Tshwane-burgemeester maak nuwe komitee bekend

Foto: ANA

Foto: ANA

Die nuutverkose burgemeester van Tshwane, Solly Msimanga, het Vrydag die nuwe lede van die stad se burgemeesterskomitee by ʼn perskonferensie aangekondig.

“Ek is trots om hierdie span diverse en talentvolle dienaars van die publiek te lei. Ons sal as ʼn span saamwerk om die verandering teweeg te bring wat ons aan die mense van Tshwane belowe het en die verandering wat Tshwane so desperaat nodig het,” het Msimanga gesê.

Hy het gesê die nuutverkose beamptes sal teen die hoogste standaarde aanspreeklik gehou word.

Die raad bestaan uit 13 lede insluitende Msimanga, Rachel Mathebe, die speaker en Christo van der Heever, die hoofsweep. Die gesondheid en maatskaplike ontwikkeling-portefeulje sal deur Sakkie du Plooy van die VF Plus gelei word, terwyl Derek Kissundooth van die African Christian Democratic Party, die gemeenskapsveiligheid-portefeulje sal behartig.

Ander raadslede is:

Infrastruktuur – Darryl Moss;
Ekonomiese ontwikkeling – Randall Williams;
Paaie en vervoer – Sheila Senkugube;
Landbou en omgewing – Mike Mkhari;
Menslike nedersettings – Mandla Nkomo;
Sport, ontspanning, kuns en kultuur – Ntsiki Mokhotho;
Finansies – Mari-Lise Fourie;
Korporatiewe dienste – Cilliers Brink

“Die burgemeesterskomitee weerspieël die multiparty-aard van hierdie DA-geleide regering. Ons verwelkom die lede van die partye met wie ons ʼn multiparty-regering gevorm het. Ons sal van hulle verwag om mense met dieselfde entoesiasme en oortuiging te dien as wat ons van ons eie openbare verteenwoordigers verwag,” het Msimanga gesê.

“Hierdie burgemeesterskomitee is gereed om met nederigheid te regeer, om te luister na die mense wat vir ons gestem het en om so ʼn beter toekoms vir die inwoners van die hoofstad te verseker. Ons wil ʼn hoofstad lei waarop Suid-Afrika kan trots wees en hierdie mans en vroue, met hul verskillende agtergronde, is gereed om ons mense te dien.”

Msimanga is verlede week as Tshwane se nuwe burgemeester verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

FC ·

Die probleem wat vir hulle voorlê is om al daardie ANC ontplooide kaders aan die werk te kry.

Hendrik ·

FC jy bedoel die mense wat deur die “Affirmative Action” programme aangestel is. Ja nee die DA ondersteun ook hierdie AA beleid.

Mathilda ·

Ag Hendrik, hoe ondersteun DA die AA beleid – kyk na die komitee dan sal jy sien dit is nie AA nie!!!!!

Marina ·

Ek hou van sy aanstellings. Ek hoop regtig dat die DA ‘n verskil gaan maak in baie provinsies en hulle woord gestand hou!

Lance ·

Hoe die DA die plek gaan skoonkry weet ek nie …net vanoggend weer voor my in die verkeer mense wat rommel uitgooi in die ry .. sonder om te dink. Die sigarette wat ook net so uitgesmyt word by die motor is gevaarlik en net n vieslike gewoonte …kry ASB end met dit ! Hou jou rommel in jou kar en gooi dit weg by die vulstasie of waar dit hoort. Die illegal dumping goeie jimmel is n GROOT probleem …DA julle erf n groot gemors van die anc …sterkte !

Ou Bosvark. Ou Vlakvark, Ou Erdvark en Ou Krimpvark ·

In Australië sal die Australiërs die selfgesentreerdes vra” Don’t you want to be a member of a caring community?”

Opvoeding begin in die ouerhuis, nie in die skole en kerke nie.

Selfgesentreerde Suid-Afrikaners is ondermeer rommelstrooiers, hou groot honde aan tot ander se ergenis, jag snags met hul brullende motorfietse rond, jaag oor rooi verkeersligte, gesels op die selfoon terwyl hulle motor bestuur, en hou rasende huisalarmstelsels aan tot andere se frustrasie. En bowenal is hulle geen rolmodelle vir die jeug van Suid-Afrika nie.

Vele dorpe en stede se sypaadjies lyk al te natuurskoon met glimmerende kwartsiete en mika, of is dit triljoene glasstukke?

Ons varkerasie soogdiere skaam ons vir baie van die Homo sapiens sapiens soogdiere. Hulle stel nie belang om deel te wees van ‘n “caring community” nie. Al wat sal help is die strenge toepassing van wetgewing waar die ouers hulle pligte versuim het. Wie nie wil luister nie moet voel. So het ons ouers ons geleer.

Daan Erasmus ·

Mathilda. Gaan vra jou DA Raadslid wat die DA se AA beleid is. Die DA ondersteun “regstellende” aksie. Die feite is teen jou.

john samuel ·

Ai Daan, om die leun oor en oor te herhaal maak dit nie waar nie…. Die DA ondersteun Nie AA nie, en dit is ook nie in hulle manifesto nie. Vandaar die volgehoue steun aan die anc wat steeds populer bly vir hulle vermoë om tenders aan swart kadres toe te ken. Die DA glo aan “Best Person gets the job”. Dit is maar steeds net n paar suurgat persone wat nie die verandering in die lug wil aanvaar nie- vandaar die oningeligde opinies en kommentaar…..
Gaan jou wel

Johanna Botha ·

Net soos rasisme gedryf was vir die verkiesing deur die anc en dit duidelik nie gewerk het soos ons weet gaan die bee ook n stille dood sterf want dit werk ook nie ….hallooo die mense is landuit !

Alida ·

Ek glo die span is met die hand uitgesoek. Baie verteenwoordigend. Wanneer gaan julle leer dat die persoon wat die nodige kwalifikasies het en die werk kan doen voorkeur geniet ongeag kleur. Te veel blankes dink jou wit vel is n paspoort hemel toe. Word wakker.

oni ·

Alida ek stem saam jou. Mense klou nog te veel vas aan wat was. Almal weet dat dinge moes verander het en dit tyd is vir ons almal om hand by te sit en daardie DA te ondersteun om ook hulle by te staan om ons vorentoe te vat. wees tog n bietjie positief.

Johanna Botha ·

Oni en Alida dankie ek stem heelhatig saam ! Die beste man kry die werk …PUNT !

GJ de C K ·

Behalwe vir “brood” en “spele”, kyk met hoe min van die duursame dinge in die lewe het my volk tevrede geraak…

Hier is ‘n bietjie goeie ou raad: “Hou jou vriende goedkoop en jou vriendskap duur.”

Maar di’s ‘n les wat julle seker eers anderkant die “egskeiding” sal agterkom.

“Happy honeymoon!”

bompie ·

Alle voorspoed vir Solly en sy span. Mag God saam julle die paadjie loop en die land n beter land maak vir almal wat daarin woon.
Vanuit uit die Kaap.

bompie ·

Sterkte vir Solly en sy span. Mag God saam julle wees elke tree van die pad en met elke besluit wat geneem moet word om die land n beter land te maak vir almal wat daarin woon.
Vanuit die Kaap.

Donovan ·

Ek is verbaas om so baie gemiddelde ouderdom blanke mans in daai raad te sien… Miskien het die man n plan om dinge reg te ruk… Gee die span n kans en kyk wat hulle vermag na n jaar… Ek moet se ek is opgewonde oor die verandering en wees verseker die vergrootglas is op hulle…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.