Tshwane jammer oor ontwrigte vullisverwydering

Dele van Pretoria kan binnekort probleme begin ervaar met vullis wat ophoop omdat die stadsraad verhoed word dit te verwyder. Foto: Morné van Rooyen

Die Stad Tshwane sê inwoners moet kennis neem dat vullisverwydering sedert Maandag tydelik in sommige dele van die Jakarandastad en omstreke onderbreek word.

Die stadsraad sê die diens is ontwrig deur mense wat met die insameling, verwydering, vervoer en wegdoening van rommel inmeng. “Hierdie mense dring daarop aan dat ons hul vennote moet aanstel, wat op hul beurt hulle in diens sal neem vir ons vullisbestuursdienste,” sê Michael Mkhari, burgemeesterskomiteelid vir omgewingsbestuur.

“Dis uiters kommerwekkend dat hierdie mense hul aggressiewe optrede uitgebrei en verder gevoer het as vullisverwante dienste en nou munisipale werknemers se lewe bedreig.”

Sondag het agt mans, gewapen met vuurwapens, ʼn munisipale amptenaar se huis binnegegaan en haar voor haar gesin en bure gedreig.

Onlangs het hulle ook gedreig om die vragmotors wat aan die diensverskaffers behoort aan die brand te steek as hulle enigsins betrap word dat hulle vullisbestuursdienste aan die stad lewer.

Die stadsraad sê geen maatskappy sal ʼn kontrak ontvang as dit nie deur die raad se gewone tenderprosedure geskied nie, want dit sal neerkom op voortrekkery, wanbestuur en korrupsie.

Die afdeling omgewingsbestuur reël ʼn vergadering met sy afvaldiensverskaffers asook die metropolisie van Tshwane om planne te beraam sodat vullisverwydering kan voortgaan.

“Die stadsraad vra verskoning vir enige ongerief wat daaruit kan voortspruit dat vullis nie verwyder word nie,” het Mkhari gesê. “Ons sal die agterstand in diens inhaal deur ons herstelplan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Riaan ·

Bla bla bla.
As incompetent solly en sy gang weet wie hulle is, hoekom doen hulle nie iets daaromtrent nie?
Want hulle is swart en die Tshwane administrasie is nie bereid om enigeiets te doen wat moontlik pta se swart gemeenskap kan ongelukkig maak nie.
Reversed racism!

Anoniem ·

Vra Tshwane en dei DA of mense wie se vullis nie weggery word gaan korting kry en of hulle moet betaal al is die diens nie gelewer nie

koos1 ·

Met ‘n staking sowat 6 maande terug word my vullis nie verwyder nie, maar ek kry my volle rekening. Ek wag nou nog vir terug voering op my epos. Ons in Pretoria was beter af onder die ANC as hierdie DA koalisie gemors. Die laaste week was ek 2 dae sonder water en ‘n halwe dag sonder krag. Al hulle verskonings hou nie meer water nie.

riaan ·

Koos

Jy kan maar vergeet om terugvoering van tshwane te kry. Ek sukkel al meer as twee jaar dat tshwane my foutiewe elektrisiteits rekening uitsorteer en nie msimanga, mosola (stadsbestuurder), fourie (burgermeestes kommittee lid vir finansies) of banda (HFB) reageer op enige van my klagtes nie.

tshwane is ‘n grap! Vanoggend is die verkeerslig op hoek van van Ryneveld str en Hans Strydom buite werking en verkeer is alle kante toe opgehoop, maar GEEN puntsman/ vrou. Ten spyte van die chaos in die verkeer is metropolisie beamptes besig om vlae by Fonteine sirkel halfmas te laat sak. Weet nie wie dood is nie, maar is dit tshwane metro se prioriteit?
Pateties en korrup die hele spul!

Willie ·

Ek glo nie dis n DA of ANC ding nie, dis maar ongelukkig n rasse ding… maak nie saak wie, hulle die onbekwame is aan bewind…

riaan ·

Stem saam dat dit ‘n rasse ding is! Msimange sla enigeiets doen om swart gemeenskappe gelukkig te hou selfs al betekin dit dat oorwegende wit gebiede afgeskeep word.

DA en ANC is ewe rasisties.

Willie ·

So gaan alles agteruit… met die speod van witlug…. Pretoria is nou n regte Tshwane

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.