Tshwane-metro geroskam oor kragtariefvoorlegging

het Nomfundo Maseti, waarnemende raadslid by Nersa. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het die Stad Tshwane terug na die beplanningstafel gestuur om ʼn behoorlike voorstel vir ʼn elektrisiteitsverhoging saam te stel.

Die energiereguleerder het gesê die stad se huidige tariefverhogingvoorlegging is onvolledig en verskaf nie behoorlike redes hoekom die stad sy inwoners meer vir elektrisiteit wil laat betaal nie.

“Wat nou hier voor ons is, is nie wat die beleid van julle vereis nie. Daar is geen verduideliking oor wat tot die herstrukturering gelei het en wat die rede vir die verhoging is nie. Ons gee julle ʼn geleentheid om skriftelik na ons toe terug te kom,” het Nomfundo Maseti, waarnemende raadslid by Nersa, gesê.

Nersa het Donderdag sy openbare verhore oor die munisipaliteit se aansoek vir ʼn elektrisiteittariefverhoging van 13,07% en vir herstrukturering van sy kragtariewe in Pretoria gehou. Die verhore het gekom nadat AfriForum die munisipaliteit hof toe gesleep het oor die verhoogde kragtariewe wat ingestel is sonder Nersa se goedkeuring.

Die hofsaak is onbepaald uitgestel nadat AfriForum en die Stad Tshwane ooreengekom het om in gesprek te tree oor die verhogings.

Verteenwoordigers van die munisipaliteit het Donderdag aangevoer Nersa het gesloer om riglyne aan hulle te verskaf nadat hulle hul aansoek ingedien het.

Maseti het hierop geantwoord dat Nersa dalk stadig gereageer het, maar die munisipaliteit se aansoek bevat steeds nie die relevante inligting in die uiteensetting van die elektrisiteitstarief nie.

“Die beleid is baie duidelik dat indien jy aansienlike veranderinge aan die tariefstrukture gaan maak, dit belangrik is dat die veranderinge wat jy voorstel gepaard moet gaan met die koste van die voorsiening. Ons moet ʼn begrip hê van watter koste die munisipaliteit aangegaan het wat hom noop om hierdie wesenlike veranderinge aan sy tariefstrukture aan te bring,” het Maseti gesê.

Die munisipaliteit het sy tariefverhoging eers tot 15 Julie uitgestel nadat AfriForum die hof genader het. Maseti sê egter dié sperdatum sal nie in ag geneem word nie, aangesien die munisipaliteit versuim het om die vereiste dokumente aan Nersa te verskaf.

“Dit was hulle sperdatum, maar van ons kant af, moet ons ʼn behoorlike analise doen en dan ʼn besluit neem wanneer ons al die inligting voor ons het.”

Nersa het Donderdag sy openbare verhore oor die munisipaliteit se aansoek vir ʼn elektrisiteittariefverhoging en herstrukturering van sy kragtariewe in Pretoria gehou. (Foto: AfriForum)

Intussen sê Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, die organisasie het vandag voorstelle aan Nersa gedoen oor hoe die huidige elektrisiteitsdebakel opgelos kan word. Volgens Mostert het die organisasie voorgestel dat die Tshwane-metro die nuwe verhoogde tarief moet laat vaar en die vorige, goedgekeurde tarief van die 2018/’19-termyn moet implementeer met ’n verhoging wat Nersa moet oorweeg.

“Hierdie voorstel is vir AfriForum die enigste oplossing wat die Tshwane-metro op die oomblik kan implementeer wat wettig, billik en deursigtig is. Verbruikers sal presies weet waarvoor hulle betaal en dit is ’n struktuur waarmee hulle bekend is. Armer mense sal ook nie so erg deur die verhoging geraak word soos met die huidige geïmplementeerde tarief nie. Dit sal ook aan die metro die geleentheid gee om steeds hul gelde in te win,” het hy verduidelik.

“Volgens AfriForum en ander belanghebbendes se berekeninge kom die totale verhoging van elektrisiteit neer op ’n persentasie ver bo die voorgestelde riglyn [van 13,8%]. Dit is deel van die redes waarom AfriForum die saak so sterk teenstaan.”

Mostert sê AfriForum sal steeds voortgaan om die saak fyn dop te hou om te verseker dat geregtigheid geskied en ’n billike tarief, wat nie die inwoners van Pretoria benadeel nie, geïmplementeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

CC ·

En die boere betaal hoeveel per paal voordat hulle ‘n eenheid gebruik??

Maljan ·

Net die wit boere mind you! Voorheen benadeelde boer (tussen Middelburg en Roossenekal) s’n was gratis gedoen. Hy boer op R100 se voorafbetaalde krag sonder paal tol per maand.

fred ·

ek weet op die plase betaal jy die hoogste tarief,jy betaal vir die pale,vir die transformator plus onderhoud en eco charges ,dit is almal maandelikse vaste koste voor jy één eenheid krag verbruik

Trol ·

Ongelukkig moet el met Maljan saamstem. Ek het ook al gehoor van “opkomende boere” vir wie krag kms ver aangelê was. Geen transformator of paal kosyes nie en vooraf betaalde krag.

