Tshwane-ambulansdienste opgeskort ná ‘provinsialisering’

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Terwyl al hoe meer gevalle van die dodelike nuwe koronavirus in Gauteng aangemeld word, het die Tshwane-nooddienste Maandag al sy ambulansdienste opgeskort.

Luidens ʼn omsendskrywe van Tanja Terblanché, waarnemende hoof van die nooddienste, het die administrateur verantwoordelik vir openbare veiligheid die bestuur van die nooddienste opdrag gegee om die dienste te staak. Die besluit kom nadat die Gautengse gesondheidsdepartement nie die Tshwane-metroraad se aansoek om ʼn bedryfslisensie vir nood- mediese dienste goedgekeur het nie.

“Daar word van personeel verwag om by hul aangewese nooddiensstasies aan te meld hangende verdere bevele van bestuur. Werkers sal deurlopend op die hoogte van verwikkelinge gehou word,” lui dié skrywe.

Alle mediese noodgevalle word voortaan na die provinsiale oproepsentrum verwys, het Terblanché in die skrywe gesê.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê daar is in hierdie stadium samesprekings tussen die stad en die provinsie oor die kwessie. Brandweer- en reddingsdienste, asook die stad se rampbestuursdienste word nie deur die besluit geraak nie.

Mabaso het gesê daar word intussen gekyk na maniere waarop nooddienswerkers steeds doeltreffend gebruik kan word. Die stad het meer as 70 ambulanse.

Die proses vorm deel van die sogenaamde provinsialisering van die dienste in Gauteng en ʼn soortgelyke proses is reeds by ander munisipaliteite afgehandel.

Kwara Kekana, woordvoerder van die LUR vir gesondheid in Gauteng, het gesê die kwessie moet teen die agtergrond van dié provinsialisering van die dienste gesien word. Gauteng het in 2009 reeds besluit om al die dienste onder ʼn provinsiale sambreel te sentraliseer en die proses duur sedertdien voort.

Vroeër is nood- mediese dienste aan munisipaliteite uitgekontrakteer. Die model was egter ondoeltreffend en duur. Gauteng was ook die enigste provinsie wat ná 1994 nie sy nooddienste gesentraliseer het nie.

Volgens die provinsie gaan die nuwe stelsel ʼn meer billike en operasioneel doeltreffende diens tot gevolg hê met ʼn enkele bestuurstruktuur en bevel-en-beheersentrum. Die gaan ook probleme met verskillende oproepsentrums uitskakel en beter samewerking tussen private en staatsnooddienste bewerkstellig, het Kekana gesê.

Sy het gesê die departement is verbind tot die beginsels van ʼn Gautengse stadstreek wat betref ʼn geïntegreerde aanslag tot dienslewering en die versekering van hoë standaarde deur die hele provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frankie ·

Is hierdie die eerste tekens van soos in die uitgelekte ANC dokument die sentralisering van alle dienste onder een bevelsraad

'n Simpelman ·

Leeg drein van geld en dan los.
Selfde pad as SAL, Prasa, Eskom, etc.

So hartseer.

Kokerboom ·

Die magsbehepte sentralistiese sosialistiese regering is besig om ons vryhede stuk vir stuk te kaap. Tyd vir praat is verby..ons moet doen!

Asgat ·

Dit gaan een groot gemors afgee…… hoe lank gaan n’ persoon nou moet wag vir n’ ambulans of nood voertuig……

Raakvatter ·

Dankie dan vir ER24. Ek het Maandag verlede week ‘n masiewe krises gehad en ER24, en hulle vriendelike personeel, en die ambulans man wat moed inpraat, my veilig by die hospitaal afgelaai. Dankie ER24. Nie een keer was corona ter sprake nie, net om die psiënt veilig by die hospitaal te kry.

Leon ·

Probeer vandag (of dan net voor die inperking ) om dringend n ambulans by n ongelukstoneel in Carolina te kry……. en die ambulansbetuurders is heel gewillig maar hulle mag nie reageer sonder opdrag nie.

capie ·

En dan is die een wat opdrag moet gee op lunch, siek, verlof of net nie by werk nie

Sarel ·

Doeltreffender diens????? Die ou sal die stelling moet definieer.

Leon ·

Jammer as ‘n minister siek word sit hulle hom in ‘n privaat ambulans. Hulle moet ‘n Gautengse Tshwane ambulans gebruik. Een wat nie loop nie. Dan kyk ons wat gebeur as hy nooit opdaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.