graag n mooi prentjie vir die wêreld voorhou, maar die wêreld kan nie geflous word nie. Daarvoor is daar media om alles oop te krap soos dit nou ook met xpresident zupta en sy kaders besig is om te gebeur. Die regering moet OPHOU OM TE LIEG OOR PLAASMOORDE EN GRONDDIEFSTAL.Die buitewêreld sien deur julle.

Marie Visser ·

Dank God Drie-Enig vir Afri-Forum en Donald Trump. Sommige kulture moor hul eie mense indien sekeres ‘n bedreiging vir hul inhou – so tragies.

Mia Joubert ·

Baie dankie aan organisasies soos Afriforum en ander Landbou rolspelers. Noudat die VSA en Australia se vergrootglas op ons mense fokus, beteken dit vele rolspelers het die ekstra myl geloop vir ons Boere en ons minderheid. Om Vadersnaam kan ons nou probeer om saam te staan en nie openbare bekgevegte hê oor wie’s reg of verkeerd. Staan saam mense ….. ons het net vir mekaar. Ons kinders gaan eendag vra hoekom ons nie saam kon veg vir ‘n beter toekoms nie

Kasper ·

Afriforum doen uitstekende werk met hulle navorsing ens. oor wat rerig aangaan in die land. Wat opvallend is, is hoe Afriforum aangeval en beledig word uit talle oorde, ook uit sogenaamde organisasies wat tekenne gee hulle gee om vir boere. (Afri-SA en Agribiz om ma 2 te noem). Ek het nou die aand na Ernst se onderhoud gekyk op Stefan Molyneux se YT ,kanaal. wat my opgeval het is dat Ernst baie “konserwatief” met die getal moorde op plase en ander statistiek was. Ek verstaan hoekom , sodat die pers hom kan vilifiseer as iemad wat net goed opmaak nie. Tog het dit by my opgekom , en ek dink Afriforum moet nou baie meer rug begin styf maak, en se ook begin om byvoorbeeld foto’s te plaas, van hierdie afgruwelikke moorde en martelings op plase, net om hulle feite nog meer te staaf, want daar is ‘n daad-werklikke poging van die libs en MSM om al Afriforum se harde werk af te maak as wensdenkery, en dat hulle nie ernstig opgeneem moet word nie. Met meer “harde” en konkrete bewyse gaan daai klomp linkses lekker in die stof byt….

Katerina ·

Dank die hemel vir Stefan Molyneux en Lauren Southern! Ek sien die konserwatiewe swart joernalis Anthony Brian Logan, n Trump ondersteuner, het ook n nuwe video uit oor die Suid Afrikaanse kwessie.

Callie ·

Kom ons almal ondersteun Afriforum en staan saam teen die belaglikhede van die regering wat ook nog deur Agri sa ondersteun word. Agri sa verkoop letterlik hul en hul lede se siel vir n beloofde pot lensie sop. Sodra anc kry wat hul soek lag hulle vir Agri sa ook.

GP ·

Afriforum julle het baie steun en doen baie goeie werk. Dankie daarvoor. Ek is ook n trotse lid. Dankie ook vir VSA glo dit gee ons almal weer hoop.

Hou die yster asb warm, hoewel ek weet julle ken n geleentheid as dit daar is. Dankie vir julle harde werk.

Jerry ·

In Amerika is die meerderheid wit en hulle besit die politieke en ekonomiese mag en sal dit in der ewigheid nooit oorgee aan n minderheidsgroep nie. In SA is die meerderheid swart en hulle besit die politieke mag, maar mag nie die ekonomiese mag besit nie. Dit gaan mos nie so kan aanhou tot in der ewigheid nie. Die meerderheid gaan die ekonomiese mag vat met of sonder samewerking van Afri-Forum. Om teen die prikkels te bly skop gaan die situasie vir die Afrikaner eerder versleg. Die onreg van apartheid teen die meerderheid weeg swaarder op in Afrika en in die wereld as die onreg wat tans plaasvind teen die minderheid en dit sal die forum op die harde manier uitvind.

rolla ·

Presies. ‘n Klein minderheidsgroepie wat 7% van die bevolking beloop, besit 72% van die grond. Dit kan mos nie reg wees nie en MOET REGGESTEL WORD. Enige persoon wat dit nie kan insien nie moet sy kop laat lees.