Philippus ·

Dit is gerusstellend dat daar ‘n organisasie is wat vir behoeftiges opstaan.
Al word Afriforum uitgekryt as ‘n organisasie wat net ‘n sekere bevolkingsgroep probeer beskerm, bewys hulle dat hulle vir elkeen staan wat bedreig word deur die magtige elemente!

Wynand ·

Dan wil die DA beweer hulle kan die land regeer. Gaan kyk na die bdrog by lisensie kantore. As sjy kla word daar gese jy moet dit maar net aanvaar. Die DA i erger asw die ANC, hoe ondenkbaar dit mag klink

Jimmy ·

Die instroming van mense na stede is buite beheer. In Johannesburg is dit 3 000 per maand, en dalk nog meer in Pretoria. Die probleme sal dus net erger word.

riaan ·

Dieselfde skelm en onbevoegde da wat nou al vir 3 maande nie vir my ‘n munisipale rekening gestuur het nie! Dieselfde skelm en onbevoegde da wat nie my elektrisiteit lesings vat nie en ook nie die wat ek vat en vir hulle e-pos vasvang nie. Dieselfde da raadslid wat vir my staan te se dat ek moet toesien dat “customer care” my regte besonderhede het, besonderhede wat sedert 2001 nie verander het nie!
Dit help ook nie jy probeer met die burgermeester, die betrokke burgemeesterskomitee lid, die stadsbestuurder, die hoof finansiele beampte of die “Director: Revenue Management” om die probleme aan te spreek nie want NIEMAND GEE ‘n DINGES OM NIE!!!!
SO VAT EFF PRETORIA OOR IN DIE VOLGENDE ALGEMENE VERKIESING!

Mellivora ·

Ons woon op’n klein plasie binne Tshwane se munisipale gebied.
In teenstelling met die stadsbewoners wat op’n glyskaal vir hulle kragverbruik betaal betaal ons van die eerste eenheid af die maksimum tarief per eenheid.
As rede vir hierdie “diskriminasie” is aangevoer dat dit duurder kos om krag te versprei na die landelike gebiede.
Nou sien ek dat die aanvangsheffing (voor enige krag verbruik word) vir ons ook groter gaan wees as vir die stadsbewoners en vir dieselfde rede.
Dit kan mos nie so werk nie.
As ons aanvanklike heffing hoër is behoort ons op dieselfde glyskaal vir ons krag te betaal – eintlik minder want die stadsraad lewer nie aan ons water nie en om water te pomp dra ‘n groot deel by tot ons kragverbruik.

Drikus Kotze ·

Ek het reeds R56 op my voorafbetaalde krag moes betaal. Hoeveel ander moes al die ekstra kostes betaal? Hoe gaan Tshwane dit regstel? Of verloor die verbruikers maar net weereens?

Clipper ·

Tshwane word deur die DA bestuur. Hoekom laat hulle so iets toe. Mmusi moet die pad vat hy kan nie die party bestuur nie en sal beslis nie die land kan beheer nie

Kallie ·

Die ANC het die metro vir 20 jaar regeer, waarna die DA ‘n bankrot boedel oorgeneem het. Die metro moet eintlik onder administrasie geplaas word om te red wat te redde is.

aj ·

Wie is die individu wat die onwettige besluit geneem het om ons as verbruikers te belas?

Ons wil wéét!

Tshwane STRAF nou sy betalende inwoners en VERGOED die nie-betalers! Dit is nie volhoubaar nie en gaan lei tot ‘n INEENSTORTING!

Klim áf van die elektrisiteit netwerk … of verduur die genadelose UITBUITING?

Help Tshwane ineenstort deur sélf krag op te wek?

Kom ons BEVRY ons van die uitbuiting deur die ANC diktators!

D B ·

Faan, ek stem saam, maar ons kon in die laaste verkiesing en ons kan in die volgende munisipale verkiesing. Ons sal vir ‘n ander party MOET stem!

Louis ·

Die vaste fooi isveronderstel om die inwoners te ontmoedig om sonpanele, ens op te sit en om minder van Tshwane se krag te gebruik. Dit ontneem hulle van ‘n inkomste
Baie dankie aan Afriforum
“DANKIE AAN DIE DA STADSRAAD. DIE VERKIESING IS OM DIE DRAAI!!!!!!!!!”

riaan ·

@Kallie

Jy klink soos die spul van CancER en eff wat NOG STEEDS apartheid vir alles wat verkeer is en verkeerd gaan blameer!

Die bottomline is dat die da onbevoeg is en nie Pretoria kan regeer nie! (wat nog van Gauteng of SA regeer)

Msimanga het NIKS gedoen om die situasie te verbeter nie en toe dinge te warm word toe hardloop hy weg om kamtig Premier te probeer word.

Hierdie nuwe burgemeester maak NOG MINDER hind haar af en soos ek hierbo aangedui het, die res geen net mooi niks om nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.