‘Tshwane is blou,’ sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA

Mmusi Maimane, leier van die DA

Met nagenoeg 20% van die munisipale stemme wat nog in die Tshwane-metro getel moet word, het Mmusi Maimane, die DA-leier, gesê sy party gaan die leisels van die hoofstad oorneem.

Teen 17:30 het die ANC naelskraap voorgeloop met 42.73% van die stemme teenoor die DA se 42.19%.

Maimane het egter gesê die DA se vooruitskatting dui daarop dat dié party die Tshwane-metro gaan wen en dat die vooruitskattings tot dusver akkuraat was. Hy het terselfdertyd Solly Msimanga, die DA se burgemeesterskandidaat, gelukgewens. Maimane het benadruk dat dié “oorwinning” op hul vooruitskattings geskoei is en sou dié party nie wen nie, dat die DA sy eie regering sal vorm deur koalisies met kleiner partye.

Die EFF het 11% van die stemme getrek en daar is sprake van ʼn koalisie tussen die EFF en DA. Dit is egter nog nie amptelik nie.

Glen Mashinini, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het gesê die amptelike uitslae van vanjaar se munisipale verkiesing sal Saterdag om 18:00 amptelik by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria bekendgemaak word.

Mashinini het gesê die uitslae van 21 889 van die 22 612 verkiesingswyke was teen laatmiddag afgehandel. Die res behoort voor middernag getel te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Kaufman ·

ek skat eerder dat die ANC met sowat 2 percent gaan voorloop. Ek raai 41persent vir DA en 43 vir ANC. Dit was n groot kans wat Mmusi gevat het om so n afkondiging te maak. Ek sou nie, maar dalk spring daar n haas nog uit die laaste stembus.

Kaufman ·

Lyk my ek was verkeerd en die Mmusi Model akkuraat. Die situasie vir hulle draai nou baie goed uit.

Kobus ·

Hi Kaufman, jy is heeltemal korrek. As mens na die kaart van bv Johannesburg metro gaan kyk, sal jy kan sien watter wyke se stemme is al geregistreer en watter moet nog inkom. Meeste tradisionele stedelike woonbuurte (Noord en Wes veral – die “ou” SA woongebiede) se wyke het DA gestem , dan kan mens sien Soweto en bv Alexandra het ANC gestem, so dit was dan nie moeilik om te sien waarheen die skaal gaan swaai toe daar gesien is baie van daardie stadswyke se stemme moes nog inkom nie. Ook weet hul organiseerders op die grond wat verwag kan word.

Dieselfde met die ander gebiede soos Pretoria/Tshwane.

James ·

DA en EFF…. en die wittes hou aan stem vir die DA. Die wittes stem dus vir hul eie ondergang.

Anti DA ·

Net so James net soos toe hulle ouers ja gestem het in die referendum en daarna toe hulle gestem het vir kortbroek nou het hulle al weer ‘n fout gemaak luister wat sê malema in sy onderhoude

Eugene ·

Wel die VF+ het gesak van 0. 9% tot 0. 7%. Shame en julle is trots op julleself! Geen faktor nie! Bly liewer stil!

Wern ·

Witmense wat vir DA stem is soos swartmense wat vir ANC stem. Nie baie rasioneel nie. DA is goeie party vir ryk engelse in stede en swartmense, maar nie vir Afrikaners nie.

Thuunda ·

Ja James, ek kan dit ook nie kleinkry nie. Die hele westerse wereld het hierdie dwase siekte op lede.

Amanda ·

Johannes, om jou uit te spreek oor wat jy dink God eendag gaan sê en hoe Hy mense gaan beoordeel, is onvanpas. Die trant van jou kommentaar hoort nie op maroela nie.

Ekwilibrium ·

Liewe genade, die hoeveelheid teemende Jansalies met eng visie onder ons is skokkend! Julle besef julle is deel van ‘n land met 56 miljoen burgers? My bloed kook soveel soos julle s’n oor plaasmoorde, misdaad oor die algemeen, marginalisasie van Afrikaans, korrupsie, ens., maar om te glo dat Apartheid onverpoosd kon voortbestaan? Sotlik, eng en selfsugtig. Die VF+ is ‘n waardige party met goeie beginsels; ten minste is hulle bewus van die huidige werklikheid en groter prentjie. Julle spul moet ‘n EFF ekwivalente party vir blankes stig, slegs gebaseer op hol propaganda gedryf deur haat. Ek wil in ‘n WERKENDE demokrasie leef, waar swart en wit kan saamstaan en alle burgers veilig kan wees.