Maro ·

Jerry, wat jy sê maak sin. Die probleem is dat die onteienig sonder vergoeding plaasvind. Alle mense veg maar vir wat hulle besit. En as ek reg verstaan is daar geen plan in aksie hoe om die opkomende swart plaasboere by te staan nie. Soos wat jy seker weet moet daar kapitaal wees om ñ boerdery te begin. As jy tevrede is dat 50mil mense hongersnood in die gesig staar…want dit is waarnatoe alles stuur. Daar is geen werkbare plan nie. Want die leiers van die land, soos die leiers van al d ander lande, win net vir hulle eie sak.

Kasper ·

Darem maar snaaks, die ANC en sy pelle het baklei vir sogenaamde nie-rassige sameleweing. Tog vandag is dit die enigste kreiteria wat vir hulle saak maak. Apartheid is vervang met Aparthate.

Kryger ·

@Jerry – jou probleem met jou argument is dat dit rasisties van aard is. Dit is net die nuwe orde (liberaal/demokraat/linkse) wat identiteits politiek speel. Daar moet nie eens ‘n swart/wit statistiek bestaan nie. Hoekom is daar nie ‘n lyn getrek tussen mense met borshare en mense sonder borshare, of linkshandiges en regshandiges? Die swart mense bestaan uit vele verskillende volke en saam met die blanke volke maak hulle een nasie; Suid Afrikaners.
As 90% van groente winkels in Suid Afrikaanse Portuguese hande is, “kan die nie so aangaan nie”? Of as Suid Afrikaners van Joodse afkoms die bank bedryf/film bedryf/myn bedryf oorheers, moet ons dit nou gelyk maak volgens ras grense, of bors haar grense of mense wat op hul hande kan loop grense maak?
Nee, in ‘n demokrasie is almal gelyk voor die reg. Daar sal altyd verskille tussen mense wees, dus kan mens nooit “die ongelykheid van die verlede” uitwis nie, want mense met verkillende ik’s, opvoedings, geleenthede, kulture, ens gaan altyd “ongelyk” wees.

Michelle ·

Jerry en Rolla: Niemand verhoed die meerderheid om ekonomies regop te staan nie, hulle kan mos werk daarvoor soos ons daarvoor moes werk.
En dis waar die probleem inkom.

Corne ·

President Ramaphosa sê hy gaan begin met staatsgrond om te gee aan opkomende swart boere om meer voedsel produksie/sekuriteit te gee. Waarom dan ń lys maak van plase wat onteiening gaan word ?
Sou voedselsekuriteit ń prioriteit wees waarom is plaasmoorde nie? Dis tog die boer wat voedsel produksie/sekuriteit gee wat nou vermoor word !

Rasper ·

Dankie Afriforum. Julle doen regtig goeie werk. So moet asb. nie die volgende sien as iets teen julle nie, maar dit is iets waarop nie Afriforum, met al sy filiale ingesluit, Broederbond, AgriSA, VF+, ens. nie ‘n antwoord voor het nie. (Uitgesluit Orania en die VVK). Wat is die einddoel? Daar word gevra dat ons, bv. Virseker moet ondersteun. Great. Ondersteun totdat Virseker groot genoeg is, en dan volgens Suid-Afrikaanse wet, tans, seker BEE skywe moet maak. Selfde vir Akademie. Trump het nou getwiet, maar wat soek ons van hom? Moet hy Ramaphosa berispe? Ek wens net al ons leiers, besef net dat na 1994, die Afrikaner geluister het, en vertrou het, en geglo het dat dinge so moet gebeur. Kyk nou net waar het ons geeindig. Wat is die plan? Waar gaan ons eindig oor 20 jaar? Ek wens net almal, Afriforum inkluis, wil bietjie hulle “endgame” bekend maak. Sal graag AgriSA s’n wil hoor, net dat hulle, hulle keiserlike naaktheid kan wys. Almal wil hê ons moet volg, tyd en geld gee. Maar waarheen beweeg ons? Bou Afriforum net so hard aan ‘n reenboog nasie soos AgriSA? Mense, op hierdie oomblik is dit net ons wat bou daaraan, die ANC, EFF en res, is Afrika-nasionaliste, wat dink aan hulle mense.

