Tshwane-burgemeester sê Kerkstraat-bordjies is ‘rassisties’

Die nuwe naamborde wat aangebring is. Foto: AfriForum Jeug

Die nuwe naamborde wat aangebring is. Foto: AfriForum Jeug

Kgosientso Ramokgopa, die uitvoerende burgemeester van die stad Tshwane, het gesê lede van AfriForum Jeug wat Kerkstraat-bordjies aangebring het in Pretoria, het “rassisties” opgetree.

“Ons veroordeel die uitdagende optrede deur ʼn groep studente van AfriForum Jeug wat op 10 Januarie die ou Kerkstraat-borde bygevoeg het op WF Nkomo-, Stanza Bopape-, en Helen Joseph-straatnaampale,” het Ramokgopa in ʼn verklaring gesê.

“Die optrede was doelbewus om kwaad te stook by mense wat sterk voel oor koloniale simbole, argitektuur en kulturele installasies wat in ons openbare plekke op die voorgrond is, en die voortslepende maatskaplik ekonomiese ongelykhede tussen rassegroepe in Suid-Afrika,” het die burgemeester gesê. “Ons beskou hierdie onlangse betoging as nóg ʼn rasse-aanval op ons nasionale demokratisering en nasieboupogings. Dit is ʼn desperate poging deur die minderheidsgroep om die gees van ʼn ‘swart gevaar’ en die leuen te bevorder dat die Afrikanergemeenskap onder bedreiging van uitwissing staan as gevolg van die optrede van ʼn swart nie-Afrikaner regering.”

Volgens die burgemeester is ʼn regsproses steeds binne die regte van die studente, maar die onlangse optrede om die hele straatnaamproses om te keer, “pas presies binne die huidige herlewing van anti-swart rassisme en fascisme in Suid-Afrika”. “Dit is ʼn stryd wat alle Suid-Afrikaners moet stry,” het Ramokgopa bygevoeg.

“Ons is jammer dat die oortreders, nadat hulle in hegtenis geneem is, later vrygelaat is sonder dat ʼn dossier teen hulle oopgemaak is. Ons het gevolglik besluit om weer die polisie in Sunnyside te nader om onder andere klagtes van saakbeskadiging, vandalisme en skending van ʼn hooggeregshofbevel teen die leierskap van AfriForum Jeug aanhangig te maak.”

Volgens Ramokgopa bly die munisipaliteit binne sy reg om nie die ou name weer aan te bring totdat alle moontlikhede uitgeput is nie.

“Die stad Tshwane is oortuig dat die nuwe name ons ryk, wye verskeidenheid van kulturele en natuurlike hulpbronne, godsdienstige, etniese en historiese erfenis van die stad reflekteer. Ons doen ʼn beroep op die jeug, gemeenskappe en burgers om nie aan sulke kwaadwillige veldtogte deel te neem nie, maar eerder konstruktief sal deelneem om te bou aan ʼn Suid-Afrika wat aan almal behoort,” het Ramokgopa bygevoeg. “Ons sal steeds nasiebou en maatskaplike kohesie onder ons jeug bly bevorder en seker maak dat ons ontwikkelende inisiatiewe ten doel het om die rasseskeiding in ons stad te oorbrug.”

Ramokgopa het gesê hy sal in April tydens sy stadsrede ʼn maandlange program aankondig vir die 40ste herdenking van die 16 Junie 1976-betogings.

Lees alle vorige berigte oor AfriForum Jeug op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Celesté ·

Hoe is dit rassisties as die straat naam in 3 tale aangebring is?….. Die rassistiese kaartjie raak nou afgesaag!…..

Johan 2 ·

En ek dink dit raak nou uitgedien ook. Interresant dat hy praat van die “minderheids groep” in die VSA slaan daardie groep die kutaar. En ons was defnetief nie die “kolonialiste” nie, daai titel is vir die engelse (wie se taal hy so graag bevorder). ANC gemors is al wat hom pas.

kobieK ·

Wanneer iemand iets rassisties noe en dit is nie werklik rassisties is is die persoon n rassis

J.Z ·

WONDER ,die naam kerk st rassities of is Stanza Bopape die rasistiese naam,as jy iets bo het sal jy kan oordeel.behalwe as jy n agtergeblewende is.

