Tshwane-burgemeester se sertifikaat glo vervals

Dr. Murunwa Makwarela (Foto: Twitter)

Die Pretoriase hooggeregshof sê nou daar is nóóit ’n sertifikaat uitgereik wat verklaar dat die nuut aangestelde burgemeester van Tshwane, dr. Murunwa Makwarela, gerehabiliteer is nadat hy in 2016 insolvent verklaar is nie.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se hulp sal nou ingeroep word aangesien dit voorkom dat die sertifikaat wat vandeesweek by die Stad Tshwane ingedien is, moontlik vervals is.

Verteenwoordigers van die veelpartykoalisie in Tshwane het ook reeds aangedui dat hulle strafregtelike aanklagte teen Makwarela sal indien, in die lig van bewerings dat Makwarela bewustelik vervalste en bedrieglike dokumentasie aan die Stad Tshwane verskaf het.

Tumelo Refilwe Ledwaba, hoofregistrateur van die Pretoriase hooggeregshof, het dit Vrydag in ’n brief duidelik gestel dat die ingehandigde sertifikaat wat op die oog af blyk om ’n bevel van die Pretoriase hooggeregshof te wees, “nooit deur dié hof uitgereik is nie”.

“Ek bevestig ook dat geen rehabilitasiebevel aangaande die partye genoem in die betrokke dokument ooit uitgereik is nie.”

Ledwaba het die saak na die kantoor van die Valke verwys vir verdere ondersoek.

Makwarela is sy pos as raadslid kwyt nadat dit aan die lig gekom het dat hy in 2016 insolvent verklaar is, en nie bewyse kon lewer dat hy wel gerehabiliteer is soos hy aangevoer het nie.

Die metro het egter Donderdag aangedui dat ’n sertifikaat die oggend deur Johann Mettler, stadsbestuurder van Tshwane, ontvang is.

Die sertifikaat is kwansuis in 2018 deur die hooggeregshof uitgereik en verklaar dat Makwarela gerehabiliteer is.

’n Kopie van die sertifikaat het sedertdien die lig op sosiale media gesien en laat die wenkbroue dadelik lig. Makwarela se naam is onder meer in dié dokument verkeerd gespel en die embleem boaan die dokument is foutief.

Die lettertipe wat in die dokument gebruik is, wek ook agterdog.

Die veelpartykoalisie sê hy “is verbysterd deur die skaamtelose en oneerlike politiekery wat daartoe gelei het dat die metro gedestabiliseer en dienslewering ontwrig is”.

“Die inwoners van die Stad verdien integriteit en aanspreeklikheid van hul verkose verteenwoordigers en die veelpartykoalisie sal verseker dat die mense van Tshwane dit nie ontsê word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

miraclealigner ·

Miskien is dit wat die EFF (onder andere-) wou wegsteek nadat hulle (soos hul styl is-) amok gemaak het…

miraclealigner ·

Ag toe bedank hy ook maar. Goed so. Erken nie skuld nie maar nou ja, los dit maar daar…

Cherokee ·

Nee, los dit nie! Bedrog is bedrog! Jy sal aligne moet word..

JohanR ·

Moes gese die sertifikaat uis gou daar in ‘n agter straat van Pretoria gekoop.

Republikein in die Wes Kaap ·

Oops, die “doktor” is nou kniediep in die dinges. Maar die regime sal seker help en hom erns aanstel as ambassadeur.

Manie ·

Grote genugtig mense, daar is geen skaamte nie, hulle pleeg bedrog asof dit roetine takies is. Die rede daarvoor is natuurlik die feit dat daar geen gevolge is nie.

Blomkool ·

Ek is geskok dalk moet ons n minster van geskok kry hy Sal goed besig wees

Sobymykoolkop ·

ń geskokte minister dan as ek jou nou reg verstaan.

