Trump ‘waningelig’ oor SA – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. Argieffoto

Pres. Cyril Ramaphosa het teruggekap na Amerikaanse president Donald Trump, nadat dié vroeër sy minister van buitelandse sake gevra het om ondersoek in te stel na die kwessie van plaasmoorde, grondbesettings en -onteiening in Suid-Afrika.

Ramaphosa het gisteraand (Maandag) toe hy die David Rockefeller-gedenklesing by die Council on Foreign Relations in New York gelewer het, gesê Trump is waningelig oor wat in Suid-Afrika aan die gang is.

“Ek dink as hy die tyd geneem het om beter inligting by ons te kry, sou hy van beter geweet het én sou Suid-Afrikaners sy opmerkings meer waardeer het.”

ʼn Sigbaar geïrriteerde Ramaphosa het ʼn paar weke gelede, in reaksie op Trump se twiet, gesê hy weet nie wat Trump met Suid-Afrika te doen het nie, omdat dié nog nooit hier was nie. Hy het die Amerikaanse president toe al gevra om uit Suid-Afrika se sake te bly.

Gister het Ramaphosa gesê Suid-Afrika het die Amerikaanse departement van buitelandse sake én die Amerikaanse regering behoorlik ingelig oor die proses wat (met grondonteiening) gevolg word en sê daar word wyd gekonsulteer oor die kwessie.

Die president het gesê Suid-Afrikaners is verenig in hulle voorneme om ʼn oplossing vir die grondkwessie te vind. Hy het gesê dit is in Suid-Afrikaners se DNS om probleme sonder geweld of oorlog te probeer oplos. Volgens hom is apartheid beëindig omdat mense met mekaar gepráát het.

Ramaphosa het gesê grondeienaarskap is al jare lank ʼn sweer wat sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika nie behoorlik gehanteer is nie. Hy het gesê oor die afgelope 24 jaar het die skeefgetrekte prentjie van grondeienaarskap voortgeduur. Volgens hom moet grond deur die meerderheid Suid-Afrikaners besit word, waar dit as ʼn ekonomiese bate ingespan kan word om die ekonomie te laat groei.

Hy het verduidelik een van die maniere waarop dit gedoen kan word, is deur grondonteiening, maar het beklemtoon dat grond nét ingevolge wetgewing onteien sal word.

“Daar gaan geen grondgrype in Suid-Afrika toegelaat word nie,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê die proses moet ekonomiese groei aanhelp, landbouproduksie ʼn hupstoot gee en voedselsekerheid verhoog. Dit moet mense ook toelaat om huise op hulle eie grond te bou.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, spreek die media toe tydens ’n mediakonferensie na aanleiding van ’n beraad vir staatshoofde en regeringshoofde by die NAVO-hoofkantoor in Brussel. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Volgens Ramaphosa is heelparty voorstelle reeds gemaak, deur onder meer grondeienaars – ook wit grondeienaars – en groot maatskappye, wat die grondkwessie ten beste wil help oplos. Talle groot grondeienaars, waaronder staatsdepartemente, het reeds aangebied om grond weg te gee. Hy sê Suid-Afrikaners weet dit moet gedoen word om die land se toekomstige stabiliteit te verseker.

“En as mnr. Trump hier was sou ek vir hom gesê het ‘mnr. Trump, wees verseker dat hierdie probleem op tipies Suid-Afrikaanse manier uitgestryk gaan word’. In die verlede kon ons nog altyd ons eie probleme oplos”.”

Tot dusver is sowat 650 000 voorleggings oor die grondkwessie ontvang, ʼn verstommende getal gegewe die feit dat 1,2 miljoen voorleggings gemaak is toe Suid-Afrikaners destyds oor die opstel van die Grondwet geraadpleeg is.

“Grond was in baie lande nog altyd ʼn uitdaging. Oorloë is daaroor gevoer, mense is dood daarvoor. Ons wil ʼn gesonde middeweg vind, ʼn middeweg wat al daardie verskriklikhede gaan vermy. En ons gaan dit doen. Ons is Suid-Afrikaners. Ons is Nelson Mandela se kinders.”