Christine ·

Ek stem so saam, alles is deesdae rasisties – dit is ver verby afgesaag…………..mense leer nuwe woorde en wil dit elke dag gebruik…….gepas of nie.

Marieta Joubert ·

Die standbeelde kan maar gevandaliseer en beskadig word. Dit is nie rassisties nie maar naamborde is. Snaaks dat rassisme net voor wittes se deure gele word
Hulle kom weg met alles.

Totius ·

Bou niks, geen innovasie, plak oorals, 4miljion wesies wat ons moet voed, 11miljoen op sosiale welfare. Tans rand op R17/$ en ons mag niks sê nie.

Kaspaas ·

Blah Blah tipiese rasistiese komentaar van n rasistiese party en regering.

Pieter.v ·

Maar dit was nie rassisties toe hulle die straat name verander

Michael ·

Ramokgopa ken net die woord rassisties wat dit beteken weet hy nie

Liewe lulu ·

Wat van naamborde in al 11 amptelike tale. Dalk sal almal dan gelukkig wees

PJ ·

Lyk my die woord rassisme word nou n groter “hit” as “apaithyt” danksy die ancancer

Manie ·

Pasop dat die uitgeslape anc nie besig is on die aandag af te lei van al sy horde probleme met aanvalle op sogenaamde rassiste. Hierdie is mense wat destyds opleiding in komunistiese Rusland gekry het om propganda oorlog te voer.

Johannes ·

Wonder wat dit is waarvan hul wél ons aandag vanaf wil lei

Boertjie ·

Kan enige iemand vir my se waar was VF en maaitjies se jeug gewees? Die is nou ‘n goeie voorbeeld waar al ons partye se jeugdiges moet saam staan en ons moet dit toelaat. Hoekom net in PTA? Hoekom nie oor die hele land so skuif gemaak nie? Ons moet beter komminukasie begin aan dryf tussen stede en dorpe vir so beweging. As dit reg oor die land gebeur het, sou dit baie groter indruk geskep het en ‘n goeie punt gemaak het en langer in media gebly het. Presies wat ons nodig het om weer hoop te gee en op te staan.

cowboy ·

Hulle is klaar besig om oorlog te voer teen ons, maar dis n stil oorlog. Hulle sal nooit amptelik oorlog verklaar teen ons nie, want dan gaan duitsland en n paar ander lande ook inspring om ons te kom help. En dit weet hulle al te goed. Dis hoekom hulle ons in die nag kom uitmoor terwyl ons slaap.

Yolande Nelson ·

Ek stem met al die kommentaar saam, maar wat my dronk slaan is die feit dat die ou die woord Kerk/Kereke/Church met rassisme vergelyk – gaan die ANC lidmate dan nie kerk toe nie – BORING!!! Baie van die swartes weet ook nie waarheen om te gaan wanneer hul nuwe straatname moet soek nie, want hul sukkel nes ons ander om plekke te kry

Dirk T ·

He he he
Mnr die uitvoerende burgemeester van ons stad Pretoria. Ooral gaan julle blatante rassisme en diskriminasie teengestaan word deur ‘n minderheidsgroep wat al goed keelvol is.

TM ·

Ag nou het ons regering weer ‘n nuwe woordjie geleer. Pasop, hoe meer ‘n mens iets gebruik hoe minder effektief word dit en hierdie woordjie is nou al klaar afgewater. Ons skrik nou al lankal nie meer nie.

Karel Sieta ·

mnr die sogenaamde burgermeester, kies ‘n vinger (-: Bg is spesifiek daarop gemik om kommentaar te lewer op ‘n vlak wat jy kan verstaan – die hartseer deel is jy verdien R1 mil per jaar en dit om meesal twak te praat……

Suzette ·

Karel hehe jy is so in die kol daai R1 mil per jaar is die heel hartseerste ne, en dit vir twak praat om nie eers van die IK te praat nie.

