Trump-uitlating: SA vergader met VSA-gesante

donald trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Alex Brandon

Die Suid-Afrikaanse regering het Maandag Amerikaanse amptenare opgeroep om pres. Donald Trump se uitlatings, wat glo Afrika en ander lande minag, te verduidelik en sy ontevredenheid oor die kwessie uit te spreek.

“Dit is in die vergadering genotuleer dat Afrika en die Afrika-diaspora aansienlik bygedra het tot die VSA en sy ontwikkeling tot waar die land vandag is,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), in ʼn verklaring gesê.

“Afrika en die internasionale gemeenskap se reaksie op die beweerde uitlatings dien duidelik as ʼn  verenigde bevestiging van die waardigheid van die mense van Afrika en die Afrika-diaspora.”

Monyela het gesê die Amerikaanse ambassade en die VSA se departement van buitelandse betrekkinge het op die bekommernisse van Suid-Afrika gereageer deur te verklaar dat “daar geen verandering in die VSA se toewyding in sy vennootskappe reg oor die Afrika-vasteland is nie en dat die VSA die mense van Afrika en Suid-Afrika respekteer”.

Volgens Monyela het die amptenare ook aangedui dat hul land “voort sal gaan om saam met Afrika vooruit te beweeg” deur te fokus op die doelwitte wat die sterk bilaterale bande wat die VSA en Afrika deel, te reflekteer. Die amptenare het gesê vooruitgang sal nie ontspoor word deur enigiets wat teenstrydig is met dié doelwitte nie.

“Dit is benadruk dat die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA, en die verhouding tussen die res van Afrika en die VSA, op wedersydse respek en begrip gegrond moet wees,” het Monyela gesê.

Dirco het Sondag aangedui hy gaan die ambassade in Pretoria versoek om die “onlangse ontstellende kommentaar” wat aan Trump toegeskryf word, te verduidelik.

Dit volg nadat Trump Donderdag kwansuis na Afrika-lande, tesame met Haiti en El Salvador, as “sh*thole”-lande verwys het vanwaar immigrante nie welkom is in die Verenigde State nie.

Die departement het bygevoeg hy neem kennis van Trump se plasing Vrydag op Twitter waarin die president ontken dat hy dié kras uitlating gemaak het. “Die departement neem ook kennis dat die ontkenning nie onomwonde is nie, en daar slegs na Haiti verwys word en dat die hele uitlating, wat aan hom toegeskryf word, nie aandag kry nie,” het Monyela bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

kat ·

Lyk my die waarheid maak seer!
Trump slaan die spyker op die kop!!!

G ·

If the shoe fits. Oumense word verkrag en vermoor. Selfs kleuters en babas word nie ontsien nie. Pasgebore babas word in riviere en puttoilette gegooi, of vir dood in asblikke agtergelaat. Daar is mense wat afbrand en plunder as hul ontevrede is oor iets. Leiers hits plaasmoorde aan, hul moedig grondvergrype aan ens. So is Trump regtig so verkeerd?

piper ·

hy het die waagmoed om die waarheid te praat. alle ander leiers is te bang om dit te doen. dis ook soos al die partye in ons land te bang is om praat oor die oorsaak van al ons probleme naamlik onbeheerste bevolkingsaanwas. meisies word vir elke kind n toelaag betaal. gee haar n keuse van n toelaag en gratis sterilisasie teenoor geen sterilisasie en geen toelaag.

Chivago ·

Hahaha….en wat gaan hulle doen indien Trump dit gesê het? Sanksies teen VSA instel? of die EFF stuur om die Withuis af te breek soos H&M winkels? Hahaha……. wel voorspoed met enige aksie, VSA hoef net sy stert te swaai dan waai hy die hele Afrika weg!

Hanna ·

Afrika is soos n stout kind: maak net wat hy wil en dan moet die buiteland hom tog net asb met handskoentjies hanteer… Boo-hoo huil die lotte elke keer as iemand durf feite uitwys. Wens VSA wil alle geldelike hulp aan hierdie toilet-lande opskort. Afrika is nie so belangrik nie. Punt.

Nicolaas ·

Pres Donald Trump is ‘n leier 1000!!
Doen wat hy sê!!

CHAMPIE ·

Ek het nooit in die verlede gehoor dat Afrikalande gekla het wanneer Robert Mugabe Engeland en die res van die Westerse wêreld sleggesê het nie.

Asjas ·

O genade!! Nou gaan hullle hom reg bewys … in persoon nogal.
Hoop hulle vergader in die woestyn gedeeltes van Amerika.

Agnes ·

Ek kan vir Trump goed verstaan, kyk self na die verval en misdaad in RSA en ek hou van n man wat die waarheid durf praat

Agnes ·

Pres. Trump praat reg uit en praat die waarheid. Hy hoef hom nie te skaam oor die waarheid nie. Vir sommige mense maak die waarheid seer.

Dirk ·

Trump wys op die waarheid en feite. Die mense kan dit nie aanvaar en erken dat iemand die waarheid praat.

kat ·

Wonder wat sal die regering se indien Trump sy dollars wegneem en eerder vir ‘n ander land gee!!! Soos bv vir Israel. Ek sal daarvan hou.

Erick ·

President Trump, maak asb die deure oop vir Wit Suid-Afrikaners sodat ons jou land kan help opbou.

Will ·

Hou op Pres. Trump se oenskynlike uitlating kritiseer en kyk na die realiteit op die grond: Immigrante wat desperaat is om Europa en die VSA te oorspoel, korrupsie en ineenstorting van infrastruktuur (sodat rou riool inderdaad in strate afloop en in woongebiede uitborrel) en die grootste probleem is dat Afrika se leiers in ontkenning is. Indien Afrika so utopies is, waarom het ons ‘n migrante-krisis wat vererger by die dag?

UTOPIA ·

Presies Will as die Africans dit so lekker vind in AFRIKA hoekom het hulle uitgewyk na ander lande toe? Hoekom is hier Zimbabwiers in SA en soveel Afrikane in Amerika en Europa EN Brittanje? Hulle het dan gestem vir Mugabe en hulle wou dan graag hom aan bewind he en het alles in hulle vermoe gedoen om die wit boere daar te verjaag. Nou is al die wit boere weg, toe vlug hulle hierheen. Hoe lyk die ander Afrika lande? Daar is vervolging en menseregte vergrypings, en ellende en misdaad op ‘n DAAGLIKSE basis .. Botswana en Namibia is darem nog gangbaar, maar kyk ‘n land soos LIBIEO NEE< kom ons konsentreer op SA se apartheidsbeleid wat in 1994 gesneuwel het en Amerika se slawerny van 300 jaar gelede!! Ek daag ALLE AFRIAKNE uit om AFRIKA toe te kom om plek te maak vir my wat 'n EUROPEER is van Franse afkoms om weer terug te keer soontoe!!

Irene ·

Trump het niks nodig van sa nie hy stel nue belang hier nie groter en beter plek as hier

bgj van der westhuizen ·

wel as suid afrika nou so te na gekom is se vir die usa om sy geld te hou en doen nie mee sake met usa nie onthou die usa kan sonder suid afrika klaar kom ons kan nie sonder usa klaar kom nie afika wil uit deel maar kan dit nie vat om te ontvang nie afika wat dit soos n man of is afrika soos n muis kan net biep

Edwin ·

Cyrill kan maar kyk hoe Trump regeer, hy kan baie leer van Trump

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.