Kosie ·

Hi Julle slimmes, Ek gaan nou ‘n vuur aan die brand steek.
Gaan Google : Behoort ‘n Christente stem Deur David C. Pack baie insigewend. Julle sal al julle anwoorde daar kry. Direk uit die Bybel. Skreeu maar -Stenig hom. Dis OK.

KarooKlong ·

Skaak vraag. As jy ‘n antwoord kry gaan dit skaakmat wees.

James ·

Maak gereed vir die dark ages want om jou heil te vind in die blouspan gaan ons defnitief daar uitbring. Die DA in SA is soos Merkel in Duitsland – polities korrek tot só ‘n mate dat die kultuur vergaan. PS; begin solank slegs Engels te praat, want die DA gaan SA nóg vinniger angliseer as die ANC.

Amanda ·

4.5 miljoen blankes. 56 miljoen Suid Afrikaners. Die DA is ons enigste hoop. Daar is gerugte dat die dat die VF met die ANC onderhandel vir n koalisie…

Sarie ·

Die ANC het die VF+ genader maar hulle het nee gesê. Prof Kotze dat die DA gaan nie n keuse in Johannesburg en Tswane as om met die EFF n koalisie te vorm. Dis net so erg as die VF+ en die ANC

Kobus ·

Sarie, ek lees elders daar word voorsien dat daar tot soveel as 24 hangmunisipaliteite gaan wees. So daardie rade gaan meer stry, baklei en sukkel om diens te lewer, besluite sal nie geneem kan word nie, hulle sal mekaar gedurig toets, met allerhande goete kom om die ander een te troef. Kyk hoe het dit tot voor die verkiesing in Potch gegaan. Nou het die toevoeging van ‘n bankrotmunisipaliteit die ANC die oorhand gegee.

Die DA sal ernstig wees om hul kant te bring, maar die ANC en EFF sal nie aan die kiesers eerste dink nie, maar net aan hulself en speletjies speel/destruktief wees soos in die parlement om so punte te probeer aanteken, intussen gaan die agtergeblewenes maar weer daaronder lei.

Mens sal nou vorentoe sien wat gaan gebeur, dalk gaan daar in daardie gebiede nou nog meer mense ontevrede wees, nog meer staak, toi-toi en snaakse dinge aangevang word, optogte hou, breek af, edm. Dalk kom daar net groter ongelukkigheid en onstabiliteit.

Arina ·

Eugene die munisipale verkiesing gaan nie bloot oor persentasies nie. Ek is trots sover het die VF+ 56 setels verower wat meer is as met die vorige verkiesing. Die doel is bereik vir koalisievorming soos in die Hessekwa munisipaliteit wat Riversdal en omliggende gebiede bedien. DA en ANC elk 8 setels en die VF+ met hul 1 is die beslissende setel. Dankie aan almal van alle partye wat teen die ANC gestem het

Eugene ·

Arina soos jy die VF+ verdedig in n enkel/e geval moet ek dan ook my vriend bedank dat hy ook @ die ANC gestem het nl.vir die EFF wat die DA in Jhb, Tshwane en Nelson Mandela gaan help?

Arina ·

Amanda in plaas daarvan om ongegronde berigte te glo van koalisie tussen die ANC en VF+, gaan lees gerus wat Pieter Groenewald vir Cyril Ramaphosa wys gemaak het oor die skilpad en die skerpioen, dan sal jy gou weet die gerig is onwaar. Moontlike liberales wat wil diskrediteer

koos ·

Ek wonder indien die DA Thswane in palm of dan te duur gaan wees om die parlement daar heen te skuif.
Ek meen jy kan mos nie so baie geld aan iemand anders se plek spandeer nie behalwe nkantla. Ek wonder maar net kom ons kyk maar wat gaan gebeur.

Joe ·

Ek stem eerder vir n party wat 30% van die stemme kry as 0.8% daar is ook n duidelike verskil tussen Kaapstad se dienslewering en hoe dit tans in Tshwane gaan. Die VF het net nie genoeg om enige verskil te wee te bring nie. Ek kan ook nie sien hoekom die ANC n koalisie van enige soort met die VF sou wil stig nie. Kan geen verskil maak aan hulle hoeveelheid setels nie. As DA Tshwane oor neem hoop ons vir verandering in dienslewering.

Helen ·

Ai tog, dit gaan al lankal nie meer oor swart en wit!!! Dink tog net ‘n bietjie verder as ras en kleur……

James ·

Nie oor kleur nie? Lankal? Jy is hoog op DA koors ou Helen. Vir die DA, EFF, ANC ens gaan dit oor ras. Wat is kwotas en SEB dan nou anders as ras? Dit gaan méér oor kleur as ooit tevore.