GES ·

Hyself het nog geen bydrae gemaak tot die verbetering van enige dienste in die stad Pretoria nie. Inteendeel, hy het al by ‘n vorige geleentheid ‘n konsert gereël, miljoene Rande bestee aan afro-amerikaanse kunstenaars wat nooit opgedaag het nie en ‘n konsert wat nooit gerealiseer het nie met belastingbetalergeld. As daar kriminele vervolgings gedoen gaan word behoort hy ‘n gewisse kandidaat vir die verkwisting van belastinggeld te wees.

Asjas ·

En daai ou wat sy “Lost Lover”, “Abortions” en “P@nis Enlargements” ORAL plak? Selfs Stop tekens toe plak, dis maar okay?? Waar is die vandalisme en saakbeskadiging sake teen hulle?? Dis vieslik, onooglik en bevorder ‘n swak kultuur waar jong mense rond slaap want jy kan ‘n aborsie op elke straat hoek laat doen!!
AfriForum Jeug, julle bordjies is netjies – dankie.

Jaco ·

Ek hoop hulle gaan die studente betaal vir die werk wat hulle gedoen het vir die metro. Dit Moes al gedoen gewees het. Bitter min mense wit of swart weet eers nie Wie die persone is na Wie die strate vermoed is nie.

Pierre ·

Die hof het gebied die regte name moet terug. Die anc stadsraad weier.

chrisp ·

He he he.
Nogal argitektuur,so by my kool.As hulle nou alles wil verafrikaniseer breek af die parlementsgeboue en bou umgungundlovu oor net soos wat die argitektuur was daai tyd (dit is nou daai een wat Dingaan afgebrand het).As ek nou umgungundlovu herdoop na Kruger huis is dit nou westerse argitektuur? Maar nou ja ek predik vir die bekeerdes.

Wat nou duidelik vir my raak is dat rassisme die dooie perd gaan wees wat die drie dieselfde partye gaan opsaal met die verkiesing,Die EFF ry hom al geruime tyd ,die DA tweede en nou kom die ANC by met alle mag.Daarom dat mense wat geen invloed op die land het nie selfs deur die DA geteiken word .

Tanja Davel ·

Jip. Eers was die woord “apartheid” op hulle almal se lippe. Nou is dit “rassisties”. Ag shame. Wat is volgende?

Niel ·

ALLES wat ‘n wit persoon nou doen of sê is potensieël rassisties!!

Louis ·

As Afrikaanse monumente geskend word deur swart mense…is dit nie ook rassisme nie? Oo dis mos net wit mense wat rassisties kan wees.

Louis ·

As monumente geverf of geskend word, is dit nie rassisties nie? Ag jammer, net wit mense is mos rassisties.

Riaan ·

Ai, as die Afrikaner net sy verstand wil gebruik. Hierdie onnosele optrede gee vir die ANC sommer ‘n klomp stemme wat dalk na die DA toe sou gaan in Tshwane. En dit vir wat? Om ‘n simboliese weerstand te bied? Dit sou baie beter gewees het om iets te doen wat die swart bevolking van Pretoria oortuig hulle gaan beter af wees onder ‘n DA plaaslike regering as onder die ANC. Afriforum het so pas die teenoorgestelde gedoen. Die swart man wat dit oorweeg het om teen sy eie instink maar vir die DA te vertrou, sal waarskynlik nou tweemaal dink. ‘n DA plaaslike owerheid sou moontlik die straatname terug verander het. En al hou jy nie van die DA nie, dit is die enigste realistiese hoop vir ‘n beter toekoms. Maar nou dryf julle die stemme eerder na die EFF toe. Gebruik bietjie die grys goeters tussen julle ore.

Adele Hoffman ·

Ag liewe goeie genade….een van die dae gaan die woord swart ook seker rasisties wees!

Willem Grobler ·

Met “konstruktief deelneem” bedoel hy ons moet alles wat die ANC vir ons opdis sluk sonder om te protesteer of tee te praat.

