Tshwane-burgemeester lei nog ʼn opruiming

Solly Msimanga, Tshwane-burgemeester (middel), lei ’n opruimingsoptrede in Marabastad wes van die Pretoriase middestad waar vuil en veral aan die orde van die dag is. Foto: ANA

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, het Woensdag ʼn multidissiplinêre middestad-opknappingsoptrede in Pretoria gelei, dié keer in die Marabastad-omgewing, wes van die middestad, wat onder misdaad en verval gebuk gaan.

“Soos met vorige optredes,” het die burgemeester gesê, “het ons ʼn kommerwekkende aantal oortredings van munisipale ordonnansies teëgekom; daarom sal sulke optredes ʼn gereelde verskynsel reg oor die stad bly.”

Hy het verduidelik optredes van dié aard word ook gebruik om soveel moontlik stedelike verval uit te wys en te stuit. “Dit sluit in vervalle geboue, misdaadbrandpunte en dwelmmiddel-misbruik om ons doelwit van ʼn leefbare, misdaadlose, veilige en vooruitstrewende stad te bereik.”

Van die suksesse wat behaal is tydens die teenmisdaadoptrede is die beslaglegging op 13 sakke vervalsde goedere ter waarde van R700 000, die terugkry van 26 munisipale vullisblikke en vyf kennisgewings wat deur die hoofstad se munisipale gesondheidsdienste uitgereik is aan mense wat sonder die nodige sertifikate handel gedryf het.

Msimanga het gesê hy is tevrede met amptenare se harde werk tydens en tussen sulke optredes. “Dié program bied ʼn uitstekende herlewingstrategie om ons doelwit van ʼn leefbare stad te bereik en moet as sodanig ondersteun word.”

Die burgemeester het alle sakeondernemings bedank wat daagliks die stad se ordonnansies gehoorsaam en het onderneem hy en sy raad sal aanhou om diegene te monitor wat wet en orde in Tshwane ondermyn.

Tydens die optrede het hy met verskeie sake-eienaars en inwoners gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Dit is ‘n baie goeie inisiatief. Hoop hulle doen ook iets drasties aan die dwelmnes in Pretoria Wes.

Lola ·

Ek hoop fonteine, Sunnyside, Arcadie, Gezina kry ook ‘n beurt om skoon gemaak te word.

Willie ·

As hulle ons n kans gee om saam in te kan gaan en skoonmaak sou hulle honderde kennisgewings moes uitskryf en baie meer as net 13 sakke vervalste goedere konfiskeer het. Maar dankie dat hulle ten minste iets hieraan probeer doen. Kom ons hoop dit eindig nie net hier nie.

Elize ·

Die hele Pretoria kort ‘n skoonmaak want die gemors wat net neergegooi word is mos geweldig swaar dit is hoekom dit elke keer die asblikke mis

Leon ·

Al bly ek nie in Pretoria nie, is dit verblydend om so iets te sien gebeur. Kom ons vertrou en glo dat hierdie nie net ‘n verkiesings foefie is nie, maar dat hierdie ‘n regruk initiatief is.
Baie dankie aan hierdie stadsleier wat persoonlik betrokke is!!

Al ·

Dis nie ñ verkiesingsfoefie nie.
Die DA bevoeg en toegewyd wat die ANC nie is nie.

DeVill ·

Daar moet weekliks sulke inspeksies gehou word en daar moet hard opgetree word!

Dryf die vrot uit en gee ons, ons middestad terug!

Hier in Bloemfontein ook ASB!!!

Vêrloop ·

Hierdie man sal vêr moet loop. Hy moes vroeër opstaan.

Elizabeth ·

Baie dankie! Die man stel ‘n voorbeeld vir ander stede. Ons het sulke mense en goeie nuus nodig.

D B ·

Wat ‘n grap. Nie die DA, ANC, EFF, VF+ of wie ook al sal ooit hierdie stad of land weer regkry nie, want die “mense” het al die regte, kyk nou maar bv. na gister se storie oor die ou met die beeskoppe in die trollie in JHB.

Ek bly nou al meer as 3 jaar in my “nuwe” huis. Ek betaal my rekening elke maand voor dit verskuldig is en vooruit. Ek betaal volgens die rekening elke maand vir “city cleaning”, maar daar het nog nooit, soos in die ou dae, iemand die straat waarin ek bly skoongemaak nie. Ek en my bure maak maar voor ons eie huise skoon.

Mr. Msimanga, waarom vat jy dan my geld elke maand? Julle kla gedurig dat die bevolking werkloos is, maar is hierdie dan nie ‘n goeie werkskeppings geleentheid nie?

zoom zoom ·

Dit is tyd dat die man ook ‘n draai kom maak in Centurion met Sy verkeersmanne sodat hulle die taxis kan vasvat wat maak soos wat hulle wil en Dan ook ‘n span wat die gras en bossies wat uit die teerpaaie groei uit Te spit. Ons betaal mos ekstra Om die stad skoon Te jou maar dit is net vir sekere gedeeltes.

Willie ·

Waar is die spanne wat altyd die buurte en stads gedeeltes skoon gehou het? Ek ry elke dan van Wonderboom deur Sunnyside, Sunnyside is n ashoop… Elkem oggende is data lettsels van die gesuipery, bottle breek, wegneem etes se gemors orlas…dit lyk soos n ashoop…

Mickey ·

Ek mis die dae wat hulle een keer n week die munisipale bome kom water gee het en dat die crime so laag was dat jy met n geruste hart jou gledjies by die voordeur kon los vir die melk man. Alles was netjies en skoon.

Nelia van Zyl ·

Baie mooi mnr. die Burgemeester. Ek is egter bevrees u sal beslis die middestad ook moet aanpak. En wat van Kilnerpark Queenswood en Waverley? Kom u ook hierlangs?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.