Tshwane-burgemeester rig olyftak aan opposisie

Stevens Mokgalapa. Foto: ANA

Stevens Mokgalapa, nuutverkose DA-burgemeester van die Tshwane-metro, het Donderdag gesê hy het ʼn olyftak uitgehou na opposisiepartye, spesifiek die ANC en die EFF, om politieke verskille opsy te sit en saam te werk.

“Ek het die opposisiepartye versoek om toegewyd te wees en te verseker dat hulle konstruktiewe kritiek lewer en ook konstruktiewe oplossings bied. Dit gaan hoofsaaklik oor die inwoners van Tshwane,” het Mokgalapa aan joernaliste in Pretoria gesê.

“Plaaslike regering het die vermoë om verder as politieke partye te gaan. Al ons kiesafdelings wil basiese dienste hê. Daar is geen blou, geel of rooi water nie … al ons kiesafdelings wil toegang hê tot skoon water.”

Mokgalapa is verlede week as burgemeester verkies om Solly Msimanga te vervang. Msimanga het as burgemeester bedank om te fokus op sy veldtog vir die premierskap van Gauteng.

Die ANC het Mokgalapa sterkte toegewens en gesê sy termyn gaan moeilik wees weens die “wanbestuur” van sy voorganger.

“Dit is ’n ongelukkige situasie dat so ’n ordentlike, liberale heer hierdie chaos in die stad moet erf wat deur sy voorganger, die gesig van korrupsie, veroorsaak is. Jy erf R5 miljard in ongemagtigde uitgawes. Daar is niks ordentlik wat jy erf nie,” het Kgosi Maepa, voorsitter van die ANC in Tshwane, gesê.

“Jy erf ʼn stukkende motor met geen wiele, geen onderdele, geen spaarwiel, geen windskerm nie. Maak jouself dus gereed vir ʼn harde rit. Ons het gehoop dat jy sal praat oor die verskriklike situasie in ons stad … ons het nie ligte in die stad nie, verkeersligte werk nie, dreine is verstop. Jou voorganger het liederlik daarin misluk om uit te reik na die mense en hul probleme op te los.”

Moafrika Mabongwana, die EFF se Tshwane-voorsitter, het Mokgalapa gewaarsku om die wil van die stad se inwoners te respekteer. “Ons wil jou waarsku dat jy nie ʼn lui burgemeesterskomitee moet aanstel nie. Jy moet nie jou posisie misbruik om beamptes wat van jou verskil te terroriseer nie. Jy moet ten alle tye in belang van die mense van Tshwane optree en bowenal bo jou eie belange.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries du Toit ·

Sê die met die tanne. Ek stem nie DA nie maar Solly het n kar sonder n enjin geerf by die ANC. Verseker het hy beter gedoen as die ANC. Hy was nog afhanklik van die nasionale ANC wat die hele land opvoeter en dit maak dit moeilik om so te regeer waar armoede wyd strek tot in die munisipale omgewing

Cherokee ·

Snaaks dat mense wat vinnig gelees, ‘n skaflike Afrikaans handhaaf, sò struikel met Afrikaanse Gramatika. Opvoeter kan niks anders beteken as skop. (en ek is agv my omgewing) 95% Engelssprekend.

ZAR ·

Kort verduideliking:
DA: ons moet almal saam werk.
ANC: solank jy net doen wat ons sê sal dit goed gaan met jou.

Lynette ·

Die ANC praat die grootste twak op aarde. Hulle het Tswane vir 20 jaar opgeneuk en nou will hulle vingers wys na Solly wat 1000 maal beter gevaar het as hulle. Die hele ANC is korrup. Ek kan nie glo dat iemand sulke twak kan kwytraak (en homself seker glo) en dan verwag dat mense respek vir hom moet he nie. Dit wys net wat dink hulle van hulle mense se IK. Gelukkig skeer ek nie myself oor dieselfde
kam nie.

Elsa ·

Saam werk? Ons DA raadslid doen dan net mooi niks.

Sal maak moeilik gaan om weer vir DA in Tswhane te stem. Plek was nog nooit so vuil en verwaarloos nie

Vonny ·

Het jy n ander voorsien vir wie ons kan stem???? COPE OF VF????

riaan ·

Stem 100% met jou saam!

Stad is vuil, slaggate orals, verkeersligte wat nie werk nie, ens. ens. en dan is die rekeninge ook nog chaos.

Steve ·

Begin dan om die korrekte mense aan te stel!
En raak ontslae van die nat en vrot hout.

Lynda ·

“Vra my broer Jack, hy lieg nes ek”.
Die antwoord bly: “The proof of the pudding, lies in the eating”.
Politici maak die mooiste beloftes en die grofste foute…en wie ly daaronder?…Jan Publiek.

alida ·

Ek stem Sollly het ‘n vrot spul oorgeneem vanaf die ANC. Hy het in ‘n kort tydjie dinge probeer regruk en het daarin geslaag. Daar is darem een ding wat ek moet toegee toe die ANC in Tshwane regeer het was ons parke pragtig versorg en hulle het elke seisoen blomme geplant waar nodig. Dit parke is tans in ‘n haglike toestand die gras word nie eers gesny nie. Ek stem die DA moes van die oortollige personeel ontslae raak maar hulle moes begroot het vir tuine en parke. Verder is ek bly die DA het die geldsake darem onder beheer.

riaan ·

@Alida – die ewige solle en da cheerleader.

Pretoria het nog nooit so sleg gelyk soos nou nie. Dit is vuil, ligte werk nie, paaie is vol slaggate, vrkeersligte werk nie en metro polisie is besig met enige iets behalwe puntsdiens, ens. ens.

Ek weet ook nie wat jy bedoel met geldsake onder beheer nie. My munisipale rekening is al meer as twee jaar chaos en nie solly of enige van sy personeel of die MMC Fourie doen enigeiets om die probleem reg te stel nie!

Nee wat, as jy dink dit is beter leef jy in ‘n fools paradise!

riaan ·

@Alida Ongelukkig moet ek se dat jy nie weet waarvan jy praat nie!

Pretoria het NOG NOOIT so sleg gelyk nie en alles agv solly en sy onbevoegde gang.

Weet ook nie wat jy bedoel met geldsake onder beheer nie want my munisipale rekening is al vir meer as twee jaar in chaos en nie solly of sy stadsbestuurder of sy HFB of sy verantwoordelike MMC het of doen enigeiets daaromtrent nie.

Riaan ·

@Alida – Ja, baie minder probleme en ten minste het hulle reageer as mens kla. Solly het net belanggestel in swart stemme werf en gelukkig hou! Soos gese onder CancEr was die stad skoner, minder slaggate, minder robots wat nie werk nie, ens. EN ten minste het die anc burgemeester, sy MMC’s en amptenare reageer om klagtes. Solly en sy gang het gedink hulle doen ons ‘n guns deur net hulle werk te doen! Gaan nie beter gaan onder nuwe burgemeester nie tensy hy skoonmaak. Nuwe stadsbestuurder, nuwe HFB, nuwe MMC. finansies, nuwe bestuurder vir ” Credit control” (minstens een wat wetgewing, beleid en bylaws ken), ens.
DA mag dalk suksesvol wees in ander plekke maar my ervaring van da in Pretoria was om minste te se pateties en teleurstellend.
Antwoord dit jou vraag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.