Dis nie die eerste keer dat ʼn Trump-uitlating woede onder Afrikane ontketen nie. Trump het hom vroeër die gramskap van groot dele van die internasionale gemeenskap op die hals gehaal toe hy na Haïti en Afrika-lande as “sh*thole countries” verwys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Adam ·

Ramaphosa het dan ten minste iets met Trump in gemeen want Ramaphosa weet ook nie wat in SA aangaan nie.

Johannes ·

Die oningeligte een is Ramaposa !. Ek hoop net Trump gaan lê nie . Chinese het klaar Zimbabwe scudmisiel basis gebou . Nou wil hy hulle gebruik om ons plaase af te neem , Sisulu ry op haar pa se naam.

Carl ·

Lyk my Ramaphosa het ook soos daai zuma ‘n probleem met syfers!

Ag siestog ·

NEE HYT DIE WAARHEID BY DIE WITTES GEHOOR WAT JY EN SISULU PROBEER WEGSTEEK EN lieg oor … die WAARHEID kan jy nie meer op videos en fotos ONTKEN nie . dit gebeur elke dag … jou eie POLISIE statistieke wys hoeveel mense per DAG vermoor word .. WAKKER WORD >..
Net vir DUIDELIKHEID . watter probleme het julle opgelos in 24 jaar? SAL, SAUK, Denel, Eskom, Prasa, RAF, SAID, waar presies was julle so SUKSESVOL??

Ben ·

Hulle was suksesvol om die staatskas te beroof, die ekonomie te vernietig, Rassehaat aan te moedig, leuens te verkondig en alles op Wit monopoly kapitaal te blameer. Mammon (Satan) beheer die geld stelsel. Die ANC gaan dit NOOIT beheer nie. Dit is nie waarvoor Nelson Mandella gestaan het nie.

Susan ·

The UN under UNPO which our Leader Pieter Groenewald (FF+) is the vice chairman, have seen the pictures and evidence of farm murders, and are working towards Sanctions against South Africa

Hettie ·

Dit sal help as jy die inwoners van SA ook kan vertel wat gaan gebeur.Elke parlementslid praat n ander deuntjie en elkeen het sy eie storie ,net die mense wat geraak word weet niks !

Werner ·

Droom lekker padda in die pot n paar paddas is besig om wakker te word

Erwee ·

Ramaphosa swaai weer die heuning kwas ..hou hom maar fyn dop

Magda ·

Ja nee hy dink net soos die EFF dat ander met klappe op hul oë rondloop, Trump is reg en die res van die buiteland ook- hulle weet SA se regereing probeer alles toesmeer

Mrs H ·

Nooi dan vir Trump?! Laat hy homself eerstehands dan inlig. Baie mense sal hom graag van meer as net grondgrype vertel en Dit, met bewyse. Waar is jou bewyse Ramaphoza?

Mrs H ·

Solank as wat jy Cyril jouself langs Sisulu bevind, is jy Cyril, die enigste een wat oningelig is – moet dan nie verbaas wees oor videos omtrent jouself wat die rondte doen op sosiale media nie.

Judge Dredd ·

As die staat die grond besit dan besit die meerderheid suid-afrikaners nie die grond, ou Cyril.

Willem ·

Man ek is mal oor Priester Cyril Ramaphosa met sy vele talente, hy is sy eie spindokter en hy kan paddas stadig kook.

Nooi Trump Uit! ·

Lyk my ou paddakoker wil nie he Trump moet kom kuier nie. bang die wrklike waarheid kom uit?
Miskien moet iemand anders hom uitnooi en na plase neem waar daar aanvalle en sterftes was. Vertel dan ook reguit oor die grondkwessie – Laat Mbeki hom nooi.

Adri van Niekerk ·

CR Dit wat jy se is soos in beesmiskoek met versiersuiker om. Dit is nie die waarheid waarmee jy besig is nie.

Vader van die LEUEN

Francois ·

Wat gaan jy vir Trump se omtrent die hoe moordsyfer. Jy kan dit nie eens uitsorteer nie……maar jy wil boftes maak oor hoe vreedsaam onteiening gaan wees ?
Jy maak of jy iets weet…..

