Die Demokratiese Alliansie se Solly Tshepiso Msimanga is Vrydag deur die nuwe Tshwane-raad as uitvoerende burgemeester verkies.
DA-raadslid Rachel Mathebe, nuut verkose speaker van die raad, was aan die stuur van die verrigtinge.
Msimanga was die enigste genomineerde en daar was luide toejuiging uit die banke van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) toe hy as burgemeester verklaar is.
Christo van der Heever, ook van die DA, is oomblikke later as die nuwe hoofsweep van die Tshwane-raad aangewys.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Ek is so bly maar woedend oor die ketting wat kwansuis “gesteel” is. Die ANC moet rekenskap gee en dit vervang uit hul eie sakke. Skelms
Mooi so Solly ons weet julle gaan nou alles weer reg ruk sodat Pta weer n mooi skoon stad sal wees. Dankie DA.
Vanmiddag die rem pedaal met my voet begin soek toe ek n bloulig brigade sien aankom. Toe die skok… Binne 4 ure na ons n DA burgermeester kry sien ek vir die eerste keer in my lewe hoe hulle met flitsende ligte en loeiende sirenes by n rooi lig stop!
There is a new sherif in town :-)
Winde van verandering waai …die DA het n geweldige taak om 15 jaar se verval in 5 jaar te herstel en te verbeter..sterkte dit gaan nie maklik wees nie
Freedom!!