Trump twiet oor plaasmoorde, grond in SA

President Donald Trump (Foto: AP Photo/Evan Vucci, File)

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeg Donderdagoggend Suid-Afrikaanse tyd, aan sy nagenoeg 53 miljoen volgelinge op Twitter oor grondonteiening en plaasmoorde getwiet.

Trump het getwiet hy het Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, gevra om die grondkwessie en plaasmoorde in Suid-Afrika te bestudeer.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Trump se optrede verwelkom.

“AfriForum verwelkom die feit dat die Amerikaanse regering nou amptelik die kwessies van grondonteiening en plaasmoorde gaan bestudeer. Ons bedank diegene met wie ons tydens ons onlangse besoek aan die VSA vergader het, wie se pogings hierdie deurbraak moontlik gemaak het,” het Kriel op die twiet gereageer.

Kriel het gesê die Amerikaanse ambassade was reeds Woensdag met verteenwoordigers van AfriForum in gesprek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

170 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Baie Amerikaners besoek SA, en baie van hulle is jagters – waar gaan hulle jag as SA wildplase onteien word? Maak seker elkeen van hulle besef wat in SA aangaan en gaan vertel dit oor in VSA.
Ek hoor die film Treurgrond het groot reaksie by oorseese filmfees gemaak – ry die golf nou en maak seker dit word op internet oral versprei sodat die res van die wereld ook bereik kan word.
TRUMP’s UP!

IK ·

Koop Ernst Roets se ‘Kill the Boer’ (R350) en lees dit. Daarna vat jy daardie boek en sorg dat dit oorsee gelees word. Skryf voor in die boek dat wanneer klaar gelees moet dit aangestuur word na ‘n volgende persoon. Dit is presies wat ek met myne gaan doen. Ek wag net vir ‘n geskikte persoon om oorsee te gaan.

Asjas ·

Afriforum kan gerus fondse insamel onder die Amerikaners, miljoene mense in Amerika sal met graagte help.

Cherokee ·

So, nou dat Donald Trump wenkbroue lig en ‘n ondersoek gelas het na wat in SA aangaan moet ons sommer die geleentheid aangryp en begin bedel? Dit werk nie so nie Asjas.
Afrika staan bakhand vir die oorsese lande dekade na dekade. Ons wil nie dieselfde prentjie skep nie maar eerder die van ‘n trotse volk wat selfstandig kan wees as ons die geleentheid gegee word.

Privaat ·

Goeie idee, want ons redding kan privaat sekuriteit wees wat ons beskerm wanneer die polisie weier om hulle werk te doen. En dit gaan geld kos.

GP ·

Fantastiese nuus. Die wiel sal nog draai. Sou ook sommer vir hom stem as ek van hier af kon.

Ek het ook die boek “Kill the boer” gelees, baie goeie skryf werk, en se dinge soos dit is, defnitief werd om te lees.

Ek het familie wat einde vd maand Aus toe gaan vir kuier, gaan probeer ‘n copy in die hande kry voor dan en saam stuur, blink plan. Sien exclusive books (Kolonade) verkoop dit nie meer nie. Wonder hoekom? Sal seker een deur die pos moet bestel.

Lerato ·

Asjas
Ek stem volkome saam. Hierdie fondse kan arm boere bemagtig om hulle veiligheid op te skerp.

Goeie voorstel

Suid Afrikaner ·

Mooi man!
Groot is my vreugde!!!
Nou sal dit wereldwyd bekend wees in wat se hellhole ons woon.
Baie bly om dit te hoor!!!

Buffel ·

Die ANC sal nog leer waarom internasionale protokolle oor eiendomsreg van grond en bates belangrik is om deel te bly van die internasionale finansieele gemeenskap. Anders sanksies …….en ons is terug in die 80’s.

Colleen ·

Gee Trump krediet vir hierdie een. Hy praat lyk my nie net altyd nonsens nie.

Yankee ·

Hier kom dit nou!! Proud to be a American. This guy will not let it go, unlike the rest of the World!!

Al ·

Trump word reeds aangeval op Twitter deur ons mede landgenote. Kommentare van snuiters wat kamtig als weet van die geskiedenis.

Vessel ·

President Trump the Afrikaner salute you farmers are killed on a daily basis on the most barbaric way little girls as young as 3yrs are gang raped and then slautered we as whites support sanctions on South Africa and we support the USA in what ever their decision

Estelle Oelofsen ·

Kinders moet gesien word en nie gehoor word nie. Wat weet sulke snuiters van politiek en landssake. Hulle moet nog eers grootword. Jammer ons het nie meer diensplig nie. Dit het hulle gewoonlik gou in die bek geruk. Moes ongelukkig soms, vinnig besef waaroor die lewe gaan. En dis definitief nie “drugs en rock ‘n roll’ nie.

Deon ·

Ek wonder wat gaan nou gebeur? Die grootste wêreldmoondheid het begin aandag gee!
Die regering sal nou moet begin in hulle spore trap, want SA is nou glad nie in ‘n posisie om enige sanksies te weerstaan nie!!