Msp ·

Ek glo nie hy weet van die moorde nie en ook nie wat in sy eie land aangaan nie. Hy is te besig om vir reaksie van President Trump te wag.

Eugene ·

So ek het my grond na apartheid verby is gekoop. Nou wat nou?Omdat ek wit is beteken dit dat ek n tweede klas Suid-Afrikaner is ,en onteien moet word?

marous ·

Al wat Trump hom hoef te vra is ” How did you people get it right to steal a country bankrupt within 25 years and do nothing about it ” Dit kan natuurlik in elf tale vertaal word en in handgebare as die uwe hoofman van die rommelhoop dalk nie kan antwoord nie ….

Onnie ·

Lyk my Ramaposa het vergeet hoe hulle in die apartheidsjare met elke ding wat die SA revering destyds gedoen het na die VSA, Britanje ens gehardloop het. En dit het gewerk, want ons is uit alle oorde internasionaal bygekom en uitgesluit. Nou kry vir julle. VSA was destyds goed genoeg, maar nou dat die skoen aan die ander voet is nou is hulle suur. Ramaposa en die ANC hou nou vir hulle Groot – jy byt nie die hand wat jou kosgee nie.

Vegter ·

Ramaphosa het nie meer heheer Eff en Blf dreig daagliks op fb dat hulle net grond gaan vat en wittes uitmoor en Anc gaan niks aan dit kan doen nie.Hy gaan onttroon word deur sy eie mense

Stephen Namibia ·

CR nou draai Thabo Mbeki ook teen jou mbt grondonteiening. Wat se jy daarvan??

Die waarheid ·

@Boer. Presies. Kan iemand hom nie asb inlig dat daar geen sprake van verenig is nie. In teen deel nog nooit was sa se bevolking so verdeeld nie. Iets is etens nie lekker nie of dis maar net die propoganda masjien se skuld. Dit sal geef wees as party mense wil wakker skrik en vir hom en die weteld wys dat ons nie tevrede is nie en dat ons die aanslag sal afweer betreffende ons grond,taal en geskiedenis.

Afrikaanse Knaap ·

Hy soek net wit voetjie by beleggers, en is bereid om hulle in die gesig te kyk en te jok vir ‘n belegginkie of 4.

H ·

Vra hom hoekom stop plaas moorde nie. Daarvan word gerieflikheids halwe vergeet

Christjan ·

Bedoel CR nou dat die Kerkstraat bom ensovoorts ‘n vreedsame manier was om probleme op te los? Ja-nee, nie so lekker om aan die ontvangkant van kritiek te wees nie, Meneer die President. Kom bietjie uit jul “struggle”-mentaliteit en begin positiewe leierskap toon, dan sal ons jou glo,

Tertia Human ·

SORRY CYRIL WHAT YOU SAY IS NOT TRUE LISTEN TO THE RECORDINGS WHEN YOU SPEAK WITH YOUR ANC PEOPLE IN STADIONS – WHITE FARMERS GET MURDERED DAILY THIS WEEKEND AGAIN AND WHAT DO YOU SAY ABOUT THAT STEVE HOFMEYER PLEASE PROCEED WITH ALL PROOF TO VISIT TRUMP FOR HELP!!!!

Roelie ·

Ai CR, is jy ooit ingelig wat in SA aangaan? Dit klink duidelik nie so nie. Jy sal maar deur SA moet stap om die nodige inligting te bekom. Probeer gerus.

Onica ·

Ek dink Ramaphosa moet bietjie ophou langs die promenades stap, en bietjie op plase gaan rondloop waar mense vermoor word, om te sien hoe dit lyk!!

Careltjie ·

Ai CR, is jy ooit ingelig wat in SA aangaan? Dit klink duidelik nie so nie. Jy sal maar deur SA moet stap om die nodige inligting te bekom. Probeer gerus.

Oujongvrou ·

Julle almal maak n fout as julle dink Ramaphosa praat ooit oor n witte in hierdie land. Almal van hulle praat slegs met en oor swartmense. MY people. Daai is nie ons nie. Jou ID en paspoort kan se wat dit wil, ons hoort nie hier volgens hulle nie. Hoe gouer witmense dit besef en inneem hoe gouer sal hulle kop in die sand maar net probeer oorleef.

