Trust gestig vir Malema se taksskuld

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

ʼn Trust is op die been gebring om Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), se belastingrekening van R16 miljoen te vereffen.

“Die belangrikste motivering vir die stigting van die entiteit is om Julius Malema se beweerde belastingrekening van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) af te vereffen,” het Mandisa Mashego, voorsitter van die trust, gesê. Mashego en vier ander trustees het die trust, genaamd die JSM-trust, in Johannesburg bekend gestel. Die vyf trustees is almal lede van die EFF.

“Alhoewel ons EFF-lede is, is ons ook onafhanklike individue wat ʼn reg het om deel te neem aan die aktiwiteite van die land.” Die trust is op die been gebring na konsultasies met gekwalifiseerde prokureurs, rekenmeesters en belastingpraktisyns wat hulle dienste gratis aangebied het. Mashego sê die trust is gestig om Malema en ander individue wat deur die staat misbruik word, te beskerm.

“Ons is oortuig dat die saak wat teen mnr. Malema gebring is absoluut niks met die bewerings te doen het dat hy die SAID belastinggeld skuld nie. Ons is oortuig dat die ware bedoeling van die aksies is om die politieke aktiwiteite van Malema se frustreer, stil te maak en op te skort sodat hy nie sy regmatige en welverdiende plek in die politieke landskap van Suid-Afrika kan eis nie.”

Mashego sê die SAID het aanvanklik vir Malema ʼn rekening van R4 miljoen gestuur maar dat die bedrag tot R16 miljoen toegeneem het. Die trust beplan om die R16 miljoen teen die einde van April in te samel. “Ons sal die geld invorder van die miljoene simpatieke, gewone Godvresende-mense van Suid-Afrika.”

Malema moet die R16 miljoen aan die SAID betaal ten einde nie finaal gesekwestreer te word nie en sodoende sal hy ʼn parlementslid kan wees indien sy party genoeg steun kry in die komende verkiesing.

Lees ook:
Malema wil taks uitsorteer om in parlement te kom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Gaan kyk mooi waar daardie trustgeld vandaan kom. “Ons sal die geld invorder van die miljoene simpatieke, gewone Godvresende mense ” van Suid Afrika”. Ek wonder net, is hulle nie alreeds besig nie ? Hy lieg net oor die “simpatieke”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.