Vryheid ·

Solank dit nie net by praat bly nie. Daar sal moet ernstige druk op die regering geplaas word nie net lippetaal nie

Spark Plug ·

Ek stem Diefie, hier kom n ding. Die regering sal dit ontken en probeer toesmeer maar ek hoop dit word alles ontbloot. Dankie Afriforum

Hanna Hoekom ·

Dankie tog! Dit is wat ons nou so bitter nodig het: iemand wat nie doekies omdraai of anderpad kyk omdat die slagoffers wit is nie. Dankie Afriforum en almal wat so hard werk om hierdie onheil te openbaar. Ek het n hele paar Amerikaanse vriende en glo my, hulle weet presies wat hier aangaan!

Jacobus ·

Dankie aan AfriForum en aan alle ander persone, Suid Afrikaners en Buitelanders wat op hulle eie inisiatief probeer het om die saak te voer met belanghebbendes.

Dit word waardeer en dalk sal daar nou veranderinge kom.

Die ANC moet weet, hulle word nou dopgehou; kyk wat het met Turkye en ander gebeur.

ZAR ·

Jy verstaan nie eers hoe reg jy is nie, want die linkse amerikaners haat trump.

Jaco ·

Verseker! Ook die eerste een wat gedurf het om nie polities korrek te wees nie!

White Rhino ·

Ek is so bly hieroor!
Nou sal die hele wereld bewus word van die probleme wat ons as blankes in S A het.

Andrea van Vuren ·

My kinders in Kanada is mal oor Trump. Hulle beweer die CNN veg onverpoosd voort om Trump te vernietig. Hy is nie so sleg sooso hulle hom maak ni!

ZAR ·

Al die nuusberigte wat ek vanoggend gelees het hieroor (amerikaanse meestal linkse nuus) het berig dat wit suid afrikaners steeds twee derdes van sa grond besit 24 jaar na afskaffing van apartheid(so asof hul sê wit mense verdien LOSV en plaasmoorde). Dis ‘n wyd verspreide leuen wat nog steeds by hul narratief pas. Dit was lekker om vanoggend neutrale nuus te lees daaroor op Maroela Media.

Mickey ·

Baie geluk aan almal wat so hard werk aan bewusmaking. Ek betaal my lede geld met n goeie hart. Dit is hoe ons saam staan! Rhamaposa het gister die EFF se mond genoer. Ek dink hulle begin die druk nou voel. Die Here werk met n groot plan!

MCS ·

Ek kan net beaam, Mickey. Ons moet nie vergeet dat God mense gebruik nie. As dit Trump is wat SA uit die verknorsing kan red dan sê ek dankie, Here dat Trump nie bang is om sy mond oop te maak nie.

DANKIE ONS VADER ·

God is in beheer en hy het Trump met ‘n spesifieke doel aangestel, en daardie doel weet ek nou is om hierdie mooi land van ons weer te herstel. Ons moet as Christene almal net saamstaan en nie ophou bid en glo nie.

Kom ons probeer weer ·

God is beslis in beheer!!! Hierdie mooi land en volk gaan herstel word en God gaan Trump as instrument gebruik vir Sy doel.

Callie ·

Nou gaan die magtige SA regering Pres. Trump vertel om sy neus uit ons sake te hou. Rhamaposa, asb praat met jou ministers. Hulle moet maar mooi antwoord

tamboti ·

Ja Callie min. Sisulu gaan seker die Amerikaanse ambassade vandag nog roskam!

Wa ·

Kan nie wag om te sien hoe Madam Sisulu gaan reageer nie. …..as ek sy was sal ek my woorde meer as een keer tel. Om die waarheid te se, as ek sy was sal ek eerder my mond hou. Trump is ‘n man wat hou van uitdagings en hierdie is ‘n lekker enetjie vir hom!!!

Asjas ·

Afriforum kan gerus fondse insamel onder die Amerikaners, miljoene mense in Amerika sal met graagte help

Lerato ·

Ek hoop Trump gaan die belasting wat hy op staal invoere van af uit SA hef, skrap.

Gatvol ·

Lerato.
Lees weer die berig. Staal het niks met die onderwerp te doen nie. Eish!

Cherokee ·

Lerato, redelik onlangs het jy AfriForum gekritiseer oor hul oorsese reise. Jy bly nou stil daaroor maar kritiseer Trump nou weer. Jy sal jou waardes agtermekaar moet kry.

PLP ·

Ja wragtag, bogger die staal, ons soek n bondgenoot en dalk is dit net Amerika

Infanteris ·

Ai, Lerato slaan weer toe. Tata besit ons staalbedryf, so dit gaan ons niks baat nie.

JP ·

Ek wonder wat gaan al die Trump “haters” nou sê, veral die wat in die verlede hom sleg gese het op Maroela toe hy en Ernie Els saam golf gespeel het.

Snowball ·

Bemoedigende nuus vir die redelikes wat tans wanhoop en ongemak ervaar; ‘n remmende faktor teen die onredelikes se populistiese stoomroller taktiek.

Jane ·

Hys die enigste wat iets kan doen en asb moenie se hy is MAGTELOOS nie, in die apartheidsjare het Amerika sanksies op SA toegepas en dit was uiteindelik BUITELANDSE druk wat APARTHEID laat val het, nie Umkhonto Isizwe se HEROIC FIGHTERS wat kerke en bars opgeblaas het nie. As Australie en USA tot die saak toetree dan is ons al ‘n entjie verder … EN NEE ons praat nie van oorlog nie maar van ekonomiese sankies wat SA op sy kniee kan bring TOT HY LUISTER~!