Eugene ·

Ek is bly vir wat jy sê. Ekt gedog eks die enigste een wat so dink. Almal met wie ek praat in dié verband neem my kwalik dat ek so negatief dink en sê dit ook duidelik so dat hul nie betrokke wil wees nie. Dié vir wie soveel belowe was deur valse beloftes raak ongeduldig, WIE gaan hulle stop wanneer hul deur hul verwagtinge oorrompel word.

Antjie ·

Dis nie asof Trump beweer het hy weet wat aangaan nie–inteendeel, hy het ʼn ondersoek aangevra. Maar, mnr Ramophosa wil nie vir Trump ingelig hê nie, anders sou hy lankal sy intimidasie-pogings gestaak het. Aanvanklik het ek gedink die Amerikaners is bietjie oor-gretig, maar met súlke reaksies, selfs weke later, dink ek al hoe meer dit kan net iets goed meebring. Tone word getrap sonder dat daar beweeg word…

Johanna Botha ·

HUH die anc het dan almal verdeel ….is CR nie die een wat waninfelig is nie…….en HALLOOOO ons het vam 52 na 57 moorde n DAG gegaan en verder val alles uitmekaar en styg die petrol !

Brutus ·

CR en sy comrades dink hul kan alles toesmeer maar hulle gaan nog n groot verleentheid vir hulself word en die wereld sal kennis neem van hul leuens en agterbaksheid.

Snowball ·

Pinocchio het ‘n beter kans om ons te oortuig hy is ‘n regte seuntjie as dié snert.

Koeloekoe ·

Jy is sekerlik Mandela se kind
Nie ek nie
Hy het vir julle n soort god geword
Nie vir my nie
As jy wakker Skrik CR is jou koffie koud hoor

Janneman ·

Ek stem saam, ek hoort gin niks in daardie familiesake nie! President Trump moet kom kuier, sodat hy self kan sien met sy eie oë wat ons mee stroef. Ek sal hom in ons geweste blyplek sorg. Verniet!

Koeloekoe ·

Jy is sekerlik Mandela se kind
Nie ek nie
Hy het vir julle n soort god geword
Nie vir my nie
As jy wakker Skrik CR is jou koffie koud hoor
Bel jy self vir Trump
Ek dare jou

Cathy Kotze ·

Trump is baie goed ingelig oor Suid-Afrika. Sy besigheidsvriende (soos Sol Kerzner) sorg daarvoor.

Suid-Afrikaanse immigrante in hoë posisies in die VSA en Kanada hou hom op hoogte. Van ons verskyn gereeld op Amerikaanse televisiekanale en praat op radio kanale oor die benarde posisie waarin Wit, Bruin, Indiese en ook Swart Suid-Afrikaners verkeer.

Donald Trump WEET hoe plaasmoord slagoffers lyk. Hy WEET van moeti moorde. Hy WEET dat faksie gevegte – en nie die vorige regering – nog altyd die hoofoorsaak was van die hoë sterftesyfer onder Swart Suid-Afrikaners.

Hy WEET verseker dat meer as ‘n halfmiljoen Suid-Afrikaners brutaal vermoor is sedert die ANC aan bewind is.

Dink Cyril Ramaphosa regtig dat niemand op YouTube sien hoe lyk die daaglikse brandstigting, brutale betogings, plundering, aanvalle op inwoners, motorkapings, ensovoorts nie?

Dis Cyril Ramaphosa wat totaal oningelig is.

Paul ·

Op 24 Augustus 1972 (Hot August night) tree Neil Diamond in die Griekse teater in Los Angeles op. Buite die arena het daar selfs mense in die bome opgeklim om hom te sien. Op ‘n stadium groet hy vir hulle “hello jou tree people out there” en mens kon hoor hoe hulle dit waardeer.

As hy vandag in Suid Afrika in ‘n arena met soortgelyke omstandighede sou optree en hy sou die ‘tree people’ ook so gegroet het, sou die ANC en EFF hom van rasisme aangekla het en die kans sou goed wees dat hy skuldig bevind sou word.

