‘Tshwane het ANC-verkiesingsveldtog befonds’

Benjamin Disoloane, die hoof van die EFF in Tshwane en streeksvoorsitter. Foto: ANA

Benjamin Disoloane, streeksvoorsitter en hoof van die EFF in Tshwane. Foto: ANA

Die EFF het Donderdag aanklagte van korrupsie en wanadministrasie teen Kgosientso Ramokgopa, die voormalige burgemeester van Tshwane, verskeie beamptes van die stad en die ANC, by die Pretoria-Sentraal polisiestasie ingedien.

Benjamin Disoloane, streeksvoorsitter en hoof van die EFF in Tshwane, het gesê die aanklagte hou verband met die gebruik van advertensieborde in die stad tydens die afgelope munisipale verkiesing. “Die advertensieborde is deur die Stad Tshwane bespreek om provinsiale regeringsprojekte te adverteer. Teen die einde van die munisipale verkiesing is die advertensieborde egter deur die ANC gebruik,” het Disoloane gesê.

“Ons open hierdie saak omdat ons glo Tshwane het die advertensieborde gehuur. Tydens die verkiesingstydperk het daardie advertensieborde net Jacob Zuma se gesig op hulle gehad.”

Volgens Disoloane wou die EFF ook advertensieborde op verskeie plekke in die Tshwane middestad gebruik in aanloop tot die verkiesing op 3 Augustus, maar kon nie, omdat die borde reeds deur Tshwane gehuur is. “Die stad se finansiële hulpbronne is op bedrieglike wyse gebruik om die korrupte en nuttelose ANC se verkiesingsgeluk te bevorder in hul poging om weer te wen. Ten spyte daarvan het die inwoners van Tshwane steeds die korrupte ANC verwerp,” het Disoloane gesê.

Matthew Gerstner, Tshwane-burgemeester Solly Msimanga se woordvoerder, het gesê nog korrupsie in die vorige administrasie is intussen ook ontbloot. “Burgemeester Solly Msimanga het forensiese verslae wat multi-miljoene rande se korrupsie deur die vorige regering ontbloot en verskeie ander aanklagte sal binnekort ingedien word,” het Gerstner gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koos ·

Kap hulle manne. As ons hulle nie op regeringsvlak kan aanvat nie, vat hulle aan op munisipale vlak

John ·

700 miljard al misbruik deur die ANC… dis ‘n gering-skatting… Die eerste ding wat die Bloemfonteinse ANC-munisipaliteit glo gedoen het na die verkiesing is om kaartjies vir die komende musiekfees vir stadsraadslede aan te koop. Nou sal baie werkstyd weer ingeboet moet word vir die regte uitrustings. Die DA gooi wal want die stad is aan flarde maar die jol rol voort…. Talle Kubane, glo kundiges, bly ook op munisipale koste in gastehuise in die stat(d) om te help met die waterkwessie… te lekker… Die burgemeester & kie sal dalk ook weer ‘n besoek, soos onlangs, aan Kuba moet bring… vir ‘n paar skaars sigare?

Petro ·

Is dit waarop ons belasting betalers se geld vermors word. Dis ‘n skreiende skande.

Sara ·

Nooit het die Verwoerd regering so gesteel nie. Pasop vir die EFF hulle baas moet nog sy belasting betaal. Ek vra myself af hoe het ons ons self in hierdie penarie gekry en wie sit agter alles

Retha ·

Eis elke sent terug van hulle, verkoop julle karre en huise, maak hulle bankrekeninge leeg. Hulle kon soveel minderbevoorregtes se lewens beter gemaak het met dit. Armes kry swaar, sukkel sonder werk en hulle leef in weelde. Sies man.

lynette ·

En so dom!!!! Hulle sien wat op party plekke gebeur het met verkiesing, en in plaas van hulle werkswyses te verander, bly hulle geld mors as of hulle maar net kan voortgaan met hulle korrupsie. Dom astrant ad jy my vra.

REAList ·

Die ANC se nagmerrie het begin.
Hulle het 85% van die begrotings verloor.
As die ou kontrakte gaan eindig gaan die sports begin.
Zuma en Luthuli huis het nie ‘n benul wat op hulle wag nie.
Ek sien ‘n hele paar kaders gaan in die tronk wees na dese.

Koos1 ·

Looi hulle EFF.
Ek hoop dit is waar en dat hulle bewyse het, want as dit die waarheid is glo ek een van die land se grootste siviele eise is op hand.
Ek hoop die ANC word persoonlik daarvoor verantwoordelik gehou en die weer dat die belasing betaler moet opdok vir die hofsake ens. nie.

Doris ·

Dit is hoekom ons sulke verkeerde krag en waterrekeninge kry ons stuur ons lesing in op die datums wat die lyste sê dan kry jy die rekening dan het hulle sommer net geskat sommer dae voor die datum wat ons dit moet doen partykeer is dit sommer 45 dae so verkil dit van mens tot mens gaan sien jy hulle dan belowe hulle jou hand en mond volgende maand sal dit reg wees maar dit hou net aan ,lyk my hulle dink ons is idoote. en moenie eers praat van die verskriklike regstellings wat dan gedoen word nie want ek glo nie hulle weet hoe om n regstelling te doen nie.So hulle moet maar ons mense se lesings vat en nuwe rekenings uitstuur so gou as moontlik nog hierdie maand want hulle sê elke keer die volgende rekening sal reg wees maar daar gebeur ook niks nie. GEE ASB. REKENINGS MET DIE REGTE LESINGS DAN BETAAL ONS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.