Help ·

Nou is die tyd om Afriforum en Solidariteit te ondersteun, of julle van hulle hou of nie, hulle is al wat hierdie bewusmakingsveldtogte gehardloop het en almal het vir hulle gelag toe hulle daar gaan besoek afle .. dit is ‘n stap in die REGTE rigting .gaan sit jou geld en effort daar waar ‘n ORGANISASIE iets kan doen .een een gaan ons niks regkry nie. Dit gaan oor ekonomiese sanksies nie oor oorlog nie .. ENIGE land word op sy kniee gedwing daardeur en as Cyril wil SURVIVE sal hy nou begin luister …. HOOGTYD dat Malema uitgeskuif word.

Johan ·

Dit klink goed. Ek is nie opTwitter nie maar ek hoop daar is hordes Suid Afrikaners op sy Twitter wat daagliks tweet oor die grondgrype en plaasmoorde.

Eish ·

Wonderlike nuus!
Synde die beloofde “Checks en balances”
nie gerealiseer het soos deur politici beloof is nie, “check” ons maar na buite vir ” balance”
Goeie werk Afriforum! Selfs al moes jul n parlementêre ramaranseling vat daarvoor!

Willie ·

Kom ons hoop en bid dat hier iets vam gaan kom… Trump is darem iemand wat daad by word voeg…

Leonard van der Dussen ·

Ons sal nog sien. Moet nie op daardie geknakte riet, Egipte, vertrou nie, sê die Bybel. Maar dat hier ‘n interessante verwikkeling is, is so waar as dat padda manél dra. Laat ons vertroue egter op God wees, nie op mense nie. Laat ons ons bekeer en ywerig met ons werk voortgaan elke dag terwyl ons op die HERE wag.

Liz ·

Amen Leonard. Oë op God en dankbaar v menslike instrumente wie Hy gebruik ??

Stuiwer ·

Leonard, dis goed en reg om op God te vertrou, maar daar is niks mee fout om op mense ook staat te maak nie. Solank ons hulle net nie aanbid nie.

Al ·

Dankie Here ons gebede is verhoor! Mooi so Afriforum, ek is trots op jul en daarom is ek ñ jarelange lid van julle.

Schalk ·

Trump is lief vir sy land en sy mense,sy regering dws party is intelligent oor ekonomie ens. Neem deurdagte besluite, tot voordeel van Amerika sy party word nie gekenmerk deur diefstal en onbevoegde aanstellings gebaseer op kleur nie, voorspoed Amerika. Sy belasting op invoere beskerm werksgeleenthede, nie onderduimse onderhandelings wat individue beïnvloed nie.

ChrisE ·

Hokaai mense, sit bietjie terug en dink wie was ook gedeeltelik verantwoordelik vir die situasie in die land. Wie het “sanctions impose on the racist apartheid regime”. Die Amerikaners. Wie het onttrek , IBM, Pepsi, Hewlett Packard en vele ander. Dit is tipies Amerkaner met hule groot bekke en aanstellerigheid. Net so is die Britte en ander Europese lande. Nou skielik wil hulle uitsprake maak en ondersoek instel. Wat is hul motief? As dinge te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik. Wat wil hulle kom doen? Ingryp soos in Sirië, Afganistan, Irak, Panama, Liberië, en waar ook al. Kyk na die plekke na die Amerikaners en Britte daar was met hul ingrypings. Ons moet oppas om nie te vroeg bly te raak nie. Better the devil you know.

Kobus ·

Appartheid was verkeerd, daarom die sanksies destyds. Wat nou aangaan is ook verkeerd.

VanAfrika ·

ChrisE eerder hulle as die Chinese, as daai Chinese hier invloed en mag kry is dit nag vir ons as Christene

gatiep ·

ChrisE dit is die demokrate(CNN en BBC) en nie Trump en sy span wat teen ons was nie.

Judge Dredd ·

Jy vind liberales orals – jy sal vind dat die Amerikaanse demokrate meer vir sanksies was as die Republikeine.

Janet ·

Wat is die motief? Dink Paul Manafort en Michael Cohen. Trump is tot by sy neus in die bollie op die oomblik en sal enigiets maar enigiets doen om die aandag af te lei.

Dirk ·

Janet, jy is letterlik die enigste persoon wat gedink het hieroor. Die mense wat Trump so prys… Hulle het geen idee wat werklik aangaan nie.

corne ·

tik tok tik tok wonder wat hieruit gaan kom ons kan net hoop op die beste

Paul ·

Pragtig man, pragtig. Bring die groot kanonne in. Laat dit nou vir CR ‘n les wees. Beter advertensie en bewusmaking van die kwessie kan daar nie wees nie, en dit gratis.

Vonkprop ·

Weet nie of ek bly of bekommerd is nie. Ek is bly dat ons nou die nodige aandag kry maar bekommerd dat ons regering alles gaan opmors.

Nico v ·

ANC moet net nie die een met die gat in die kop soontoe stuur om met die Amerikaners te gaan praat nie!

Johan ·

Stel sanksies in teen Suid Afrika….kyk dan wat sê die massas dan…..

vonny ·

God asook afriforum is grooooot!!!
dankie Jesus dankie afriforum!!!

Duppie ·

Dit is baie goeie nuus….maar CR is ons een voor!!!!! waarvoor dink julle het hy nuwe bande met China aangegaan. Om juis hierdie situasie met Amerika die hoof te bied. En China sal altegraag inspring om sy greep om ons nekke stywer te druk as sanksies ingestel word. Ek noem dit maar net as gedagte.

