Tshwane-metro se toekoms in gedrang

Solly Msimanga (Foto: http://da-gpl.co.za/)

Die hofsaak wat die onmiddellike politieke toekoms van die Tshwane-metroraad moet bepaal, is onbepaald uitgestel tot na die staat van algehele afsondering.

Die DA het ’n dringende hofsaak in die Noord-Gautengse hooggeregshof aanhangig gemaak om die LUR vir samewerkende regering, Lebogang Maile van die ANC, se besluit om Tshwane onder administrasie te plaas, ongeldig te laat verklaar.

Maile het egter gou gespring en voordat die hofsaak kon begin vir Mpho Nawa, omstrede voormalige ANC-burgemeester van die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit, as administrateur aangestel.

Die hofsaak het voortgegaan en al wat nog kort is die uitspraak, maar kragtens die maatreëls wat tydens die staat van algehele afsondering geld, soos uitgevaardig deur die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, is uitspraak voorbehou en is die verwagting dat dit baie kort na die afloop van die  staat van inperking sal plaasvind.

Die leier van die DA in die Gautengse wetgewer, Solly Msimanga, het by navraag aan Maroela Media gesê dienslewering in Pretoria en omgewing ly beslis skade as gevolg daarvan dat die metro onder administrasie geplaas is.

As voorbeeld het Msimanga die versorging genoem van haweloses wat kragtens die inperkingsmaatreëls by die Caledonian-sportterrein en nou ook in Centurion gehuisves word.

“Daar is geen behoorlike toesig of sekuriteit nie, wat beteken die haweloses kom en gaan soos hulle wil. Dit is gevaarlik vir sowel die haweloses as die inwoners van die omliggende gebiede,” het Msimanga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Ja, wel en hier by ons het die asblikgrawers ook nie weggebly nie. Die spul plak in die militêre begrafplaas en die polisie is te bang om iets aan hulle te doen.

Kokerboom ·

Dit gaan nog altyd my verstand te bowe hoe ‘n groot gemeenskap soos Pretoria kan toelaat dat ‘n klomp politieke boewe ‘n pragstad so kan kaap en geen aanspreeklikheid word vereis!!!Politiek BLY ‘n onding.

Cherokee ·

‘Politiek BLY ‘n onding’. Jòu eie woorde, gaan lees maar. Jy’t self so gesê. En jy’t nogal ‘n duim op gekry daarvoor. Wel, nou vertel Cherokee jou, as dit nie vir politiek was (lees ‘politiek’ as ‘teenstanders’), dan sou die regerings jou geld nòg makliker gepocket het.

Michael 1 ·

Ek bly in Pretoria in die moot en sien hoe die plek agteruitgaan en die DA raadslede wie hulle ookal mag wees doen so min moontlik en net soos die plakkers kampe die anc in bewind hou net so hou die oningeligtes die DA aan die gang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.