Tshwane het ʼn nuwe burgemeester

Stevens Mokgalapa. Foto: DA

Stevens Mokgalapa is Dinsdag as die nuwe burgemeester van die Tshwane-metro aangewys.

Mokgalapa het beloof om onvermoeid te werk om die lewe van Pretoria se inwoners te verbeter.

“Ek sal ʼn burgemeester van aksie wees en ten einde my belofte te hou, sal ek fokus op die stabilisering en heroriëntering van die administrasie.

“Die stad kan slegs sy mandaat nakom as ons ʼn stabiele administrasie met geskoolde amptenare, asook geld in die bank het om dienste te lewer en daarop fokus om die mense van Tshwane te dien.”

Die DA was die enigste party wat tydens die spesiale raadsvergadering ʼn kandidaat benoem het om Solly Msimanga te vervang. Msimanga het as burgemeester bedank om te fokus op sy veldtog vir die premierskap van Gauteng.

Die EFF het tydens die raadsvergadering aangedui dat hulle ʼn fout gemaak het met hul ondersteuning vir Msimanga. Moafrika Mabongwana, die EFF se Tshwane-voorsitter, het gesê sy party ondersteun nie die nominasies of verkiesing van Mokgalapa nie aangesien hulle nie veel van hom weet nie.

Mokgalapa het ʼn graad in politieke wetenskap en ʼn honneursgraad in internasionale betrekkinge van die Universiteit van Pretoria.

Hy het in 1999 by die DA aangesluit waar hy eers ʼn raadslid vir nege jaar was. As parlementslid het hy gedien as skaduminister van menslike nedersettings. Hy is tans die skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johanna Botha ·

Net n paar pointers vir die nuwe burgermeester ….die straatligte is n probleem van die ligte brand 24/7 maw vermors BAIE krag …iets wat on almal probeer spaar. Dan werk van die ligte gladnie en van die ligte is weg so brand nooit nie. Verder is van die pale skeef of omgery en netso gelaat …..nie een straat se ligte is reg nie ! Verkeerstekens en aanwysings borde word omgery en netso gelaat vir maande. Onkruit groei oral uit veral waar die randsteen en die teerpad bymekaar kom …nou krqak die teer op en moet hele pad byna vervang word ! Dis net n paar goed…en hou op nuwe straatligte instaleer as jy nie eers dit wat jy het kan onderhou nie !

SANET ·

ennn…baie sterkte,sommer vir ali onvriendelike negatiewe mnr+mev Botha’s in Pta ook….

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Huur gerus,vir mev.Johanna Botha as u, nuwe lyfwag,sy klink opi bol…

Benjamen ·

Baie geluk aan die nuut verkose burgermeester. Sterkte met u werksaamhede. U wyse oom van my het een dag genoem dat n man se woord en daat dieselfde moet wees. En n belofte maak skuld. So maak skoon en reg wat verkeerd is. U het nou Baie mag. Gebruik dit opreg en dan Sal u en AL di inwoners van Pretoria goed slaap elke nag. Sien uit na n goeie leierskap en werklike veranderings. Geen maar geen verskonings. Asb tog.

GRIET ·

BAIE…GELUK EN BAAAAAÍE STERKTE VIR JOU NUWE AMP…..
MNR.MOKGALAPA…OM JARELANGE SKADE EN VERWAARLOOSING UIT TE WIS ????

Gert van Wierdapark ·

Ter inligting aan die nuwe Eerste burger. Pretoria soos ons hom geken het, bestaan nie meer nie. Hy kan gerus probeer om Tshwane se inwoners se lewe te verbeter!

Dienkie ·

@Gert, ek stem saam met jou dat Pretoria nie meer is soos wat ons hom geken het nie.
Mnr Mokgalapa kan gerus begin om Pretoria Wes op te ruim want hierdie spesifieke voorstad van Pretoria het in ‘n rommelhoop verander. Dit is veral in die omgewing van Vom Hagen en Ketjenstrate wat in ‘n rommelhoop verander het. Dit is as gevolg van al hierdie rommel dat die inwoners gepla word deur ‘n rotteplaag in Pretoria Wes.

Nog ‘n aspek wat aandag nodig het is die besoedeling in die Apiesrivier in die omgewing van die Laagwaterbrug in Capital Park. Hierdie rivier kort ook ‘n groot skoonmaak.

aj ·

Ons gee jou ‘n kans Burgemeester Mokgalapa!

Moet ons nie teleurstel nie!

Amanda ·

Sterkte ek hoop jy kan Pretoria/Tshwane weer terug kry tot sy eertydse glorie, die mooi stad , woonbuurte, wat dit was want dit het ñ vieslike vuil verwaarlose plek geword. Hoop ook jy kan die Poort tussen Pretoria-Noord en die stad uitsorteer dis chaos. Sorteer ook die taxi’s uit wat elke dag mense se lewens in gevaar stel. Daar wag ñ groot taak op jou skouers, al wat mens kan sê is sterkte.

Db ·

Ek hou van die word “skaduminister”. So is almal van hulle net skaduwees en sien of hoor jy niks wat gedoen word om die stad te verbeter nie. Nou het ons ‘n “skaduburgermeester” gekry want hy sal ook soos die skim wees – weet van hom maar sien hom nooit

riaan ·

Ek het nie gedink dit kan erger in Pretoria gaan as to msimanga in beheer (????) was nie, marr ek het ‘n sterk vermoede dit gaan binne kort baie erger gaan??

Kom ons hoop ek is verkeerd.

christa ·

HOOP VIR DIE BESTE BROER MAAR KYK MAAR EERS OF HY PYP KAN ROOK EK IS MAAR BAIE NEGATIEF OP DIE STADUIM OORV ALLES IN SUID AFRIKA WAT OP N TYD N LAND VAN OORVLOED EN DANK WAS SOOS KOM ONS MOENIE TE BLY RAAK NIE MY AREME MAN WAS WERK SAAM BY CENTURION BUILDING MAINTINCE HY GAAN VERVROEGDE PENSION EINDE FEBR. AS GEVOLG VAN KURUP

TSHWANE ·

NOG ‘n leë blik – met BAIE geraas ….
en die verkiesing lê om die draai ….

LÍEWE GENADE,TOG! ·

GÉÉÉÉ…DIÉ MAN Ñ KANS EN KÝK NET EERS OF HY KÁN…asb tog!!!

WAT VAN,OM HOM TE SEËN EN LEWE TE SPREEK OOR ONSE JAKARANDASTAD….pleks van om summier negatief, te wees, aanvallend te wees en prozak te gaan koop vir depressie en vrees…..???

Annie ·

@ LIEWE GENADE TOG! Ek glo elke een wat kommentaar lewer wil die man n kans gee en hom seen in sy nuwe amp…… MAAR natuurlik sal die morale laag wees want ons word elke keer teleur gestel. Die feit dat hy n skaduminister is….. wat de hel is dit? Ek hoop hy klim uit die skadu’s uit!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

OORKOM DIE BRUG van vrees en terleurstellings maar.. Annie!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.