Johan G ·

Goed so Mnr. die president. Ek is bly meer mense sal nou verstaan waarom ek van jou hou. Dankie ook aan Afriforum.

Chris ·

Waar is daai mense wat gesê het ons mors ons tyd om in die buiteland vir hulp te gaan vra nou? Ons moet reeds die buiteland bewus maak wat hier aangaan. Want die ANC steur hulle mos nie oor die Afrikaners nie. So ja, ons moet alles doen om die buiteland op hoogte hou wat hier aangaan want hulle is die enigste wat ons werklik kan en gaan help.

Angy ·

Nie net plaasmoorde nie, alle moorde van blankes. Daaglikse aanslae van hulle teen ons, hetsy dit by jou huis of in die straat is. Ek hoop regtig Trump doen iets hieraan of tree in en help.

Ou Dankbaar Vlakvark van Dankbaarheidshoogte ·

Aan die einde van die dag sal geregtigheid altyd seëvier.
Dankie aan elkeen wat die ware toedrag van sake, gebaseer op feite, in Suid-Afrika eerlik en sonder duistere motiewe met buitelanders binnelands en buitelands deel. ‘n Besondere dank aan Solidariteit en AfriForum ten spyte van al die alewige kritiek, verdagmakery en hakskeen bytery.
Elke Suid-Afrikaner wat geëmigreer het is elke dag ‘n potensiële ambassadeur vir reg en geregtigheid in Suid-Afrika. Suid-Afrika behoort aan al sy mense en nie net aan ‘n klein regerende korrupte elite wat die oningeligtes, ongeleerdes, armes en werkloses misbruik nie. Mag ons almal sout van en ligte op die aarde wees. Mag alle Suid-Afrikaners spoedig deel wees van ‘n grootste netwerk van ‘n wennasie wat ekonomies wêreldkompeteerbaar is, elkeen met ‘n volhoubare werk en selfrespek. Maar mag ons elkeen leer uit die foute van die verlede en saam bou aan ‘n nuwe NASIE-VISIE.

Spike ·

Mooi MNR. TRUMP. Stel 100% sanksies teen sa in. Sny sa 100% af.

Johann van Vuuren ·

Dink BRICS…SA regering sal hulle min steur aan die Weste se geblaf.

gatiep ·

Kwaai het gedink ons sal nog langer moet wag vir Trump om iets te se.
Waar is ons Trump haaters nou?

ANONIEM ·

Biae goeie nuus so op n Donderdag dankie Afriforum en Donald Trump. Het in die week gesien Australia ook besig om betrokke te raak. Dankbaar hoop hier gaan iets van kom.

Theo ·

Kobus, ek stem saam as jy Apartheid met twee p’s spel dan is dit verkeerd, (vir somige mense). Dankie Afriforum, Kallie Kriel Ernst Roets vir julle harde werk agter die skerms, To you President DJ Trump, the Best President of the United States in decades….I salute you.

dexter ·

Ja en NEWS24 sing n heel ander deuntjie. So wie is reg en verkeerd .Black twitter at it again.Wonder hoeveel liberale is op die website. MAGA MAGA MAGA

Cobus Visser ·

Ek is beide verheug en dankbaar hieroor. Ek bid dat God die leiding sal neem en dat ons as nasie en volk nader aan Hom sal beweeg elke liewe dag. Ons moet glo ons kan enigiets doen deur Christus wat ons krag gee. Dankie Afriforum vir julle harde werk en uitnemende toewyding om die aangeleentheid bloot te lê. Ek waardeer dit opreg!

Richard Bauer ·

Die ANC (en maatjies) se reaksie sal weer deurspek wees met rassisme en liegstories. Liberale wittes stik ook in hul gin & tonic vanoggend en ‘n sekere plaaslike linkse-propaganda “mediagroep”, en hul denkeboelies, sal seker ook hul beste klere bevuil na dese.

Anoniem ·

Iemand gaan oor die vingers getik word ! Dit is goeie nuus maar daar gaan nog baie goeie nuus kom ! Dankie Jesus ????

Nel ·

Ek heg baie waarde aan sekere Afrikaanse idiome soos bv; Al loop die leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel; Gods meule draai stadig maar seker; Die drie soorte leuens; leuens, verdomde leuens en statistiek; Die gruwelikste leuens word dikwels swyend vertel… Ek wens ek kon almal vir die ANC lede aanstuur as gedagtes vir die dag.

Kalahari Kind ·

Fantastiese nuus!! Baie dankie Afriforum. Ek het na van julle video’s in Amerika gekyk en was baie beindruk met hoe julle die feite stel. Geen rassisme of doodpraat of aanhaal van onwaarhede om opinie te swaai. Julle gee net die ware feite en luister met aandag en antwoord direkte vrae eerlik. Ek glo in my hart dat julle julle leiding van God kry om ons minderhede te help.

Rynhardt ·

Vanoggend het Radio Helderberg gese dat Donald Trump n verslag wil he van die Anc-regering oor plaasmoorde en plase wat onteien gaan word.Ek is bevrees hy gaan nie daardie verslag van ware feite ontvang nie,want met die vrystel van misdaadstatistieke was dit gereeld weerhou van publiek in SA. n Moontlikheid van sanksies teen SA kan oorweeg word deur die Trump-administrasie!

