Tshwane bekommerd oor skerp styging in Covid-19-gevalle

(Argieffoto: pixabay)

Die Stad Tshwane sê ʼn kommerwekkende styging in Covid-19-infeksies oor die afgelope sewe dae is onder die stad se inwoners aangeteken. Die getal aktiewe Covid-19-gevalle wat Maandag aangemeld is, is vyf keer meer as die getal aktiewe gevalle wat ʼn week gelede aangemeld is.

Tshwane het Maandag altesaam 1 689 aktiewe Covid-19-gevalle aangemeld, teenoor die 362 gevalle ʼn week tevore. Die gemiddelde aantal nuwe gevalle wat daagliks aangeteken word, het ook in twee weke se tyd drasties toegeneem, van 50 nuwe gevalle per dag tot meer as 300 nuwe gevalle die afgelope week.

Die stad sê in ʼn verklaring dit is nog te vroeg om te praat van ʼn vierde vlaag, maar dat inwoners nou meer as ooit aan die nodige Covid-19-maatreëls moet voldoen.

“Die meeste bevestigde Covid-19-getalle is by die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Pretoria-Wes-kampus aangemeld. Ander areas met verhoogde infeksies sluit in Hatfield, Atteridgeville, Mamelodi-Oos, Centurion en Soshanguve,” lui die stad se verklaring.

Die stad is ook bekommerd dat mense van elders in die land die stad tydens die Kersseisoen sal besoek, wat moontlik ʼn verdere toename in infeksies kan meebring.

Volgens die stad werk hy intussen onverpoos om inwoners wat nog nie teen Covid-19 ingeënt is nie, te motiveer om die entstof te kry.

Maroela Media het Maandagoggend berig daar is tans meer as 19 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in die land. Meer as 500 nuwe gevalle is Maandag in Gauteng aangemeld, die meeste van al die provinsies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Deon ·

Almal wat nie kan somme maak nie en ook nie weet wat om hulle aangaan nie…. Onthou, 13: 03: 17 op 13 Desember slaan daai sg golf… Spul strooi

Anoniem ·

Met al hierdie inligting tot julle beskikking wat presies bepaal waar die “spikes” is, kan spesifieke gebiede wat brandpunte is alleen ingeperk word indien nodig. Dis nie nodig om die hele land telkens in te perk weens brandpunte in sekere gebiede nie.

Anke ·

Wel, ek het my vaccine gekry, plaas liewer die wat nie het nie onder lockdown! Hoekom moet ek ook gestraf word?

Anoniem ·

Bowendien kan jy nog steeds die virus versprei Anke. Die feit dat jy inge-ent is beteken net mooi niks tov verspreiding nie. Dit keer hoogstens dat jy ernstig siek kan word en sterf.

Anke ·

nou vir wat dra ek nogsteeds my masker en saniteer elke 30 sekondes?

Anoniem ·

Jy hoef dit nie in jou huis te doen nie, slegs in die publiek. Dis om ander te beskerm, jy staan nie alleen in die saak nie.

MakersMark ·

Stem. Oningeentes maak 99% van hospitaal admissions agv CV19 op. Steeds word daar gestry.

Dis my mening ·

Ag asb! Dis hoekom daar n 3 weke level 5 lockdown was, om die nodige goed in plek te kry vir n oorname passiente! Jul leef in n droom wêreld om te dink ons sal eendag normaal toe terugkeer as almal ge ‘jab’ is!

Jessey ·

Waar kan ons daai statistieke gaan opsoek? Of is dit net ‘n opinie? Miskien te veel Amerikaanse TV?

groenboer ·

Ja, as ek nou reg onthou, was dit eintlik die hele doel van die vyf-vlak inperkingstlsel: sodat verskillende gebiede verskillende valkke van inperking kon hê indien nodig.

Anoniem ·

Korrek, maar dis nooit toegepas nie, in plaas daarvan is die hele land onder inperking geplaas. Hulle behoort dit af te wentel na provinsiaal om te besluit wat is nodig. Dit sal terselfdertyd ook van die magsbehepte kopdoek ontslae raak, maar of die wil daar is, is te betwyfel.

Madeleine ·

As mense begin omval Langs die pad sal ek eers glo dis n pandemie! Of ons straatmense wat uit asblikke eet en buite slaap!?

Deon ·

Ek stem saam, ons indikator is ons informele nedersettings sonder ordentlike water en sanitasie

Yolandie ·

Presies!!! Al wat gebeur met die lockdowns, is daar is net meer en meer bedelaars op elke hoek!! Klomp gemors, die hele spul!

Rudi ·

Ja nee. Desember kom, nou moet die getalle weer op om weer meer regulasies in te stel..

Karel Kobus Kruger ·

Motiveer my om ingeënt te word. Ek luister aandagtig. Ek is die ene ore……:):)

Lourens CFG ·

Ek ook, maar maak ook nie saak nie, stel nie belang in die jab nie.

Deon ·

“Die gemiddelde aantal nuwe gevalle wat daagliks aangeteken word, het ook in twee weke se tyd drasties toegeneem, van 50 nuwe gevalle per dag tot meer as 300 nuwe gevalle die afgelope week” Nie n skerp styging nie, dit is tussen 47 en 48 gevalle per dag, dus is dit n daling vir 300 oor 7 dae….. 350 per week is 50 per dag? Iets maak nie sin nie

Alida ·

Daar moes gestaan het “meer as 300 gevalle per dag vir die afgelope week”.

Alexander ·

Wel, meeste mense dra mos nie meer maskers nie, veral juis die wat nie gespuit is :D

dr. Petronella ·

Hierdie nuus is net weer n manier om mense se vrees aan te jaag!
Van wanneer af word n mens so vinnig siek in die warm somer en dit in minder as n week??
Ek twyfel sterk aan die sogenaamde positiewe toetse! Ek het in hierdie amper 2 jaar nie naby n toetssentrum of hospitaal gekom nie! Wie is so gretig om getoets te word?
Hier is n slang in die gras!

Ek glo niks meer hiervan nie.

VaalDonkie ·

Ek neem aan mense wat siek voel en dokter toe gaan en die regte simptome het, word deur hul dokter getoets. Dis hoekom jy sien daar word 15000 toetse gedoen, maar net 500 is positief of wat ookal.

SlinkseKoljander ·

Wat n grap, dit word uit hulle duim gesuig net om nog maatreels in te stel.
Daar gaan ons vakansie, die enigste ding wat mense nog normaal kan laat voel.

ANC swaai weer die sweep en almal moet luister!

Jessey ·

Verkiesing is mos nou verby jong, nou het die virus weer lewe gekry, Hy het net bietjie gaan rus vir Desember

Christelle ·

Maak die syfers bekend van hoeveel van die gevalle is mense wat wel die inenting gekry het en hoeveel nie.
o oeps, dis nou as hul nie met die syfers gaan “kook” vir hul ‘narative’ nie.
Vra maar net.

Hennie Biebouw ·

daarsy, begin maar solank jul drank en twak opgaar…die kaders maak reg vir nog ‘n misrabele feestyd..

Papsak ·

Wat ons sover deur gedra het met corona virus was nie die dra van maskers nie maar GOD SEKRAG so ek glo net aan my GOD aan niemand anders nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.