Tshwane-metro sê hy reageer spoedig op grondgrype

Besetters het op 10 Maart 2018 plakkershutte onwettig op grond in East Lynne in Pretoria opgerig en oproerig geraak nadat die strukture verwyder is. Foto: Verskaf

Die Tshwane-metro het gesê hy het spoedig reageer op onwettige grondgrype die afgelope naweek in Pretoria.

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het in ʼn verklaring gesê die Tshwane-metropolisie het Maandagmiddag onwettige strukture in Hammanskraal afgebreek nadat plakkers gewaarsku is om die strukture te verwyder, maar dié waarskuwings op dowe ore geval het.

Volgens Msimanga is die metro ook bewus van die voorval in Olievenhoutbosch langs die R55 waar daar glo erwe afgemeet en aan individue uitgedeel is. “Hoewel daar nog geen plakkershutte opgerig is nie, beskou ons die voorval as ʼn ernstige belemmering vir ons ideaal om behoorlike behuisingsgeleenthede en sosiale geriewe aan mense te bied.”

In nog ʼn voorval het besetters plakkershutte onwettig op grond in East Lynne opgerig. Ook hier is die besetters gewaarsku om die plakkershutte te verwyder, maar het hulle die kennisgewings wat aan hulle oorhandig is net geïgnoreer. Die 180 plakkershutte is toe deur die metro verwyder.

Besetters het op 10 Maart 2018 plakkershutte onwettig op grond in East Lynne in Pretoria opgerig en oproerig geraak nadat die strukture verwyder is. Foto: Verskaf

“Nadat die onwettige strukture verwyder is, het die gemeenskapslede woedend gereageer en strate in die gebied afgesper. Die beamptes het rubberkoeëls gebruik om die oproerige skare uiteen te jaag. Niemand is in hegtenis geneem nie en geen beserings is aangemeld nie,” het Msimanga gesê.

Hy het gesê dit is nie in dié stadium duidelik of daar onwettige geldtransaksies rondom die “uitdeel” van erwe plaasvind nie. Hy het lede van die gemeenskap gemaan om nie stukke grond by mense te koop of advies by mense te neem wat gemeenskappe aanhits om grond onwettig te beset nie.

Die burgemeester het weereens benadruk dat sy administrasie toegewyd is daaraan om ʼn behuisingsprogram daar te stel wat behuising aan gemeenskappe verskaf op ʼn wettige, deursigtige, regverdige en korrupsie-vrye manier.

Msimanga het enigiemand wat onwettige grondbesetting sien of vermoed aangemoedig om onmiddellik die Tshwane-metropolisie by 012 358 7096/6 of die naaste polisiestasie in kennis te stel.

Hy het gesê wetstoepassingsagentskappe gaan voort om die gebiede wat geraak word te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adriana ·

En nou Ramaposa wat gaan jy nou doen? Of is dit wat jy beplan het? Hoop die graderingsagentskappe sien dit ook.

Anoniem ·

Veels geluk Mnr. Rhamaphosa, jy is die wenner van ‘n land waar verwoesting voorkeur neem! Mense dink jy is betroubaar, jy is nie! Mense dink daar is hoop met jou aan die helm, die waarheid sal ontbloot word! Ons wag, ons wéét, ons GOD sal die geveg oorwin!

jaco ·

dis n DA raad wat gaan optree. so een rubberkoeel wat iemand seermaak, en daar volg beskuldingings van rassisme, apartheid ens.

Lolla ·

Wat het van “tresspassing” geword wat n ‘criminal offence” is? Daar is wette om orde te handhaaf en jou land se burgers veilig te hou. Maar hulle jaag hulle uitmekaar met rubber koeels? Of is daar nou ook nie genoeg tronke, soos daar nie genoeg skole, Universiteite en hospitale is nie?!

Jandre ·

Praat is maklik, Sal nie ingegryp word voor die verkiesing nie.

Johan ·

Waarom word die EFF leiers nie verantwoordelik gehou vir skade wat gelei is, onkostes wat aangegaan is en wette wat oortree is as gevolg van hul blatante aanhitsing nie?

Anoniem2 ·

Ja Johan, ek dink baie van ons wil die antwoord op jou skrywe hoor. Maar soos altyd gaan daar niks met die EFF gebeur tot voor die verkiessing. En verder vertrou ek ook nie vir CR nie, dink hy het ook sy eie agenda!

Aasvoels ·

Met wat gaan hulle daar boer?
Ramaposa sal seker weet….

bgj van der westhuizen ·

wel mense ons sal sien met die verkiesing hoe die swart stem stem wand alles sal toe gelaat word om stemme te kry

Willie ·

CR vry te veel na die EFF… ek het nog altyd gese dat die EFF n afial is van die ANC… Did n rassitiese beweging wat moord, roof, gron grype ents aanhits…

JANINE ·

Die gemors van verbrande bande, baddens, ens word ook net so gelaat op die sypaadjies. Niemand is gepla om hul gemors te verwyder nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.