Anoniem ·

Dan moet AfriForum maar hulle eie verslag wat die waarheid bevat aan Trumpstuur.

moeks ·

Die plaasmoorde statistiek word juis versag om dit as huisroof aan te dui. Afriforum moet maar hulle eie verslag stuur en vergelyk met dit wat uitkom. Foto’s van hierdie wrede tonele moet ook oorsee gestuur word. Miskien die laaste hoop en kans wat daar ooit sal wees.

Paul de muelenaere ·

Hier in België is ons baie bewus van wat er in Zuid-Afrika gebeur !

Nel ·

Ramaphosa voel al klaar die druk. Dit was opvallend dat hy gister tydens die vrae en antwoord-sessie in die parlement die aandag weggelei het van plaasgrond na ‘urban land’ en regeringsgrond vir onteiening.

Staak ·

Die VSA is ekonomies in n benarde toestand, watter kant toe sal die skaal leun met die ander moonthede in die wereld soos Rusland en shina.
Shina het n doel om Afrika weer te koloniseer, ek sou se wag maar eers en kyk voor ons te bly raak.

Tertia Human ·

WELL DONE THANK YOU PRESIDENT TRUMP – YUST YESTERDAY AGAIN A FARMER WERE BURNT WITH AN ELECTRIC IRON AND FORCED AT GUN POINT TO HAND OVER HIS MONEY ON A CHICKEN FARM IN BELA BELA. WE NEED YOUR HELP PLEASE SEND IN THE VN TO STOP THIS

VanAfrika ·

Mr Trump, thank you. I am not an American, but you are my president for sure. I voted for you from the word get go. Trump all the way. I trust that you will help the murderous situation toward my people in this country. We desperately need help. Scratch deeper and you will get more that you have bargained for. AND we will really appreciate your input in this country of ours. Thank you again.

Dankie Heer, ons was al so bekommerd en uitgestress. U is die lig en sal weer oor Suid Afrika heers. Hierdie is U grond en land, maak dit asseblief weer Christelik en bring die vrede oor U volk wat U so getrou dien en so diep in U glo. Ek glo daar gaan weer n ontploffing in my nasie ontstaan wat weer U Naam sal eer. Raak ook die mense wat al vertroue verloor het, waak oor daardie wat wreed geliefdes verloor het, beskerm daardie boere wat nog vir ons voedsel voorsien en hul lewens waag op eie grond vir hul nasie. Tree in en laat regverdigheid seëvier oor ons grond en land wat U vir ons gegee het. Laat die waarheid oor ons land seëvier, Grote Heer. As dinge rof raak, laat ons asseblief nie van U vergeet nie. Seën asb my nasie met werkgeleenthede, finansieël, Geloof, gesondheid en veiligheid. Dankie dat ons in U guns kan lewe. U IS nog steeds ons God wat Heers, altyd.

Lynette ·

ChrisE, ek het gisteraand op fb gelees dat President Trump genoem het dat die Amerikaners betrokke was om die vorige regering omver te werp en juis daarom kan hulle nie nou onvetrokke bly in hierdie gemors nie. Dus sal ek voorstel jy gaan lees meer oor wat hy gese het voor jy begin sleg se. Kennis is mag. Trump was in elk geval nie President 24 jaar gelede nie.

jakes ·

Die film “Treurgrond ” wat in Nedeland eerste prys behaal het, het geweldige reaksie ontketen in Europa en hopelik sal Pres Trump se betrokkenheid nou alles oopvlek en n hupstoot gee. Die ANC se grondbeleid gaan verseker in die spervuur kom en Trump is bekend daarvoor dt hy drasties optree indien nodig. Sanksies sal eerste prys wees en verskeie organisasies in Amerika skenk al jare groot geld aan swart bemagtiging in SA . Dit moet vir eers gestaak word totdat die huidige regime tot hul sinne kom.

Marina ·

Goeie nuus. Hoe meer die buiteland bewus is van wat aangaan hoe beter.

Rudi ·

Hou vol met druk op regering toepas om die finansiele en rassistiese vergelding bloot te stel. Die kriminele regering moet sien dat daar weerstand teen onetiese, onwettige gedrag is. Hulle reageer, soos meeste kriminele sindikate, slegs op pyn in hulle geld en politieke sakkie.
Wees sterk Afriforum, want ons het dit nodig!

Jong SA'ner ·

Ek het gaan kyk en die kommentaar op sy twiet maak my baie bang vir ons land se toekoms!

Judge Dredd ·

Thank you President Trump and the American citizens supporting us!
Dankie Afriforum en Solidariteit vir alles wat julle doen!

