Trump-twiet: Regering wil met ambassade vergader

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Foto: Sibonelo Ngcobo/ANA

Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het versoek om met die Amerikaanse ambassade in Pretoria te vergader oor pres. Donald Trump se twiet waarin hy die grondkwessie en plaasaanvalle in Suid-Afrika aanraak.

Trump het vroeg Donderdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) getwiet dat hy Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, gevra het om ondersoek in te stel na “plaas- en grondgryping en onteiening”, asook “die grootskaalse moord op boere” in Suid-Afrika.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van Dirco, het gesê minister Lindiwe Sisulu het kennis geneem van die “jammerlike uitsprake” deur Trump. “Dit is jammer dat hierdie twiet gegrond is op valse inligting,” het Mabaya gesê.

“Die minister het daarom versoek om met die Amerikaanse ambassade te vergader om duidelikheid oor die saak te kry. Minister Sisulu sal ook deur diplomatieke kanale met Mike Pompeo oor die saak kommunikeer.”

Mabaya het gesê Suid-Afrika het goeie politiese, ekonomiese en handelsverhoudinge met die VSA en dat die diplomatieke kanale daarom beskikbaar is om duidelikheid te gee oor enige kwessies wat van gedeelde belang is. Hy het gesê verdere kommentaar sal eers gelewer word wanneer die departement met die Amerikaanse ambassadebeamptes vergader het.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ook sy stem by die talle reaksies op Trump se twiet gevoeg deur te sê dié twiet kom slegs drie maande nadat AfriForum ʼn afvaardiging na die VSA gestuur het om die Cato Institute, Tucker Carlson, ʼn aanbieder van Fox News, en verskeie ander instellings en politici in te lig rakende die situasie in hierdie verband in Suid-Afrika.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy dank uitgespreek teenoor die Cato Institute, Tucker Carlson en elke ander rolspeler in die VSA “wat standpunt ingeneem het om die ANC se planne om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, asook die plaasmoordkrisis in Suid-Afrika, deel van die Amerikaanse openbare agenda te maak”.

Volgens Kriel het sy organisasie geen ander keuse as om internasionale steun teen onteiening sonder vergoeding te werf nie, aangesien die ANC amptelik aangekondig het dat dié party besluit het om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak – selfs voordat die openbaredeelnameproses in SA afgehandel is. “Die ANC se besluit soos aangekondig deur pres. Cyril Ramaphosa self, het ʼn klug van die plaaslikedeelnameprosesse gemaak en daarom gaan AfriForum voort om as laaste uitweg internasionale druk vir die beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika te mobiliseer,” het Kriel gesê.

Pres. Donald Trump se twiet.

Hy meen dat Trump se aankondiging nie net goeie nuus vir eiendomseienaars in Suid-Afrika is nie, maar vir almal in die land. “Venezuela, met ʼn armoedekoers van 90%, en Zimbabwe, met ʼn werkloosheidsyfer van 90%, is voorbeelde daarvan dat die miskenning van eiendomsreg ʼn land se ekonomie vernietig tot nadeel van almal in die land. Almal in Suid-Afrika behoort dus te hoop dat die druk vanuit die VSA die ANC en regering sal laat herbesin oor die rampspoedige pad waarop hulle Suid-Afrika wil lei.”

Hy het gesê AfriForum staan gereed om bykomende inligting oor onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde aan die Amerikaanse departement van buitelandse sake te verskaf.

Die VF Plus het gereageer deur te sê die “deurlopende pogings van rolspelers soos die VF Plus om die wêreld in te lig oor vergrype in Suid-Afrika is klaarblyklik besig om vrugte af te werp”.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê die party het ʼn versoek aan die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika gerig om met sy saakgelastigde ʼn gesprek te voer oor die situasie in Suid-Afrika, en in besonder plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding.

“Dit sluit aan by die VF Plus se deurlopende, jare lange bewusmakingsveldtog om die internasionale gemeenskap in te lig oor die vertrapping van minderheidsregte in Suid-Afrika, en die hoë voorkoms en brutaliteit van plaasaanvalle en -moorde,” het Groenewald gesê.

Hy het bygevoeg die party is besig met die proses om ʼn amptelike klag in te dien by die Verenigde Nasies (VN) se menseregtekommissie “weens die ANC-regering se oortreding van artikel 17 van die VN se Handves en Internasionale Deklarasie van Menseregte wat private eiendomsbesit beskerm en onteiening sonder vergoeding verbied”.