HEVW ·

Die man se ore moet weer warm gevryf word met die hofinterdik dat die vorige naamborde in plek moet kom. Dit is mos skoon moetswilligheiheid dat hy nie gehoor gee nie en van die reg n bespotting maak. Nou is die geleentheid daarvoor.

pieter ·

Lekker lag ek nou op al hierdie kommentaar. Hoe dom is ons afrikaaners nie! Wie van julle het al ooit gewonder hoeveel swartes het saam die boere geveg in baie rasse oorloe in die groot trek tyd. Ons skyf almal weg en begin kla en hoop dit raak beter. Ons is nie “street wise” nie. Ons doen dit verkeerd en gee hul gapings vir die soort aanvalle op rassisme. Daar is minderheids swart kulture wat uitgemoor word wat met graagde bereid is om saam ons te staan. Ons bou nie allies nie, die is afrika, nie ‘n wit land opm wit allies te he nie, ons moet baie gaan na dink wat ons wil he en kan ons die alleen verslaan. Ons moet die bewusmaking van kulture in swart nasies begin versprei en hul begin herhinder wie so uitgemoor was en wie nie, en wie behoort bo en wie nie. Swart en wit gaan ons ons alies sien, ons moet die kultuur tussen nasies begin uit beeld. Wie was die swart nasies wat saam ons boere baklei het? Ons moet hulle weer nader dat ons in massa kan opstaan teen die een.

Boertjie ·

Ek wil graag weet, hoekom is steve so stil. is dit omdat dit nie met boere te doen het nie en uiteindelik vir al ons mense? Waar o waar, dit is nou waar die ware jakob sy kleure wys..

Paul dB ·

Boertjie, verander asb jou sg naam hier. Jy is net so ‘n gekerm soos die rasistiese burgermeester. Hoekom tart jy vir die Ffp en vir Steve? Wat wil jy nou daarmee beryk? Jou twee kommentare is on van pas man! Stop dit om net verdeling te saai!

Berhalet Beukes ·

Waar is jou webblad waar jý moeite doen?Enige aksies van jou kan ag wat ons kan naslaan of soek jy maar net skoor Boertjie?

Berhalet Beukes ·

Korreksie, enige aksie van jou kant af.. Boertjie?

Boertjie ·

Paul db, Ek het geen slegte intensies gehad met my vorige kommentaar nie. Dit is net ongevraagd om slegs oor boere in die land te bekommer terwyl die res van die blankes onder die selfde gemors is. Ons jeug het al ‘n draai gaan maak by verskeie boere om ongewerkte grond te gebruik vir behuising vir armes en self beskikking. Hulle eie tuine op rug, hul eie water aan dra en self hul arbeid aan die kook kry om te oorleef en terselfde tyd die boer veilig hou met 24 uur patrollies op die plaas tussen die gemeenskap. Ons was bereid om te help borg vir houd huisies en almal het ons weg gewys tot dusver. Steve is slegs vir die boere met grond, bitter min van sy uitsprake dien almal in die land. As hulle ernstig is oor veranderring sou ons nie so vinnig weg gewys gewees het nie om spore te maak van die plaas af nie, en dit is om ons mense te help. ALMAL, nie net plaas eienaars nie. Net so terloops, ‘n boer is nie net die wat grond het nie. Almal van ons is boere en die bitter einders is die wat nog nie immigreer het nie.

Dawie ·

Julle verstaan nie mooi nie, hy wil die borde swart met wit op geskryf he.

Janneman ·

Rasisties. Wys jou net hoe min mense verstaan dié stelling. Noem dit rasisties, ek noem dit geen respek vir die wet. Hoeveel hof sake moet daar nog gewen word om die eenvoudige stadsraad te “oortuig” om die borde se name terug te plaas soos dit was ? Dit moes maande terug al verander gewees het, maar nee ons is die ANC en ons maak soos ons wil !

Fanie ·

As die hof gelas het dat die ou straatname weer moet opkom, dan is dit mos hy en sy linie wat die wet oortree en minag. Verstaan Ramaghopa dan nie wat is skending nie?

Wim Kotze ·

Nee, dis nog nie ‘n skending nie. Ramokgopa wil eers die Boere- belastingbetalers se bydra gebruik vir nog ‘n appèl.

Berhalet Beukes ·

Ja nee kyk…. Môre sal my kar se kleur seker ook rassisties wees!