Jerry ·

Die ondersoek gaan bevind dat OSV net n term is wat gebruik word en dat onteiening wel teen staatswaardasie vergoeding plaasvind volgens n deursigtige proses wat samewerkingsooreenkomste tussen die regerende party, die boere en alle ander rolspelers behels. Die ondersoek sal ook bevind dat die dwarstrekkers, naamlik VF, Afri-Forum, AfriSake, Solidariteit en TLU, wat ooreenkomstig hulle standpunte OSV opponeer, hulself doelbewus uitsluit van samewerking met die uitsluitlike doel om implementering van OSV te ondermyn. Die ondersoek sal bevind dat ondermynende inisiatiewe soos die buitelandse veldtogte dit ten doel gehad het om doelbewus plaasaanvalle en OSV te verpolitiseer en die regerende party verdag en aandadig te maak aan plaasmoorde en grondgrype asook om die SA ekonomie te saboteer deur buitelandse investering te ontmoedig. Die ondersoek sal bevind dat hierdie inisiatiewe geskoei was op misleidende propaganda met elemente van halwe feite en verdraaide waarhede en wat alle redelike perke oorskry het ten einde inklusiewe bevoorregting en selfbeskikking te bevorder en dit ten koste van nasionale belang vir die implementering van oplossings vir van SA se knellendste vraagstukke. Die ondersoek mag ook bevind dat OSV nie noemenswaardige grond en finansiele verlies teweeg bring vir boere nie en dat OSV eerder politieke stabiliteit te weeg sal bring in belang van landbou en SA in geheel. Die suksesvolle implementering van OSV mag ook n beduidende afname in plaasmoorde en grondgrype tot gevolg he. Die ondersoek kan bevind dat naas die EFF, dit die forum is wat hul eie, asook SA, se grootste bedreiging is!

Landi ·

Jy is nie n siener nie! Dit kan ook andersom wees. Jy kom altyd van n donker depresiewe plek en vat te veel spasie hier Jerry.

Boerboel ·

Jerry, hoekom moet jy aanhou die ergste verwag? Om die ANC te paai het nog nooit gewerk nie.

Snowball ·

Waarom dan die grondwet wil verander? As OSV dan so oorspeel word deur Afriforum, waarom moet met die grondwet gepeuter word? Plaasmoorde sal na OSV afneem? Klink so geloofwaardig soos die verduideliking dat “Kill the Boer, Kill the Farmer” net metafories gesien moet word.

SP ·

Fantasties! Die ANC het ‘n lat vir sy eie gat gepluk, met die eksterne beeld/indruk wat al die jare internasionaal geskep is, deurdat hulle beskou word as ‘n “Freedom Organisation”. En tereg so.
Ek is bly dat ‘n wereld regeeringsleier soos Trump, die ware kleure van die ANC regeering raak sien. Gelukking is hy ‘n man met baie goeie “Business and Finacial Acumen” (die Afrikaans ontbreek my), wat verstaan dat hierdie besluit geen goeie nuus vir ons ekonomie inhou nie.
Genoeg dat die Afrikaner altyd slegs gesien word as die muishond van Europa. Trump erken Jerusalem as die hoofstad van Israel. Dus sal hy ook die Afrikaner erken in Suid-Afrika. Jammer meneer die presedent van Suid-Afrika, PW kon maak soos hy wou, maar nie jy en al jou opvolgers nie Trump het jou nommer! Nag ou grootte.

Casper Labuschagne ·

Die waarheid sal uitkom, dit kan nie vir ewig weggesteek word nie.

Dankie aan President Trump!

Ons sal droom van die dag wat Suid Afrika self ook weer groot en goed, gemaak kan word.

Hannatjie ·

Staak vandat Trump president geword het gaan dit ekonomies baie beter met die VSA. Hy het al byna 4 miljoen nuwe werksgeleenthede geskep.

moeks ·

Die plaasmoorde statistiek word juis versag om dit as huisroof aan te dui. Afriforum moet maar hulle eie verslag stuur en vergelyk met dit wat uitkom. Foto’s van hierdie wrede tonele moet ook oorsee gestuur word. Miskien die laaste hoop en kans wat daar ooit sal wees.

PLP ·

Dink enige van julle almal wat kommetaar gelewer het dat die regering en sy volgelinge weet wat sanksies beteken. Ek glo nie. Al wat die regering gaan se is bly uit ons sake. Malema gaan dit ook se. Maar ek het nuus vir die ANC en EFF regering. Trump is nie Australie nie. Trump is n ou wat voel as hy is reg is dan keer niks hom nie. En mens kan sommer sien Korea het hom lus gemaak vir n geveg. So ANC en EFF wees baie versigtig wat julle gaan kwytraak. Ons boere nasie is al deur sanksies. Ons weet wat om te verwag. Ons mense sal dit weer maak.

Peter Murray ·

“Liewer laat as nooit!”, sê die spreekwoord.
Ek bearbei die buiteland (die VSA ingesluit) al baie jare lank. Europa is ook bewus van alles. Net jammer daar sterf elke dag volksgenote.
Die plaasmoorde het GEEN indruk op buitelanders gemaak nie – vir meer as 20 jaar al. Maar noudat grondonteigening ter sprake is, NOU maak dit indruk op hulle.
‘n Radio-stasie in California saai gereeld van my berigte uit, maar die liberaliste daar dink seker dis alles “fake news”.
Nou sal hulle MOET aandag gee aan my berigte.
Gewone landsburgers moet nou net aanhou en die vuurtjie aan die brand hou. Daardie moorde en verkragtings moet ook nou gestaak word.
Alle ambassades in Pretoria moet nou deur ons volk aangespreek word. Dalk kan ons mense daar gaan betoog. Plakkate voor ELKE ambassade met die woorde:”Is julle land se regering bewus van plaasmoorde en van onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika? Waarom is julle so stil?”
En dan: “53 moorde per dag elke dag in RSA, is julle tevrede daarmee?”
En:

Eugene ·

Trump die grootste LEUENAAR op twee bene! Sy tydjie in die withuis is binnekort getel. Hy moet maar hom self fokus met sy eie probleme. Hy kan en sal niks vir ons Suid Afrikaners beteken nie. Die meerderheid van julle Droom! Ons sal tussen onsself ons eie probleme uitsorteer!