“Die VF Plus sal seker maak dat Amerika ʼn volledige en gebalanseerde prentjie kry oor wat in Suid-Afrika aangaan, en nie ʼn verdraaide en afgewaterde weergawe van die ANC nie. Wat in Suid-Afrika gebeur, kom neer op ernstige menseregte-vergrype, en die wêreld moet dit hard en duidelik onder die ANC se aandag bring dat dit nie aanvaarbaar is nie,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

White Rhino ·

Kan nie wag vir daardie ‘ vergadering’ nie – ek hoop hulle verteldie ‘mininster’ waar Dawid die wortels begrawe het.

Willem ·

Sy het mos al reeds vroeër vanjaar ‘n proeflopie met Australië gehad. Ek het ‘n idee die proeflope waarin sy uitgesak het, kort van asem, het niks gehelp nie.

Rynhardt ·

Die Anc sal met baie uitgeslape taktiek navore kom!Dit was juis Lindiwe Sisulu wat vir Australie gese het dat n volksmoord bestaan nie teen blankes nie.Volgehoue druk sal permanent toegepas moet word teen Anc,want hul en SAKP is baie uitgeslape as wat mense besef!As jy eers jou eiendom verloor,dan verdwyn jy heeltemal soos water wat verdamp in die son!

Anoniem ·

Valse inligting dis waar hie ons mense uitgemoor word en alles gepaart met dit ho

Eish ·

Die mooiste wat uit die situasie na vore kom, is die harmonisering van die minderheids standpunt deur leiersfigure soos Afriforum, die VF Plus en moenie dr. Frans Cronje van die IRV uitlaat nie. Hy maak reuse bydraes tot die saak.
Hou die druk op volsterkte!

Mark ·

Daar moet gedruk word om daardie hele vergadering TE LIVE STREAM op YouTube!.!

Anoniem ·

Die vf plus en afriforum moet alle statistieke en syfers inhandig

Koos ·

Dankie Dr Pieter Groenewald vir jou VF+ party se optrede in belang van AL Suid Afrika se mense.

Die ANC se benoude spronge wat nou gemaak word nadat die wêreld kennis neem van hul skelmstreke, behoort nie vir hulle iets vreemd te wees nie, want dit is maar net die minderheidsgroep se “struggle” aksies om oorlewing!!!

Voor 1994 het die ANC mos ook die wêreld vol in hulle “struggle” simpatie gesoek EN gekry.
Maar noudat die wêreld se oë oopgaan oor die rat wat die ANC voor hul oë gedraai het, is dié aksie deur ander groepe skielik taboe!

Hoe dan nou?

Wat wou ·

Dit smaak my dit is normaal dat die boere so aangeval en vermoor word.
Ek hoop Trump laat hom nie mislei deur hulle sogenaamde slim praatjies nie

Jerry ·

Die uitkoms van die vergadering gaan interresant wees en heel moontlik uitsluitsel gee betreffende Afri-Forum se hero of zero status!

Johan ·

Gegrond op valse inligting word gesê. Lindiwe Sisulu is so vêr verwyder van die werklikheid.
Sy moet haar ontwerpers klere aantrek, haar hare doen , in haar duur motor klim en by die Blood Sisters aansluit wat so ‘n plaasmoord moet opruim!!

Joshua ·

Mooi so en dankie aan Pres Trump. Bygese, middel vinger vir rassis en hater Malema en aan die rassistiese, korrupte kriminele onbevoegde ANC regime.

Mrs H ·

Sy behoort afgedank te word vir die groot aap wat sy van haar party maak!

Piet ·

Hkm keer hul so as dit onwaar is los VSA dat hul ondersoek instel ??????

Johan ·

Klink my die regering is bra paniekerig as wêreldleiers die waarheid oor die regering se blatant rasistiese oogmerke begin agterkom.
Veral as AGOA in gedrang kom – dis die ooreenkoms waardeur SA na Amerika kan uitvoer sonder tariewe omdat ons ‘n ontwikkelende land is

Myra ·

VF ,moet seker maak ANC is nie alleen in die vergadering nie..Groenewald baie dankie om VSA intelig.Veral vd moorde en hoe rassisties hulle mag wees en ons nie plus grondonteining wat op hul wyse gebeur..
vra ook dat live gestream word, sodat almal kan kyk en hoor.

Pal ·

Beveilig jul inligting en navorsing. Jul weet wat gebeur as sensitiewe inligting ñ bedreiging word. Daar word by daardie kantore ingebreek.

Nita ·

Ja-nee madame Sisulu like dit niks dat die Aussies en Trump se oe oop is en kyk wat hier aangaan nie. Nou maak sy Trump tot leuenaar. Word boere nie feitlik daagliks op plotte en plase aangeval nie? Het Ramaphosa nie met sy eie mond verkondig dat grondonteiening sonder vergoeding, SAL plaasvind nie?? Nou trap hy water en se daar sal eers na staatsgrond gekyk word en al sulke stories. In sy hart weet hy presies wat sy agenda is.