Amelia ·

een so skelm soos die ander kyk wat minister van elektriese tyd aangevang toe hy burgermeester was in tshwane

TruthDealer ·

Oh my word..dis soos n sepie. Wat sou mens dit noem?” “Chronicles of Corruption” klink reg.

Bernard ·

Miskien moet die koalisie ook verduidelik waarom hulle raadslede wat na die WesKaap en Nieu-Seeland verhuis het, steeds betaal het asof hulle werkende raadslede was. Tussen R7 en R9-miljoen is hier te sprake

Kokerboom ·

Kan sê ek het dit gister voorspel!! Die kaders is so openlik voorspelbaar. As hul hul mond oopmaak lieg hulle….dus toestand van SA

domheks ·

So gaan die sirkus voort. Net die groot groen tent kort nog!

Henry ·

dit is mos wat almal gesè het toe hy die sertifikaat getoon het. hoe onosel dink hulle is ons

Vlooitjie ·

En in ‘n vorige berig het hy nogals ‘n media verskoning geeis van Mettler.

Cornrit ·

As dit waar is, is hierdie ou drek, n ander woord vir gemors. Dit wys jou net dat sekere mense ALLES moontlik sal doen om n posisie te beklee. Jare gelede het Oom John Vorster gesê dat politiek n vuil speletjie is. Nou wys dit maar weereens dat sy woorde waar was.

skurweberg ·

Nou is die handskoene en maskers finaal af. Hy moet homself maar regmaak vir groot kritiek van die publiek wat belastingbetalers is. Waar het hy sy Dr-graad verwerf?. Dit moet ook maar ondersoek word. Hierdie insidente bevorder nie die verhoudinge in SA nie, inteendeel.

annie ·

Is/was die ou ‘n mediese dokter of ‘n doktor. Na dese, as hy skelm was, sal hy appels moet gaan verkoop saam met die anties onder die jakarada-boom, wat ook nie nou wil blom nie.

Pieter ·

Suid-Afrika het ‘n sirkus geword. Moet mens lag of huil oor die skandes ? Ai wat gaan van ons kinders word in die land. En nou het hulle my laat weet ek is “retrench” by my werk – nou ja- so gaan dit seker in ‘n land wat geen vooruitgang het nie.

Dries ·

Is daar geen perke aan hierdie mense se skelmte en korruptheid nie.Maar oom John het ons gewaarsku.Maar geluister het ons nie.Nou suffer ons meer as wat ons met sanksies sou gesuffer het.Die Afrikaners sou n plan gemaak het.

Johann ·

Absolute vermetelde arrogansie. Plain skelm! Geen gewete. En dink hys onaantasbaar. Waars die ANC en EFF wat hom “verkies” het? Hulle handpop se bolla loop nou teen hulle arms af.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

. …ja nee, dis hoe hulle rol. Van die een bedrieglike aksie na die ander. Dalk moet julle die uwe tordok se doktorsgraad ook maar nagaan vir egtheid. Mens kan hulle om die dood toe met absoluut niks vertrou nie, hierdie donker volk van ons. Julle maak my naarkies!

Faraway ·

Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig . . .

Tino ·

Hy gaan niks oorkom nie, hy bleik in elkgeval meer bevoeg te wees as al die ander skelms in die kabinet

Sarel ·

Die probleem by Tswane soos ek dit sien:
Die Koalisie baklei te veel.i.pv. dienslewer asn inwoners.
Daar is ‘n party in die koalisie wat , soos voorheen deur die ANC geinfiltreer is en hulle sal moet wakker skrik

Blue Butterfly ·

Ek wou regtig vir hom die voordeel vd twyfel gegee het toe hy rehabilitative bevel ingehandig het en almal hom gestenig het. Dat iemand wragtig so laag kon daal! Hy moet maar sy pyne vat… o vergeet ek nou daar is NOOIT nagevolge nie.

Jr ·

Thieves, liars en alles wat verkeerd is.Ek het hierdie een sien kom van n myl af

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.