Nel ·

Chill asb. Niemand verwag dat Trump ons probleme moet oplos nie – al wat ons wou hê is dat die wêreld moet kennis neem van wat werklik hier aangaan. En dis besig om te gebeur.

Boerboel ·

Moenie belaglik wees nie. Trump is baie eerlikker as die meerderhied politici. Die “blou golf” gaan nie gebeur nie.

gatiep ·

Hehe nou kyk nou het Trump op jou tone getrap vandag Eugene?
Julle horlosie het uitgeloop ou maat.

aj ·

Africa have earned the reputation as the ‘dark continent’ because of this typical inclination to ‘self destruct’ as is now evident again in the ‘land grab’ saga in SA.

Political power seems to be the lethal potion that spark the ‘self destruct’ mode?

The only solution to sustainable peace and civility in South Africa is for the country to be put under a United Nations Administration.

An international adminstration of at least 10 years duration, will provide political, economical and social stability until such time as the prevalent POLITICAL TENSION has receded to normal levels.

Once the State Capture litigation has been completed (after 10 years under a UN Administration) and the offenders are in jail, will normality return to South Africa.

Civil war is imminent in South Africa if the international community (UN) fail to act.

GH ·

Kom ons kyk hoe maak benoude katte benoude spronge , die ergste kom nog , die Duitsers , so , die kaders of comrades , moet maar begin dink aan wat hulle besig is mee , dis nie meer lank nie .

Nel ·

Jerry , ek verdink jou sterk daarvan dat jy duiwelsadvokaat probeer speel, maar nietemin gaan lees wat Marian Tupy van die Cato-instituut gese het; nl om lidmaatskap van AGOA te behou moet ‘n land sekere vereistes nakom soos uitgespel in artikel 104. So CR, Malema en die hele ANC kan doen en sê net wat hulle wil, maar sal moet kies om lid te bly of om uitgeskop te word en die gevolge te dra van sanksies.

Die ANDER worshond ·

Van al die kommentare wat ek gelees het, sien net JANET en EUGENE die groter prentjie.

Ja, dit is wonderlik dat ons interne posisie meer blootstelling kry in die buiteland…maar gaan dit werklik iets verander?

Trump se motivering is polities van aard: Hy sit met ernstige probleme van sy eie en selfs sy legitimiteit as President word al bevraagteken. Die Amerikaanse “mid-term” verkiesings vir setels lê om die draai. Hy gebruik die SA boere-kwessie slegs om sy magsbasis onder sy konserwatiewe, Republikeinse volgelinge te verhoog. Baie van hulle is in die Amerikaanse mid-weste, van landbou afhanklik en sal met die kwessie kan identifiseer. Sy enigste doelwit is slegs om ‘n Republikeinse meerderheid in hulle “Congress” te behou.

Hy geen nie ‘n snerts om oor wat in SA gebeur nie, nog, minder blanke Afrikaansprekendes. Moet nie julle asems ophou nie.

Egbert ·

Dit verleen darem trooswaarde. Paul Kruger het ook destyds ook “empatie” ontvang van lande soos Frankryk, Duitsland, Switserland en selfs die Russe. Niemand het egter die Afrikaner te hulp gesnel nie, ongeag die Britte se onmenslike optrede. Hul het seker gesien hoe die Afrikaner tuis onder mekaar baklei, mekaar verraai en hoe sommige openlik die Britte se kant gekies het. Wat het verander, vra ek? Dieselfde prentjie speel hom steeds af in SA. Wil die VSA regtig betrokke raak by ‘n handvol dwarstrekkers, manteldraaiers en rugstekers? Ten minste is Trump nie deel van die Wes-Europese huigelaarsbende, en Engeland spesifiek, nie. Laasgenoemde tjank steeds oor die Duitsers se WO2-onreg, maar staar hulself blind teen hul eie wandade teen vrouens en kinders in SA (circa.1900-1902).

danie * ·

Baie dankie Vader , afriform , en oom donnald!!! Uncle donnald can you please be our president too!!

Elvira ·

Baie goeie nuus. Dankie aan ieder en elk se bydrae MAAR Ramaposa wil verkies word en nou stroom die beloftes van alle kante uit.

Marietjie ·

Trump tweet net een keer en die poppe dans ………Dankie Afriforum

Bly ·

Nou net die nuus beluister hier oorsee en meeste Europese lande weet dit nou ook en ek is bly dat Pres. Trump aandag aan die probleem in SA gee.

Carel Pretorius ·

Assosieer jou met trump of verwelkom sy misplaaste “simpatie” en jy teken die doodsvonnis vir jou saak. Jy kan netsowel Hitler se onderskraging vir jou saak he. Die man is ‘n bar rassis, slaap met hoere en lieg sonder skaamte. As jy dink dit versterk jou saak dat trump jou ondersteun verdien jy jou ondergang.

Moet asb nie bybelversies of jou verdraaide siening van godsdiens gebruik om sin te probeer maak uit die moroon se tweets nie.

Nel ·

Wel Carel Pretorius sê wat jy wil oor Trump, maar het jy geweet dat God ook ‘n krom stok kan gebruik om ‘n reguit hou mee te slaan? Die Bybel getuig van baie sulke vstokke.