Blommetjie ·

Ag tog die stories raak nou al afgesaag!!! Kry tog n LEWE !!!!

Ras ·

In die land is slegs blankes rassiste, o ja en moenie vergeet nie, almal het deel aan die kammekastige vrye demokratiese land, solank jy nie blank is nie.
Ek wonder as dit nie vir die kolonialiste was nie watse Suid-Afrika sou hulle gehad het om die laaste 20+ jaar so te vernietig.

Louise ·

Mnr. Burgemeester, hierdie minderheidsgroep dra die land en betaal JOU salaris!

NEL ·

Alles wat die wittes doen is verkeerd in die oe van die swart regerende party. My vraag is nou hoekom wil hulle wit wees deurdat hulle reguit hare in vleg om so die wittes na te maak.

Ramokgopa moet liewers sy mense uitstuur en die hofbevel gaan uitvoer alvorens hy die jeug dreig met regs stappe.

Pixie ·

Ek wonder hoe voel Ramawhatever oor die Palestyne wat onlangs hul straatname teruggesit het in die Wesbank na Israel dit eensydig verander het!

Ek verwed my HELE menswees, hart en siel, hy sal PRESIES die omgekeerde te sê hê.

Ekke ·

Ek wonder nou, as ‘n swart kat wit kleintjies kry, of ‘n wit kat swart kleintjies, is dit ook rassisties?

neelsie ·

Swart rasisme vier hoogty in RSA.
Is hulle onaantasbaar?
Dekmantel van totale onvermoe.
Patetiese, selfbejammerende persoonlikhede.

Ronell ·

NEEEEEEEEEEEEEEEEEEE ons wil net het toeriste moet weet waarheen om te ry. Dis maar al……!

SUSANNA ·

Alles is altyd rassisties. Wat as hulle se “our people” dit is rassisties, “our people will be helped first”. Op nasionale TV word elke aand rassisties op getree – mens sien dit elke dag. Kerk straat is Kerk straat, so sal ons dit vir altyd onthou, ek praat nie van die huidiglike naam as ek in ‘n gesprek is met iemand nie, want daai persoon kom ook van daai tyd af.

Rina Pretorius ·

Wie het die land in die eerste plek opgebou, ek meen maar net om te se, ons bou en betaal en hulle vat verniet en verniel dit dan ook tot op die grond toe

Loeis ·

Dit is eintlik lagwekkende uitsprake: name soos “Kerkstraat” het absoluut niks met kolonialisme of met politiek te doen nie. Die name wat die ANC raad aan strate gee, egter, is niks anders as polities nie.

Soos Johan terreg hierbo opmerk is Afrikaans ook nie ‘n koloniale taal nie, Engels daarteenoor, wat die burgemeester by voorkeur gebruik, is wel.

Dit lyk verder of die burgemeester baie graag wil he dat wat die jongmense gedoen het, ‘n misdaad moet wees. Wat ironies is, gesien in die lig dat sy raad reeds ‘n hofbevel in die verband verontagsaam, as ek reg onthou.

Die burgemeester se stellings oor kolonialisme laat mens ook dink aan naamveranderinge in Kaapstad waar neutrale name verander is, maar Milnerton net so gelaat is.

Die kinderpartytjie duur voort…

Johannes ·

Wie betaal jou salaris agtergeblewene? jy het die wet oortree deur net die name te verander, afriforum het dit net herstel. maar wag, jou dag sal kom en dit gaan nie mooi wees nie.

ST ·

Die naam Tshwane is ook rassisties……..

Nog al die jare word als op rassisme geblameer gaappppppppp dit raak nou afgesaag!!!

Gert ·

Ek wil net vir Karel se dat ek aan hom n epos gestuur het so paar maande terug,om hom te vertel hy sit en twak uitdink en n helse salaris ontvang,sy woorde terug aan my was gewees nogal van sy kantoor af,as die skoen my pas moet ek dit aantrek,wys jou maar net

Barry ·

1 Timoteus 2: 1-2 Bid mense..BID!Dit is ons enige redding en niks anders nie.As God dan vir ons is,wie kan teen ons wees??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.