Tshwane-metro se begroting in hof gedaag

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum was vandag op ’n dringende grondslag in die Pretoriase hooggeregshof om die Tshwane-metro se begroting wat deur Mpho Nawa, administrateur van die Tshwane-metro, goedgekeur is, tersyde te stel. Regter Portia Phahlane het bevind dat die saak wel dringend is, maar het uitspraak voorbehou.

Volgens die organisasie het die administrateur buite sy magte opgetree om die finale begroting goed te keur en is die regte prosesse ook nie gevolg om die begroting goed te keur nie.

Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir plaaslikeregeringsake, sê daar is ’n wesenlike verskil tussen die uitvoerende en wetgewende magte van die raad. “Die vermoë om ’n finale begroting goed te keur, lê uitsluitlik by die munisipale raad. Die administrateur kan nie die hele demokratiese proses omseil deur self die begroting goed te keur nie. Die administrateur is slegs ’n tussentydse voog en kan nie wetlike besluite uitvoer soos om ’n begroting goed te keur nie.”

Die Grondwet vereis dat die premier moes toetree om te verseker dat daar slegs ’n tussentydse begroting goedgekeur is. “Dit sou verseker het dat die metro steeds kon voortgaan om dienste op ’n normale wyse te lewer en hul inkomste wettig kon invorder. Die premier het gefaal om sy plig uit te voer en daarom was AfriForum gedwing om hierdie aansoek voor die hof te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek ruik korrupsie hier êrens… Almal val mos vir bribe geld en daai China calculator werk oortyd mmmmm

Baas van die plaas ·

Ek hoop die administrateurs verloor hierdie hofgeding. Die onwettige administrasie is uiters swak.
Nie net is hulle nou al te lank aan die stuur nie, hulle neuk Tshwane se finansies heeltemal op. Hulle is verplig tot ‘n tussenverkiesing in November volgens die grondwet. Gee dan vir een regverdige party die mandaat om Tshwane te bestuur, nie weer ‘n koalisie nie. Koalisies met ver linkse partye is moeilikheid soek, vermy dit hierdie keer.

Sarel ·

Waar is die Politieke Opposissie dat Afriforum hulle werk moet doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.