Tshwane-burgemeester se besoek aan Taiwan is hoogverraad, sê ANC

Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

ʼn Onlangse besoek aan Taiwan deur Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, is hoogverraad en oortree die “Een China”-beleid tussen Suid-Afrika en China, het die ANC Woensdag gesê.

“Die reis ontbloot nie net die sameswering teen die BRICS-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) nie, maar ontbloot ook die beperkte begrip van mnr. Msimanga oor sy rol en magte en sy begrip van die funksionering van die drie vlakke van die staat wat onderlangs verbind word en inter-afhanklik is,” het die ANC Tshwane-koukus in ʼn verklaring gesê.

“Terwyl hulle terselfdertyd kragtens die Grondwet en die wette en beleide van die land optree, kan ʼn plaaslike regering nie enigiets doen wat teenstrydig is met die wette en beleide wat deur die nasionale regering opgestel is nie. Ons beskou hierdie besoek ongetwyfeld as hoogverraad en sal met die LUR van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en wetstoepassers vergader oor die implikasies van hierdie besoek.”

Msimanga het diplomatieke reaksie uitgelok toe hy Taiwan se hoofstad, Taipei, besoek het en waarskuwings van die departement van internasionale betrekkinge, om nie die land by te woon nie, geïgnoreer het. Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, het gesê die besoek is nie deur die regering goedgekeur nie en Msimanga is nie aangeraai om die land te besoek nie.

“Die Suid-Afrikaanse regering respekteer die Een China-beleid,” het Monyela bygevoeg.

Suid-Afrika se bande met Taiwan het tot ʼn einde gekom tydens oudpresident Nelson Mandela se administrasie in 1998 toe hy amptelik China bó Taiwan erken het. China en Taiwan het ná ʼn burgeroorlog in die 1940’s verdeel. Die twee lande geniet nog ekonomiese bande.

Samkelo Mgobozi, woordvoerder vir Msimanga, het die kritiek van die hand gewys en gesê die burgemeester is deur sy eweknie in Taipei genooi en hy het sy persoonlike verlof en tyd gebruik om beleggingsmoontlikhede in die land te ondersoek. “Om geleenthede vir ons mense te skep moet bó partypolitiek geag word en dit moet ʼn gesamentlike poging wees om alle geleenthede te ondersoek om ons mense uit armoede te bevry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Seker bang hulle skelm streke kom op die lappe daarom huil hulle nou

Johann ·

Ja nee; so kom die handakoene nou af. Die ANC sal ALS doen om hulself en veral hul pionne se doen en late te beskerm as dit kom by selfverrykende ” verhoudings” en ooreenkomste. Slefsug op sy ongesondste!

Duiwelse Advokaat ·

Solly Msimanga kon dalk net ‘n beter tyd gekies het en Donald Trump wat ook Taiwan waarskynlik gaan erken daar raakgeloop het tot voordeel van ons almal.

wilma ·

Govt stel net belang in cheap stuff uit China en as gevolg daarvan het baie SA hul werk in Tekstielbedryf verloor. SA Govt voel vere

Tiger ·

Wilma jy’s doodreg.Feitlik al die tekstiel fabrieke in die land moes hul deure sluit omdat zuma ooreenkomste met die Sjienese aangegaan het sonder om vir een oomblik om te gee hoeveel van sy eie mense hy in die rug steek daardeur.Dis eintlik skandalig van hom en steeds stem die onnosele en nou werklose idiote vir die anc kom stemtyd!Dis verstommend.

pieter ·

Ag asb ANC julle doen wat julle wil los die DA uit laat hulle hul werk doen. ANC kan maak soos hulle wil ma ander nie so spring in die see.

Maddox ·

Toe Trump met die Taiwanese eerste minister gepraat het, het die libs en China ook hulle speelggoed uit die kot gegooi. So die anc operate op dieselfde golf lengte. Mmmm wil my voorkom almal moet buig voor China, of is dit ‘n kwessie van almal (lande) is China se goedkoop prostetuut?

John ·

Ja, en dan steel Sjina ons land leeg van skaars wild vir hul ‘tower’-waarde, maar die regering verduur dit, sonder enige beswaar. As ons nooit ooit weer enige produk uit China of Taiwan hoef in te voer nie, sal dit ‘n blye dag wees.

Riaan ·

Ja nee. Nou weet ons verseker dat China die anc in hul sak het. Seker maar nes die Guptas – hul gaan net slimmer te werk. Waar op aarde het jy nou al gehoor n mens doen net besigheid met een land en nie n ander nie?

John ·

Goed, so hy was Taiwan toe. Vir watter rede was hy daar? Wil die ANC vir my sê as ek nou gaan vakansie hou in Taiwan dan pleeg ek ook hoogverraad? Die spul is besig om die land te verkoop aan die Chinese. As hulle dink dit gaan nou swaar in die land, wag net tot die Chinese heeltemal oorgeneem het.

GES ·

Duidelik kan waargeneem word dat die ANC nie die term hoogverraad verstaan of begryp nie. Staatskaping pas baie beter in by hoogverraad. Die wiel draai stadig en daar is al reeds ʼn hele paar ANC kaders wat nie meer lekker slaap in die nag nie. Die jaar 2017 gaan baie interessante dinge oplewer. Die Berleinse muur het in een dag geval …

zahn ·

En toe hulle, die anc in Tswane aan die roer was, was hulle nooit in die buiteland nie? Wat is dan nou skielik die groot sonde?