Wonder maar net ·

As die gerugte volgens jou dan vals is, hoekom dan vergaderings reel? Los hom dan sodat hulle kan ondersoek instel of is jy bang vir die resultate?

Grysburger Pretoria ·

Dalk moet daar gereël word vir ‘n optog na die VSA se ambassade in Pretoria om te vra dat Amerika die kwessie indringend ondersoek en om dank te betuig dat VSA leierskap wel wil aandag skenk aan die aangeleentheid.

Uvonka ·

So gaan me Sisulu vir hulle die korrekte valse inligting gee?

Foxi ·

Whoopsie…….kan nie wag vir die volgende storie nie………

PJ ·

Sien Agri SA het met die regering vergader en sien die uwe roelf meyer was ook teenwoordig en is baie beindruk met die gesprek het die man nie einde nie ? Is dit nie juis agv sy en sy trawante se gemors dat ons vandag is waar ons is

Amelita ·

Het hulle vergeet dat hier Amerikaanse en Australia se ambasades is in SA. Hulle beleef dit, sien die nuus en sien wat aangaan. Glo nie hulle dink dit is lieg stories.

Ek Wag ·

Ek wag vir Trump se volgende twiet aan CR; “You’re fired!”

Snowball ·

‘You better watch out! You better not cry! You better not pout. I’m telling you why. Donald Trump is coming to town.’??

BBBIDL ·

Ek wonder nou wat hierdie hoogs geheime “ware” inligting is?

En wat is nou vals?

Het die president nie op openbare televisie gesê dat die grondwet gewysig gaan word om onteiening sonder vergoeding te akkomodeer nie?

Of wil hulle die lang lys van mense wat vermoor en of aangeval is, en waarvan daar rekord gehou word, nou probeer afmaak as leuens?

Ek is seker Afriforum sal met graagte hierdie inligting met die VSA deel sodat hulle dit kan verifieer.

Nee wat, die enigste leuens is die van die ANC en hul gatlakeie.

waarheid ·

Ek hoop ons mense wys foto’s van die moorde in S A veral klein kindertjies aan Amerika.
Die regering gaan mal oor een tweet van Trump – wag totdat hy direk met hulle praat of vinger wys!!
Kan nie wag nie!!

TW ·

Hoekom is die ANC nou so op hol? Trump wil net self uitvind wat aan gaan? Laat hy sy ondersoek doen. Dan kan die ware waarheid mos uit kom.

hendrik ·

Nou toe nou. Siraal het die heeltyd gedink hy is baie populer omdat sy velkleur is wat dit is.

Msp ·

Die arme vrou het geen idee wat in Suid Afrika aangaan nie. Vas aan doe slaap terwyl sy n vet salaris kry.

Jaap ·

Haha arme vrou weet nul wat in SA aangaan.
Sy weet nie of sy kom of gaan nie.
VSA slaan asb SA en sy koninklike ANC n bloedneus.

marous ·

Waarom stel medame nie sanksies in teen die VSA nie ? Ek is seker dit sal hulle so bang maak dat hulle elke week saam met haar sal wil vergader ….

Petrie ·

Alle fotos videos haatspraak ens moet nou op die tafel gele word as bewyse van dit wat in suid Afrika aan die gang is. En die wereld sal die waarheid sien.

humor ·

Waarom tjank die vrou so wat bekendheid met haar pruike en leuns vewerf. Daar is mos nog geen bevindings en stelling gemaak nie. Daar is slegs gevra na n ondersoek. Gee alle partye regverdiglik die geleentheid om hul insette te lewer.

ANDRE ·

“Valse inligting??!!” Vertel dit bietjie vir daai mense wie se familielede so wreed aangerand en vermoor is!! Dankie, Pres. Trump!

Dee ·

Laat Pres Trump en Pompeo direk weet wat die gewone mense dink en moenie staatmaak op ander nie Hulle verkies e-pos boodskappe

Nikita ·

Jip, Minister Pompeo hoef nie met n vergrootglas te kom kyk wat hier aangaan nie. Die bewyse hier is duidelik en oor genoeg van lewensverhale wat in rillers ontaard het. Sisulu jy slaan die waarheid in die aangesig! Wel dit help soveel soos n bril vir n blinde. Kry maar jou storietjie mooi agter mekaar. Thanks President Trump, I really hope you and others can help save Sick Africa. Sterkte Afriforum en VF Plus en dankie.

Potlood ·

Uhm, vergaderings / imbizos help niks. Julle wil net soos slanger syl en pik. Praat-praat-praat en twis elke woord.
Hierdie grief my tot diep binne my!!!!!

Lana ·

Sisulu wat al openlik voor die wêreld gelieg het? Wie moet haar nou glo?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.