Koeloekoe ·

Jy is sekerlik Mandela se kind
Nie ek nie
Hy het vir julle n soort god geword
Nie vir my nie
As jy wakker Skrik CR is jou koffie koud hoor
Bel jy self vir Trump
Ek dare jou ??

Theresa ·

Afriforum, sal jul asseblief vir President Trump vra om persoonlik te kom kuier.
JUL sal hom vergesel oral waarheen hy wil gaan en als bywoon waarheen hy genooi word. So behoort balans in oorvertellings behoue bly.
Laat hom kom kyk. Wie weet wat dit sal oplewer? Hou in tussen alle moored in die kommunikasie na sy kantoor warm. Dit moenie lyk asof ons opgee nie.
Niemand sal ons as paddas beskryf nie – niemand nie. En as padda dan manél dra – dis wanneer die gort gaar raak.

Sdl ·

CR. As jy se Trump is oningelig besef jy wat jy se. Weet jy hoeveel raadgewers ens. Het die man voordat hy iets se of twiet.
Duidelik het jy nie n span wat agter jou staan nie.

Jerry ·

Amerikaners moet Trump fire voordat hy nog groter skade kan aanrig!

Anneli ·

Ag foei Jerry, as jy eendag wakker skrik gaan jy groot skrik .
Glo my, almal skrik wakker- party vroeër en ander later. Lyk vir my jy gaan een van die bittereinders wees.
Lees oor die werkskepping wat in Amerika onder Trump plaasgevind het. Glo jy dit kan in hierdie land met hierdie regering gebeur? Kritiseer maar liefs die korrupte en onbeholpe regering van SA.
Los vir Amerika- die groot seuns sal nie met jou wil speel nie.

Joe ·

Jerry, jy is nie heetemal by nie ou seun. Trump sorg vir sy mense, hou onwettige emigrante uit, beheer invoere, skep werk. Meer as wat jou president kan se ne!!

Joshua ·

Jerry!-Jerry!-Jerry!-Jerry!-Jerry!-Jerry!-Jerry!-Jerry!-Jerry!!!

gatvol ·

Suid Afrikaners is geensins verenig en Mandela het nooit geweld afgesweer nie.

Adriaan ·

Die feit dat Ramaphosa kritiek oor President Trump uitgespreek het tydens n Council on Foreign Relations geleentheid behoort nie vir enige iemand n verrassing te wees nie.

Anoniem ·

Mnr die president jy wat hierdie land regeer is die waningeligte en miskien verkies jy om net jou kop anderkant toe te draai. Wat ‘n blerrie skande. Toe een of ander vrou sterf oor die naweek, een van julle chronies, kon julle vinnig reageer, EK HET JOU NOG NOOIT HOOR SIMPATISEER MET ‘N BOER OF FAMILIE WAT GESTERF HET agv jou goedkeuring of onkunde nie, waaronder my ki d wat vermoor is aan die hand van hierdie monsters. SKANDELIK MAN. Miskien moet dit net met jou familie gebeur dan sal jy dalk ‘n hart kry

E.K. die eerste ·

Heeltemal reg, Trump is oningelig. As hy maar net kon lees wat ELKE liewe dag hier gebeur mbt misdaad. Plus dan die grondonteiening nonsens sal hy onmiddellik sanksies toepas. Vir wie probeer CR nou eintlik BS? Regtigwaar…

kobus ·

CR jy is mandla se kind en nie ek nie.jy se Trump moet nie inmeng met SA nie.maar hy skenk miljoene vir SA.nou is jy weer daar om te smeek vir meer geld.jy en jou ANC is n groot joke

Gert Nel ·

Suid- Afrika is a “sh*thole country” Donald Trump is n hero.

Andre ·

In 24 jaar niks gedoen behalwe die dreinering en afbreking van die land. Noudat die fonteine opdroog is daar baie idees. Enigiets nou want daar is kiesers wat gebluf moet word.