Nonnie ·

Ek het op Rust de Winter groot geword. Jare gelede is al d boere deur d regering uitgekoop om d grond aan swart gebied oor te dra. Van eens susesvolle boederygemeenskap het daar net bouvalle en toegegroeide lande oorgebly. As in meer as 30jr geen verdere ontwikkeling daar plaasgevind het, hoe en wat wil die regering nou regkry met die beplande onteienings??? Gaan kyk na wat met Rust de Winter gebeur het en word wys…

Willie van det Watt ·

Dit was vir my skokkend om die vertoning op e- news van Lester Kiewiet te sien toe hy op ‘n skollie manier die Trump twiet veroordeel het. Dit is duidelik dat DSTV ook deur die ANC infiltreer is.

Koos Ackermann ·

Het my dstv gekanseleer agv hul antagonisme teenoor ons mense wat nie saam met Naspers stem nie.

Johanna Botha ·

Die 52 moorde n dag ….is verseker NIE blankes wat uitgaan en ander mense vermoor nie ! En selfs al neem dit af …..52 IS TE HOOOG ! 52 moorde en die land is nie in n oorlog ….of is hy !

Se net ·

Dit maak nie saak wie se persentasie reg en verkeerd is nie, mense word regtig vermoor en gemartel en vervolg vir hulle velkleur en die regering gee regtig nie om nie en daarvoor gaan die regering nou regtig begin verantwoording doen deur internasionale druk.

rolla ·

Twak, mense word nie vermoor omdat hulle ‘n sekere velkleur is nie. Afriforum moet ophou met hierdie sinnelose en ongegronde wit genocide bollie.

Gerhard ·

Daar is baie goeie rede om te glo blanke boere word vermoor a.g.v hul ras. Daar word gereeld mense aangehits om dit te doen in die regering en daar word ook niks deur daardie selfde regering gedoen om die probleem te stop nie.

Alida ·

Die ANC trippel nou rond want die magtigste man in die wereld is op hulle case. Lekker kry vir julle. Bring dit net onder Trump se aandag dat nie een blanke al by n swart gesin ingebreek het en die mense soos diere geslag het nie. Fotos lieg nie.

bolla ·

Trump kan nie eers sy eie gemors regmaak nie en is op pad uit. Die ongewildste VSA president ooit.

aj ·

Praatjies maak hier is maklik.

Wat saak maak is of jy jouself en jou grond kan verdedig!

Alle argumente in Afrika word gewen deur die groep met die meeste gewere!

Gerhard ·

Ongelukkig kom dit nou by daardie punt waar so iets BAIE waarskynlik gaan gebeur. Ek hoop die mense (insluitende die leiers van Afrikaner organisasies) het ‘n plan vir as (of is dit liewer wanneer) dit gebeur.

Lerato ·

Ek glo Afriforum doen hulle bes om die situasie in SA te verbeter.

Ek sal net wil hê dat hulle hulle fokus verskuif.

Ons weet dat Amerika nie militêr sal ingryp nie, en sanksies sal ons almal seermaak.

Ek wil graag sien dat hulle fondse uit Amerika inwin om arm boere te help beveilig

JAN ·

Pollak van DA skryf pragtige artikels op Breitbart.
Geen sensuur soos hier nie.
Lees gerus hoe fake news Media beveg word. 500 jaar gelede was die eerste IT psy- ops en revolusie
Maar ons syne is dis ergste ooit.

Msp ·

Die groot probleel wat ons in Suid Afrika het is dat die president en ministers in die regering so oor beskerm word dat hulle dink ons is net so veilig soos hulle. Dankie AfriForm en Solidariteit dat julle sonder enige beskerming nog jul man staan vir die minderheidsgroepe in Suid Afrika. Almal vra vir ñ leier om ons te lei. Dankie dat julle ons leiers is. Ek hoop en bid almal sal dit gou raak sien en in julle belê wat sovêr so baie vir die minderheidsgroepe gedoen het. Dankie ook vir Mnr Groenewald. Julle is my helde…

Docpietza ·

Barend som dinge mooi op in min woorde.
Net jammer die persone aan bewind verstaan nie wat gesê word nie. En hul sal en kan nie. PUNT!.

lizell ·

Wat is die presiese def van n nasionalis? Ek wil dit vir my kids verduidelik….