?? ·

Glo en Oorwin?
Vra net vir eerlikheid regverdigheid en respek.

adriana ·

Foeitog Careltjie jy dra swaar – mar se my hoeveel werkgeleenthede het Trump sover vir Amerikaanse Burgers geskep?
Hoeveel minder aanvalle op burgerlikes was daar onder sy regering?
Sal graag jou syfers wil hoor.
Trump bo!!!!

Mattheus Zaaiman ·

I have always liked President Trump as he is the only president who delivers what he has promised. CNN dislikes him but I also salute him. Hoop hy kan iets vir die boere en ons land doen.

X SA'ner ·

Ek is nou amper 10 maande in VSA, Trump vat nie nonsens en doen wat hy sê. Grap vir my is Mal Emma wat vir Trump waarsku om sy neus uit SA se belange te hou, lyk my hy weet nie hoe baie geld SA skuld aan VSA en hoe baie uitvoere SA doen na die VSA. Probleem is as VSA sanksies instel raak dit almal. Dis net baie goeie nuus dat die saak uiteindelik so vêr gevorder het. Glo my hier’s baie Suid Afrikaners in VSA wat veg vir wat aangaan in SA en sal aanhou die woord versprei en die wereld bewus maak.

Dude ·

Dankie aan al ons mense oorsee wat die toestand in SA daar bekend maak.

“Al gaan die leun hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel.”

Verlangend ·

Hier sit ek in Nederland en kan nie wag om volgende jaar terug te trek na my moederland toe nie. Ons Afrikaners gaan nie toelaat dat iemand oor ons loop nie.
President Trump. Dankie. Dankie dat u nie ander kant toe kyk soos die res van die wêreld nie. Dankie dat u nie ook van die “arme voorheen verdrukte mense van SA praat nie maar sien wat regtig gebeur teen die blankes.

Dude ·

Trump is volgens my een van die beste presidente wat die VSA nog ooit gehad het.

Andre ·

Intussen moet jy bewapen en jou sélf en jou grond beskerm!

Hièr steur niemand hulle aan wet en orde nie. Die grondwet is ‘n stukkie nuttelose papier soos wat Retief se traktaat vir Dingaan, niksseggend was.

In Afrika word al die argumente gewen deur die party met die meeste gewere.

Alle regerings het respek vir burgers … met wapens!

Spike ·

Mnr. Trump bring jou troepe. Tyd dat die kommuniste op hul plek gesit word.

Lerato ·

Asjas
Ek stem volkome saam. Hierdie fondse kan arm boere bemagtig om hulle veiligheid op te skerp.

Goeie voorstel

My mening ·

Ek dink nie mense moet hierdie as ‘n oplossing vir ons probleme sien nie. In die eerste plek is Donald Trump baie impulsief en se goed wat hy nie eers altyd die volgende dag kan onthou nie. En tweedens gaan ons regering hulle beslis nie aan hom steur nie. Kyk hoe lyk Zimbabwe ten spyte van al die eerstewereld lande wat sanksies wou instel en ingestel het. Hier is in elk geval meer ter sprake as die “regstelling” van historiese “ongelykhede”- die president baklei vir sy oorlewing. Ons moet net aanhou bid dat en weet dat God in beheer is.

Lerato ·

Trump die held of die boelie?

Hy hef groot belasting op karre wat in Mexiko gemaak word. Druk so hulle vervaardigings beleid dood.

Hef 50% invoer belasting op staal uit Turkeye.

Ek glo Trump soek redes om USAID aan Afrika te staak.

So dalk sal hy troepe stuur om die EFF en die ANC te verslaan.
Dalk gaan hy sanksies teen SA Iinstel sodat ek en jy meer belasting moet betaal.
Dalk is hy net n groot mond wat daarvan hou om te brag

DC ·

Pres Trump is n suksesvolle ontwikkelaar en welvaartskepper. Hy sal SA binne 5 jaar met hulp v paar boere weer op n wenpad kry.

Stella Barnard ·

En zuma sit nu terug en lag heerlik vd erfenis wat hy vir CR gelos het..wonner nu wie is nu eintlik di paddas in di pot..Anc en eff miskien..Die wiel draai stadig mar seker hy draai..Thank U mr Trump.

RM ·

‘n Liggie gaan nou aan vir die Afrikaner. Hou so aan! Doen alles wat jy kan! Amerikaners begin die tereur van die ANC sien en dit is verskriklik donker en duiwels. Al die arme boere wat gesterf het se stories tel, hulle waarde blink deur. Suid-Afrikaners reg oor die wêreld is gewillig om te help. Daar is ‘n onselfsugtige liefde onder ons mense wat niemand kan ontken nie. Boere gaan nog hierdie wa deur die drif trek. Ek vir jou Suid-Afrika.

RM ·

WE ARE ALL BOERS NOW —the world is waking up to hear your stories. GOD BLESS.

RM ·

Middle America houses many Christian farmers who are not persecuted for their light skin. WE ARE ALL BOERS NOW.

Spike ·

Rita jy mag dink TRUMP is ñ nar, maar hy is nie skynheiligheid nie. Daar is so min wat vir ons opkom. Wees eerder dankbaar. Wonder wat doen jy vir die blankes. ( Jou eie mense)

Johannes ·

Dankie Pres Trump, jy sal geseen word oor die waarheid wat jy spreek.

dankie ook dat jy fake cnn die ore aan sit.

mag ABBA vader jou seën.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.