Onica ·

Ooo, skielik is Suid Afrikaners “verenig”!!! Good grief, dan wil ek nie naby wees as ons nie meer verenig is nie!!! Ek verloor elke dag meer en meer respek vir die man, Ramaphosa, en gooi nie vir antie Sisulu weg nie. Hulle lieg saam uit een mond!! Ek hoop regtig nie die Amerikaners is so gullible vir Ramaphosa se liegstories nie!!

Maddy ·

Nou watter skade bet hy berokken. Moenie CNN kyk nie. Hulle haat Trump. Kyk ‘n bietjie meer alternatiewe kanale op youtube om te sien hoe positief hy sover was vir die Amerikaners.

leser ·

“stir-all” jy is ‘n twee tong, twee mond, twee gesig, wil nie “sien” wat in sa aangaan nie
laat my dink aan die twee kop slang wat ons oor die nuus gelees en gesien het

Joel Hitchcock ·

Nee, President Trump het NIE na Haiti en Afrikalande met daardie woord verwys nie. Hy is deur sy vyande daarvan beskulding. Daar is ‘n verskil.

David ·

Dalk moet Trump doen wat Ramaphosa sê en hulle nie met ons sake bemoei nie. Hy kan sommer begin en AGOA met SA opskort.

CR sal ‘n ander toonhoogte begin sing.

Andre ·

Ramaphosa is net so dom as sy voorganger. Ek is ten volle tweetalig en nie te stupid nie, maar dit lyk vir my hy het ‘n beperkte geheue. Ek het op my eie tv sy aankondiging gehoor oor grondhervorming so ek weet nie hoe kan hy Trump as oningelig beskou nie. Hy se kamtig dat “geen grondgrype ” mag plaasvind nie maar het hom geensins nog gehoor dat hy sy bondgenoot mal malema aanspreek oor sy aanmoedeging aan die oningeligtes om grond te “vat” nie.

What a joke! ·

Ja geagte mnr Ramparra slaan nou lekker vuurtjies dood soos die land afbrand in die agtergrond en probeer almal n rat voor die oe draai met jou agterbakse leuens en heuningkwas!!!!

Dit is die einste jy Mnr geagte Ramaparra wat die wet van die afneming van grond sonder vergoeding wil wysig en dit na wrede moord op wrede moord op die blankes aangedruif uit rassehaat uitsprake vanaf jou eie geledere!!! Jy reken ons voel verenig nogal ne….Jy lieg en leef in jou eie droomwereld!

Watter enigheid Ramparra vertel vir my asseblief ek as blanke tel mos nie as deel van jou planne vir Suid Afrika nie. ,Jy vewrys mos alewig na jou mense en dan is daar my mense die blankes wat jy om elke draai probeer ontneem en onderdruk van sy regte in Suid Afrika!

Jou hipokratiese stellings laat my besef hoe krom jou ideale eintlik is! Aan die een kant is die blankes se geld en bellegings goed genoeg vir jou maar aan die ander kant moet die blanke bellegers uit jou sake bly as hul vra wat aan die gang is ???

Nee wat die geagte die uwe Mnr Ramaparra jy is soos n slang met n gesplete tong! Jou vertrou ek nie en ek hoop die buitewereld sien jou vir wat jy is….een groot leuen!

Fanie ·

Ja Ramaposa is dood reg as hy se hulle is soos Mandela ,wie is Mandela ,Mandela is n moordenaar net soos die regering wat van die plaas moorde en moorde in die dorpe onskuldige blanke mense wat onskuldig vermoor word Mandela het honderde blanke mense beseer en vermoor met sy bomme en landmyne wat hy gestel het maar dit word mis gekyk om hulle gerieflikhyds onthawe MANDELA IS N MOORDENAAR EN KLAAR

Swannie ·

Niemand het tot dusver ook ooit gevra waar Mandela aan al sy geld gekom het nie.
Hy kon dit beslis nie gespaar het uit sy salaris as staatspresident nie en tog het hy 3 miljoen rand aan elke kind en kleinkind agtergelaat. ( Dit was destyds wyd berig in talle media en is nooit deur enige persoon ontken nie.)

Ontstoke ·

Cyril Ramaphosa, jy lewe in n droom wêreld. Haal daai skille van jou oë af, ag tog asb!!!! Wie probeer jy nou flous.