JAN ·

Nasionalis is ń Broeder en Bokryer wie die ouers is van Tsafendastan Prattpark. Die septiese aborsie wat hulle gedurig probeer lewe inblaas

Zirk ·

Die kern van hierdie debat gaan oor private eienaarskap in SA. Wit of swart. As aan artikel 25 van die grondwet getorring word, gaan die fondament van ekonomiese vooruitgang, privaat inisiatief, finansiële waarborge en kapitalisme , aangetas en ondergrawe word. Laat die liberaliste maar sê wat hulle wil, maar Afriforum doen uitstekende werk en hulle werk vir my, ‘n trotse Afrikaner.

trots ·

dankie tog vir trump ek gee nie om of hy gewildnof ongewild is nie. kom bly bietjienop n plaas waar jou vrou 24/7 loop met 9mm waar wlkeen slaap met n 9mm dan praat ons weer. maar ek wonder daai ronde kop fw de klerk wat het hy te sê vir hom self saam met pik botha. wat ons weg gegee het op n skinkbord. al wat ek weet is julle dag sal kom dalk nie nou nie maar voor die ALMAGTIGE REGTER. geeen een wat op n plaas sal weet of besef wat se prys jy betaal nie. om alles te probeer beveil en te beskerm wat jy nie gekry het nie wat jy betaal by bank. sou artikel 25 deer gaan sal die daans aan. malema hardloop heelvoor as die popo die fan slaan. hulle dink ons is bang ons boere op plaase maar hulle sal verras wees oor hoe reg ons uimtelik is. ons is al oor die bang en terug getrokke. dankie afriforum dankie TRUMP.

Lynne ·

Baie, baie dankie AfriForum! Ek betaal my ledegeld met ‘n smile elke maand!

Jeremias Gotthelf het gesê:
” Die WOORD is oneindig MAGTIGER as die SWAARD en wie dit KRAGTIG en met WYSHEID kan gebruik, is MAGTIGER as KONINGS!”

Sarel ·

Kan ons nou nie maar ons verskil oor statistieke staak nie, daar word mos nou met mekaar geverifieer, indien nog nie is daar nie meer tyd vir uitstel nie.
Al verskil ons met mekaar tov hoe en wat moet gebeur is die feit dat die swart meerderheid nie gaan ophou voor hulle alles het nie.
Steeds moet daar gepraat word maar doen dit met die wete dat die wereld dit wil sien. Intussen besluit reeds wat moet gebeur aangesien ons reeds weet die praat word nie eens na geluister nie, by n sekere groep vind jy nie vergifenis voor daar met bloed voor betaal is nie.

Inge Zaaiman ·

Rolla, jy loop met oogklappe en weet niks wat om jou aangaan nie. Jy bly vir seker nie op ‘n plaas nie. Hoop nie jy of jou familielede word so wreedaardig vermoor nie. Afriforum hou aan met julle werk en hou die publiek op hoogte van wat aangaan.

Driekie ·

Dankie aan die manne van AfriForum…en Pres Trump se belangstelling. Ek is egter van mening dat sy ‘ingrype’ slegs sover as sanksies sal strek. …met die doel om deur druk op die ekonomie te plaas, ons sogenaamde regeerders tot ander insigte te dwing…. Net jammer daar is nie veel ‘insig’ hier betrokke nie….
Ek is ook van mening dat ons president se woorde en bedoelings nie heeltemal korrek verstaan word deur die meerderheid van sy volgelinge en die van die EFF lede en ondersteuners nie… Hy moet dit dalk duideliker stel aan die persone in die laer IK groep…. Die bedoeling is nie dat enige swart persoon nou grond by enige wit persoon kan gaan afneem of ‘n stukkie plot vir n opslaan
huisie kan gaan afmeet nie! Daar gaan ondersoek ingestel word na grond wat in die vorige eeue van ons geskiedenis deur boere in besit geneem was sonder vergoeding ( indien daar sulke gevalle was….want volgens die geskiedenis was die grond dmv ruil transaksies betaal). Dan gaan die regering die grond “terugneem’ en besluit wat daarmee gedoen gaan word…. Dit verstaan hul mense nie… Ek sou graag wou sien dat die president dit mooi aan ‘his people’ kan uitspel…..want hulle verstaan duidelik nie wat aangaan nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.