Tshwane-klinieke ‘moet ten alle tye oop wees’

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Die EFF in Tshwane het Donderdag ʼn mosie ter tafel gelê vir die stad se gesondheidsentrums om 24 uur per dag, sewe dae van die week, oop te wees.

Dít volg op die suksesvolle mosie in Johannesburg verlede jaar waartydens die raad ingestem het om heeltydse gesondheidsorg reg oor die stad te verskaf.

“Die Stad Tshwane het tans 24 klinieke en twee mobiele klinieke, wat nie genoeg is om voorsiening te maak vir die meer as 3,1 miljoen inwoners se behoeftes nie. Die oorgrote meerderheid mense steun op die openbare gesondheidstelsel,” het die EFF Donderdag gesê.

Die EFF het die tekort aan verpleegsters, veral in klinieke in die informele nedersettings, lang rye wat so vroeg as 05:00 soggens begin en die tekort aan medisyne by sommige sentrums veroordeel.

Ander eise sluit in dat chroniese medikasie aan pasiënte wat nie in staat is om die medisyne self te gaan afhaal nie afgelewer moet word, dat mobiele klinieke voltyds beskikbaar gemaak word in omgewings soos informele nedersettings waar daar nie gesondheidsentrums is nie en dat klinieke wat ʼn ooraanbod van pasiënte het bygestaan word deur mobiele klinieke.

Die mosie sal later Donderdag deur die raad gedebatteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Sodat die verpleegsters beroof verkrag en vermoor word gedurende die nag en naweke soos die ambulans personeel
Waar gaan al die bekwame personeel geld en medikasie vandaan kom
EFF KAN NET RAAS EN BLAAS MAAR SELF NIKS DOEN NIE

Hanna ·

En wie gaan hiervoor betaal? Hopelik die EFF! Klink maar vir my na n ondeurdagte “demand”. Raak ontslae van al die onwettige immigrante en misdadigers in hierdie gebiede en dan maak julle weer n voorstel.

Louis ·

Waar gaan almal slaap.Net soveel beddens vir pasiênte wat vat van al die staff.

Oom Kalahari ·

@Louis, baie goed gestel en stem te min bedden vir staff en moenie vergeet van die etes en kospakkies ook nie. Dit kom voor dat as die EFF oral gaan en vingers klap dan moet almal spring anders is dit weer skree, vloek, dreig, klipgooi en brand. Ooordeel self, maar dit kom voor of die EFF die beuel blaas in die land en alles moet net verniet wees vir sekeres.

HPV ·

Alweer die 6% rooi oorpak windgeraas opswepers, glo nie mens moet hulle ernstig opneem nie. Geen mens weet waarom soveel media dekking aan die mense gegee word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.