Zeldeen ·

Ek is n Suid Afrikaner volgens my geboortereg maar ek is GLAD NIE Mandela se kind nie!!!!!!Ek is net God se kind!!!

Johan ·

Ons president beywer hom om grond van die wittes weg te neem. Hy gee nie om nie hy het sy 2 groot plase wat suksesvol is en hoekom?, want hy het wit plaas bestuurders.

Eugené. ·

Ek wil jul almal vra; – stuur ‘n skiet gebed op na God op die uur van elke uur wat jul wakker is. Vra Hom om ons te red teen dié regering wat nie sy Godelike funksie gestand doen nie.

Staak saam ·

Wil jy nou meer, al die deelnemers by die openbare verhore in hierdie proses, het vir Cyril al die nodige skiedgoed gegee want daar woord mos behoorlik gekonselteer.
Nou ja, as die liberales nie wil hoor nie dan moet hulle maar voel.

Siener van Melbourne ·

Cyril Rampokker, dit klink eerder of jy die een is wat oningelig is.

Siener van Melbourne ·

As Suid Afrikaners vereenig was in die grondkwessie hoekom moes jy die grondwet wysig en hoekom onteien jy grond Rampokker?

Willem ·

Priester Cyril is ‘n verleentheid vir SA, hy is nie ‘n staatsman se agterent nie.

Droom voort ·

Droom voort Cyril. Jy gaan alles oplos nes jou voorgangers ne. Soos die misdaad probleem, soos korrupsie, geweldadige betogings, swak/geen dienslewering, ‘n ekonomie wat in resessie is, reuse-behuisingsprobleme, staatsinstellings en maatskappye wat in duie stort, grondgrype wat reeds plaasvind, hemelhoë kospryse, ne? Terwyl staatsamptenare die staatskas plunder. Ja nee, droom voort. Jy het miskien respek in Afrika en jou eie party, maar geen aansien in die eerstewêreld nie. Moenie politieke korrektheid en alie lek met respek verwar nie, hoor. Jy sal die grondkwessie oplos ja, deur die gewone manier van diskriminasie teen en diefstal vanaf blanke mense. Ek hoop Trump staak jou en ander astrante Afrika leiers se humanitêre hulp en bydraes. Jy sal dit seker ook bestuur, ne. Kop in die sand nes jou voorgangers

Spike ·

MM. Plaas asb ñ artiekel oor T Mbeki se standpunt oor die huidige anc en sy standpunt oor onteiening. Die anc word gelei deur die zuma trawante, eff en blf.

Spike ·

Ek sou liewer niks sê as ek die pres. van ñ land is van waar 57 mense elke dag vermoor word nie.

honourable member ·

Trump is ook seker nie so dom om alles te glo wat hierdie narre hom vertel nie.

Jakkalsdraai ·

O, hy gaan Trump inlig presies hoe die grondonteiening gaan werk! Nou, wanneer sal ons Suid-Afrikaners ingelig word daaroor. M.a.w. hy gaan hulle ook belieg soos hy met ons doen. Dit is skreiend hoe hy met leuens wegkom.

marrietta ·

Wag maar. Gee net bietjie kans. Een dag, dalk nie so vêr in die toekoms nie, gaan CR baie eier in sy gesig hê. Dalk vergeet hy dat hierdie toespraak wat hy gelewer het opggeteken is. Dit is dalk selfs op beeld vasgelê. So sal ons sien hoe hy gelieg het as dinge nie so uitwerk soos wat hy dit voor “verkoop” het nie. Dan sal minder mense hom glo. Ek is ook nie oom Nelson se kind nie. Sal nooit kan wees nie. Ek is te wit.

Casper Labuschagne ·

Die eerste ding wat interessant is, is dat Ramaphosa se eerlike erkenning dat Apartheid beëindig is omdat mense met mekaar gepraat het, en dit terwyl die ANC verhaal is dat hulle Apartheid verslaan het deur hul gewapende stryd. Nou as dit so ‘n goeie ding is om te praat, hoekom gaan praat Ramaphosa dan nie met die plaasboere en soek saam vir ‘n vreedsame en ordelike oplossing vir grondhervorming nie? Maar die regerende party het besluit dat onteiening sonder vergoeding sal kom, en so sal dit dan ook gebeur en die enigste gepraat waarna geluister sal word is die woorde van diegene wat nie grond het nie.

