Die Tshwane-metroraad het Maandag ’n dringende interdik in die Pretoriase hooggeregshof bekom om ’n beplande staking deur die EFF onwettig te verklaar.
Die EFF in Gauteng het voormalige munisipale werkers genooi om vanoggend na die munisipaliteit op te ruk en aan te dring dat vullisverwydering- en kapasiteitswerkers heraangestel en terugwerkend betaal word. Die party eis ook dat sekerheidswagte en skoonmakers nie deur die munisipaliteit uitgekontrakteur word nie.
Die staking sou na verwagting om 10:00 begin.
Die stakers word egter nou ingevolge die interdik verbied om te staak. Hulle word ook verhoed om enige werkers van die Stad Tshwane op te sweep om aan die nou onwettige staking deel te neem en enige skade aan infrastruktuur aan te rig.
Die EFF moet ook die koste van die aansoek betaal.
Randall Williams, burgemeester van die Tshwane-metro, het vanoggend in ’n verklaring daarop gewys dat die EFF nie ʼn arbeidsorganisasie of ʼn vakbond is nie. “Die EFF is ’n politieke party en tog voel hy hy kan arbeidsprosesse in die Stad manipuleer om sy eie politieke agenda te dryf.
“Die hooggeregshof het egter vandag in die Stad se guns beslis en saamgestem met ons siening dat politieke partye nie toegelaat mag word om hul eie agendas te dryf deur hulself as vakbondverteenwoordigers namens voormalige werknemers voor te doen nie.”
Volgens Williams gaan die metro deur behoorlik saamgestelde forums en prosesse te werk wanneer hy by arbeidsaangeleenthede betrokke raak – “prosesse wat die EFF aanneem hy kan ignoreer”.
Maroela Media het vroeër berig onwettige stakings wat glo deur ʼn aantal werknemers van die Tshwane-metro gedryf word, lê dienslewering sedert 15 Maart in dele van die stad lam.
Die metroraad het verlede week begin om kennisgewings uit te reik om werknemers wat by die onwettige stakings betrokke was se werkskontrakte te beëindig.
EFF GAUTENG MARCH TO CITY OF TSHWANE,
The battlefield has never been a bad place for the dancing floor,
Mayihlome Futhi ihlasele#Asijiki pic.twitter.com/PRK1Zerlqp
— Economic Freedom Fighters Gauteng (@GautengEFF) March 26, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Hulle hits mense aan om dae lank aan onwettige/geldige staking deel te neem, die mense verloor hulle werk (nadat waarskuwings gerig is) en dan nooi hulle hulle terug om verder te staak en nonsens aan te jaag. As jy dom is, moet jy maar sukkel en jou kop elke keer teen dieselfde klip stamp.
MOOI SO!! Randall Williams dankie dat jy hulle in die bek ruk! Die klomp moet net groot word en nie soos babas aan gaan nie!
EFF is n politieke party wat deur Zimbabwiese gemors gelei word, die EFF MOET ASAP ontbind word en moet terug verban word na Zimbabwe waar hulle hoort.
Raak ontslae van die wat nie wil werk nie !!
Daar is baie wat werk wil he en sal werk.
Toe kyk deugniet op sy deegneus.