Tshwane: Inwoners gemaan om water te bespaar

Argieffoto

Rand Water het Maandag bevestig dat waterbeperkings moontlik die Stad Tshwane in die gesig kan staar indien inwoners nié begin om water spaarsamig te gebruik nie.

Volgens die stad se departement van water en sanitasie is hy Donderdag deur Rand Water ingelig dat reservoirvlakke laag is as gevolg van hoë temperature die laaste twee maande en die vraag na water.

Rand Water het gesê die huidige ontrekking van water uit die Vaaldam, om te verseker dat inwoners nié sonder water is nie, oorskry die limiet wat deur die departement bepaal is.

Bongiwe Zwedala, waarnemende hoof van water en sanitasie, het gesê dié nuus is ʼn boodskap aan inwoners en sakeondernemings in die stad dat water dringend meer effektief en spaarsamig aangewend sal moet word.

“Almal word aangemoedig om anders te dink oor die manier waarop hulle water gebruik en om daarop bedag te wees om dié skaars hulpbron te bewaar. Waterbesparings moet deel van ons leefstyl word,” het hy gesê.

Zwedala het gesê die waterbesparingsmaatreëls wat in die verlede ingestel is, moet weer as belangrik geag word.

Inwoners word aangemoedig om water só te bespaar:

  1. Indien moontlik, installeer ʼn laerdruk stortkop en krane in jou huis.
  2. Maak gebruik van ʼn “dual flush”-toiletstelsel.
  3. Plant inheemse plante en bome in jou tuin en ook plante wat vir lang tye droogtes kan oorleef.
  4. Moenie jou tuin tussen 08:00 en 17:00 natlei nie.
  5. Vee jou oprit met ʼn besem in plaas daarvan om dit skoon te spuit met ʼn tuinslang.
  6. Vang reënwater op om jou tuin nat te lei of motor te was.
  7. Bedek jou swembad om waterverdamping te verminder.
  8. Stort eerder as bad.
  9. Draai die krane toe terwyl jy tande borsel of jou gesig was.
  10. Meld waterlekke onmiddellik aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Hy word op Evander betig oor sy rojale waterverbruik. Sy antwoord is ” Wat?, hierdie water in hierdie kraan sal nooit opraak!!”

Eugene ·

Maak die waterlekke reg !!
Ek smeek julle AL 4 maande om die lek in my straat reg te maak
#H&M

Mauritz ·

Leer nou uit die Kaap se foute mense, water gaan opraak, SA sit al jare lank met die probleem, dink vir jouself voor jy water gebruik en mors

TJOL ·

Dit reen so baie hier, vang julle weer nie die water op nie? Moet ons dit nou weer VIR julle doen by ons huise met JOJO tenks? Hou op dreig en strooi praat en bou opgaardamme en hou op sluise oopmaak dat die water uitloop .. doen waarvoor julle aangestel is en hou op om die inwoners altyd te dreig OMDAT JULLE NIE JULLE WERK DOEN NIE! Help nie ons indiwidue spaar water en die munispaliteite en fabrieke mors water nie .. sorry .. dis of almal of niemand.

JB ·

One hele land gaan met n water probleem sit, want ons infrastruktuur is nog nooit aangepas vir die groei van die populasie nie. Begin om die damme groter te maak en meer stelsels in plek te sit om meer water te kan stoor en hou op om net om die landsburgers staat te maak om die crisis te verlig! En onthou as julle die selfde pad gaan loop as ons in die kaap gaan julle seker ook binnekort extra water heffings betaal!

snoefie ·

gaan kyk gerus in daardie gebiede waar water gratis is, hoe word dit daar misbruik! hou op om betakers te dreig en doeb gereeld inspeksie waar die straatkrane 24/7 loop omdat niemand 1c daarvoor betaal nie.

RB ·

Ek het nie nou die ware feite beskikbaar nie, maar iets klink nie reg nie. Hoe kan daar nou al reeds weer waterprobleme wees? Hopelik kan iemand die ware feite verskaf.

Willie ·

Imigrante raak al hoe meer, illegals nog meer… hoeveel water het ons?

URSULA ·

GROOT WATER LEKKE IN DOORNPOORT PTA
Loop in Breedt straat af 2x dae al

URSULA ·

GROOT LEKKE IN DOORNPOORT PTA
water loop al vir 2x in Breedt straat af

Chris van der Merwe ·

Skenk net onmiddelik aandag as persone waterlekasies rapporteur. Wag al 3 weke dat hulle die lekasie by my meter moet kom herstel. Die vorige keer het dit 13 maande geneem om die lekasie te herstel. Dit was ‘n jaar terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.