Bietjielaerverraad ·

Oeps, ek het in Orania oornag vir twee aande tydens my vakansie. Waar op die Slymregeringskaal plaas dit my in terme van verraad? Me thinks the ladies doth protest too much…

Ouman ·

Die chinese steel alles in Afrika van wild tot minerale. Hulle smokkel biljoene Rand uit Suid Afrika elke jaar. Belsstingonduiking en geldwassery is hulle bydrae tot die ekonomie. Dan smokkel hulle nog minerale en renosterhoring landuit. Al wat hulle insmokkel is mense sogenaamde humam trafficking. Die ANC en ander Afrika regerings is vasgevang in die chinese web mens kan maar net kyk maar na staatstenders in Suid Afrika en Namibia. Die ANC regering kyk ander pad as dit kom by die misdade wat chinese burgers in ons land pleeg want jy hoor nooit dat hulle skuldig bevind word aan misdrywe soos geldwassery, belastingbedrog en ander misdade nie. Die chinese sal Afrika melk tot daar niks oor is nie.

Nico ·

Solly moet vir Donald gaan kuier. Dalk kan Trump bietjie investeer in Pretoria.

Danie ·

Dan wonder mense nog hoekom niemand meer die ANC ernstig opneem nie. Klomp narre.

Pieter ·

Die ANC kan hul naam krater maak en teen Msimanga probeer optree. Hul gaan nog verder steun verloor!

Sally ·

ANC lyk my julle verstaan nie so lekker hoogverraad nie. Die ergste hoogverraad is as n regering toelaat dat goedkoop goed die land inkom van China af en dan sluit fabrieke en plekke waar ons mense vir dekades al werk om hulle gesinne te onderhou….en die rubbish wat inkom hou net 2 maande dan is dit flenters as gevolg van swak vakmanskap…waar ons eie produkte saam met die kinders oud word….DIT IS HOOGVERRAAD IN DIE ERGSTE GRAAD teen die burgers van die land….so moet nie n klomp snert kwyt raak as n ordentlike man genooi word om n ordentlike land te besoek nie…..julle jaloesie beskou ek ook as hoogverraad. Skrik tog wakker want julle koffie is koud.

magda ·

Ag ANC asb. vlieg in julle happy kanon……. China toe en bly daar !!!!

jaco ·

Ek wens eintlik die chinese wil SA oorneem. Onthou net in China is wet en orde, 1000 terregstellings PER JAAR, geen vakbonde met stupid eise en stakings nie. Christene word nou wel vervolg, maar dis n bitter klein ongemaklikheid om mee saam te leef teenoor die voordele van 100% wet en orde en n sterk steeds groeiende ekonomie sonder stakings en kragonderbrekings.

Aloys ·

Jy is reg Jaco. Die Chinese het hulle in baie lande gevestig , ook in Nederland. Hulle staan bekend as hardwerkende mense en hulle weet goeie raad met moordenaars. Dit ruk nou in Suid-Afrika heeltemaal hand uit. Die angs onder die wit mense moet vreselijk wees , op die platteland is die dood baie baby.

Alete Muller ·

Ek is ook oppad Taiwan toe. Gaan seker toegesluit word vir hoogverraad as ek terugkom! Hiehaaaaaa!!!!!

Onnie in Taiwan ·

Goed Solly was hier in Taiwan.Kan net ekonomiese bande met SA verstewig en SA n ding of 2 leer. Hier duisende SA onnies wat in Taiwan se onderwys ‘investeer’ so TW kan met tegnologie of self vullisherwinning in SA bele…Selfs die Taiwanese het n gly weg in China! Moet nie durf Taiwan met China vergelyk nie!

Clipper ·

My broer was as onderwyser in TW en is daar oorlede. Hy was n hele paar jaar daar en kon nie n pos in SA kry nie. R.I.P Andre!

Jakalas ·

Is dit enigsins verbasend van ‘n koministiese regering? Hulle is besig om beheer te verloor en hulle kan dit nie verdra nie. Nou voel hulle hoe magteloos ons voel teenoor wat hulle aan ons doen.

vermeende ·

Sal die dag ooit aanbreek waar die DA opstaan vir minderheid groepe en homself uitspreuk oor die volksmoord op blankes.
Weeg infestering swaarder as blanke lewens?

Skoon strate en woonburte met n werkinde staad diens betekin vir jou niks as jy te wit is om te werk om in daai skoon buurt te kan koop en bly nie.

Solly was wel op verlof maar die berig melt nie wie vir die kaartjie betaal het nie, Solly of die belastingbetaler.
Ek dink Solly (DA) het sy hand hier oorspeel met die amptelike nie amptelike besoek.

S ·

Die chinese besteel ons land al vir jare van belastinggeld en werkmoontlikhede vir ons miljoene werkloses. Gaan koop klere of iets in n Chinese winkel dan se hul vir jou jy kan nie met jou bankkaart of kredietkaart betaal nie. SLEGS KONTANT. Baie van daardie kontant gaan nie eers deur hulle geldtille of gaan deur op vals geldtille vir belastingontduiking en geld gaan so uit ons land uit. Ek koop glad nie meer by Chinese winkels of van hul kosse nie. Pleks dat ANC daaroor staak en kla as oor ander nietighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.