Frans C ·

‘n Benoude katte maak benoude spronge.Pleks daarvan om die President van Amerika
aan te pak omdat die kwansuis oningelig is,kan die pres Ramaphosa begin om aan gewone Suid Afrikaners veral die agtergeblewenes,te verduidelik hoe hy en vele ander
miljoeners en biljoeners geword het,terwyl 30 % mense wekloos is en 17 miljoen mense van staatshulp afhanklik is en daar meer opstande oor dienslewring is as ooit te vore,en alles van wieg tot graf in duie stort en terwyl hy adjunk was,staatskaping ongehinderd voort geduur het.

As hy dit nie kan doen nie moet hy liefs nie sy mond uitspoel oor Pres Trump.wat President is oor ‘n land waar die begroting van sommige state groter as die van Suid Afrika is.

VanAfrika ·

CR die Suid Afrikaanse manier is om die blankes te verstoot en te vermoor. Julle het oorlog teenoor ons verklaar en ons verwag dit enige dag. Vertel dit vir Donald Trump. Jou handlangertjies Malema en BLF skree heeldag hoe hulle ons gaan vermink en hul grond met ons oorblyfsels gaan bestrooi. Ons gaan vermoor word vir ons eie grond en besittings en ons eie land en jy blok die enigste mens wat ons kan help.

Flippie ·

Hoekom word daar vir ons gesê dat die onteiening sonder vergoeding sal wees. Maar as hy met die buiteland praat is dit onteiening volgens die grondwet en wette van die land.

Hy wat die president is by verskeie geleenthede gesê die grondwet gaan verander word on die grond sonder vergoeding te onteien. HOEKOM SÊ HY DIT NIE VIR DIE BUITELANDETS NIE. HY IS BESIG OM TE TE LIEG!

Flippie ·

Hoekom word daar vir ons gesê dat die onteiening sonder vergoeding sal wees. Maar as hy met die buiteland praat is dit onteiening volgens die grondwet en wette van die land.

Hy wat die president is by verskeie geleenthede gesê die grondwet gaan verander word om die grond sonder vergoeding te onteien. HOEKOM SÊ HY DIT NIE VIR DIE BUITELANDERS NIE. HY IS BESIG OM TE TE LIEG!

Paul ·

Priester Ramaphosa het nie ‘n idee wat se skade hy die land aanrig met sy grondonteiening sonder vergoeding nie, hy het nie ‘n idee wat se onsekerheid hy aan landbou aanrig nie, en hy het nie ‘n idee wat beteken voedselsekerheid nie.

Nico Brugman ·

Niks oor plaasmoorde -raak al net so erg as renosters wat doodgemaak word,laat Trump kom kyk hoeveel daar al koelbloedig vermoor is.

clipper ·

Wie is nou kastig die “meerderheid Suid Afrikaners” wat die grond moet besit? Ek is meer Suid Afrikaans as wat hy en 40m ander is. Dit is juis oor hierdie rassisme dat mense nie die grondkwessie ondersteun nie. ramaphosa praat uit n anc oogpunt, nie uit n Suid Afrikaanse oogpunt nie. As hy die belange van die land op die hart gehad het sou hy lankal die grondvergrype, die misdaad en die openlike haatspraak van die eff aangespreek het.

grondgryp ·

Gaan die mense van die Congo ook grond kry?
Die ouens wat op die oomblik karwagte by shopping center is? Em die Zim’s? En die Mosambiekers? Gaan hulle almal ‘n stukkie plaas kry ou rammapaddapot – hulle is ook seker deel van ‘jou mense’? Gaan die hele Afrika ‘n stukkie van ons plase kry? Ongelukkig gaan daar niks vir hulle wees om te aas nie – glo my. Dit sal alles vernietig word voordat hulle kan gryp.

DMC de Koker ·

Interessant hoe die regering aanhou dat Pres. Trump waningelig is, die man met die magtigste intelligensiedienste in die wêreld tot sy beskikking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.