Helen ·

Ai tog, dit gaan al lankal nie meer oor swart en wit!!! Dink tog net ‘n bietjie verder as ras en kleur……

s ·

Helen ek stem saam met jou. Die verkiesing gan oor dienslewering en nie oor ras en kleur nie!!

Max Berg ·

Stem nie vir hulle wat terroriste en verraaiers aanbid nie !

piet pompies ·

Om n koalisie te vorm klink vir my om jou kiesers te verraai en dan op die einde swaai die stert die hond

Kobus ·

Jip, soos die EFF wat nou vermakerig is. Niemand wil met hulle in koalisie gaan nie, maar die DA het nie ‘n keuse in JHB en PTA nie, dalk gaan dit daar hangmunisipaliteite bly. En al die ander partye het dan nou teen die ANC se onbevoegdheid en korrupsie geveg, waarom sal hulle nou met die ANC ‘n koalisie wil vorm, dis mos om jou kiesers te verloën.

Jani Joubert ·

Well done DA. Ek is trots om vir DA te stem. Hier gaan dit oor die beste pad vir SA en op die oomblik is dit awesome om met die blou groep geassosieer re word. Hier kom n verandering. En ons het dit nodig. Gesonde politiek. So trots.

Frans ·

Eff sam Da in tswane wi gaan dan nou dan die pleke afbreuk en aan die brand steek

anna ·

DA hou by julle woord werk hard doen wat julle belowe het met groot verkiesing dat ons almal vir julle kan stem julle het nou die geleentheid DA DA DA ONS KAN SAAM STAAN

M A ·

Lyk of dit tóg blou is. Met net 3.69% stemme wat nie getel is nie, en selfs al is slegs 20% van daardie vir die DA, kan die ANC nie inhaal nie.

John ·

Eintlik gaan alles oor lekker poste en geld in munisipaliteite en as die DA met die EFF saamwerk om den brode, is afwenteling op die kaarte. Die DA se wit amptenary dra die party en dit weet almal. Op hierdie aspek sal die opposisie in die toekoms hamer, om die DA af te gradeer. Maimane weier reeds om ‘n woord Afrikaans te praat. Hy gaan die fout maak om die witmense geleidelik uit te faseer. Die Egiptenare het ook te laat hul fout agtergekom. Die VFPlus is ‘n skande vir die Afrikanerdom. Om net te wag vir krummeltjies wat van die tafel val, bang boere en oppertunistiese anderskleuriges (wat wag om ‘omgekoop’ te word vir hul stemme), is laakbaar. Tree af broers en gee wakker jongeres ‘n kans in die parlement.

Ken ·

Stem nie saam nie John. Het jy al gesien hoe Wes Kaapse distrikte deur die DA bestuur word?? Overstrand distrik het ek al gesien hoe munisipaliteit 12 uur aand uitkom om waterpype reg te maak. Dorpe skoon en netjies. Die amptenare werk actually. So, veralgemening baie gevaarlik. Vertel vir my van ‘n ander party wat beter sal doen dan stem ek dalk vir hulle. Tans is DA by ver die beste opsie.

Jan maak n plan ·

MM moet asb net mooi kyk wat met die ANC gebeur het toe hulle gemaak het soos hulle wou en nie geluister het nie. Sy tyd om hom te bewys het gekom, gebruik dit reg.

Maria van Dieweeck ·

Maimane praat Afrikaans, ek het al n paar keer gehoor, se maar net

E ·

Jy is reg Maria en hy was eens ń predikant en het ń teologie graad. Hy is baie inteligent en weet beslis wat hy doen. Ek ondersteun hom al die pad.

Ken ·

Ag nee hel mense… SA as ‘n land is geintegreer. Wit en swart. As jy dink daars nog plek vir ‘n klein, verkrampte wit party leef jy in ‘n droomland. Stap 1 in die land is om die ANC te breek. Slegs DA kan dit doen. Stap 2 om internasionale sentiment reg te ruk. Gaan slegs gebeur as ANC sink. Natuurlik moet DA insluiting van swart mense bevorder, anders kry hulle nie max stemme nie. Maar ja, tipies Afrikaner sentiment, elke ou op sy eilandjie… Rugby en braaivleis mos meer belangrik as die toekoms van ‘n land en sy kinders.

Johannes Meintjes ·

Mens is bly dat politieke partye wat aandui dat hulle soveel meer en beter as die ANC kan en gaan doen om SA beter te regeer en beter te maak vir alle burgers, nou die geleentheid daartoe kry. Ons sien uit na die groot, konstruktiewe en volhoubare vrugte van die DA en die EFF. Tog egter jammer dat Christenskap en Afrikaner belange moontlik afgeskeep bly?

Columbiana ·

Waar kom julle aan die twak wat julle praat. Christenskap gaan afgeskeep word? Musi Maimane is ‘n dominee ‘n man van die tabernakel.
Asb klim terug in julle kassies met hierdie verspotte stellings. Is julle seker julle is nie under cover ANC nie hulle hammer ook net op ras soos wat julle hammer op geloof.

Arina ·

Met net so oor die 98 persent van die stemme getel kan ek voorspel dat die DA so 94 setels gaan inpalm, die Anc 90, EFF 24, VF+ 5 ACDP 2 en COPE 1 koalisie politiek aan die wek

Arina ·

Interessante uitslag in Mogale city, Gauteng, Anc 38 setels, DA 27, EFF 9, VF+2 en IVP 1. Sal daar samewerking wees en ‘n burgemeester uit ander party as die Anc

gerhard ·

Aan almal wat so weet wat die oplossings is en ook negatief is: waarom is julle nie in die politiek nie? Julle kan dan mos almal n verskil maak.Nog nooit in die SA geskiedenis kon ons ooit saamstaan nie.Ons ego’s is te groot.

Kaufman ·

gerhard, ons maak n verskil, ons is sakemense en harde werkers in die regte wereld, besig om ware produkte en dienste te skep. Jy maak n verskil deur werk te skep, nie deur op politikus te wees nie.

DAAN ·

So, as die DA wen in Tswane, beteken dit dat witmense gaan meer werk kry ?

Kaufman ·

Dit beteken almal gaan meer werk kry, wit, swart, almal, want minder geld gaan lek na kaders se luukse persoonlike besittings en meer geld gaan produktief aangewend word om werk direk en indirek te skep. Ek sê nie die DA is die beste party vir ons nie want hulle is nie, maar hulle is baie beter as die ANC.

Eugene ·

Malema met al sy guts en wat altyd reguit is moet nou sy kant bring en help dat Tshwane , Jhb en Nelson Mandela en andere uit die hande van die ANC kom! Viva!

Disselboom ·

Dit gaan interessant wees om te sien of die DA “Tshwane” op dieselfde peil as Kaapstad kan bestuur: klassieke uitdaging vir opposisieparty om wanneer hy beheer kry, in ander modus oor te gaan en meer en meer bekwame mense te vind om die praktiese werk regtig beter gedoen te kry.

En as ons die politieke korrektheid ‘n oomblik vir harde waarheid verruil: die demografie van die Wes-Kaap en Gauteng verskil heelwat of anders gestel, daar is benewens die klassieke faktor hierbo genoem, ‘n Afrika-werklikheid oor verskille in die inhoud van die poel waaruit bekwaamheid bekom word.

Dit gaan interessant wees om te sien hoe die DA in Gauteng en soortgelyke situasies gaan vaar. Die Wes-Kaap is anders as al die ander provinsies.

Oni ·

Almal wat so kerm en kla hier op Maroela, het almal n kruisie gaan trek? Met ons blankes wat die DA heeldag so slegmaak, wat verwag julle? Hou op snert praat en doen daadwerklik iets vir n slag. Daar is so n klein waarheid wat lui… waar 3 Afrikaners bymekaar is, wil hul n party stig en wat 2 bymekaar is, wil hul n gemeente stil. Altyd ontevrede. Raak betrokke en positief en n ander wereld gaan oop.

John ·

Ken is daar is ‘n verskil tusen gelyke regte en integrasie? Wat verstaan jy onder integrasie? Is die pad van die New Age-beweging, jou roete? Is Mulatto-prediking aanvaarbaar vir alle Suid-Afrikaners en moet almal nou die nuwe wereldorde aanvaar as die enigste uitweg vir oorlewing vir die Afrikaners? Is individualisme nou ‘n vloekwoord? Hoe dink jy gaan jou kleinkinders se leefwyse daar uitsien as integrasie tot op die uiterste toe toegepas/afgedwing word?

Chris Erasmus ·

Is dit nie ironies nie. Dat ‘n witman se spel ‘n politieke party inspireer tot groot hoogtes. Nou is Pietoria regtig Blou. Op die Blou Bulle. Julle het nou baie meer ondersteuners wat op een dag saamgetrek het en julle ondersteun het as enige ander span in die land. Hoop die party maak nie so droog soos die rugbyspan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.