Die Tshwane-metroraad het bevestig dat hy twee senior amptenare geskors het.
Die metroraad het in ‘n verklaring bevestig dat Andile Dyaka, hoof finansiële beampte, en Tshilidzi Nemahagala, strategiese uitvoerende direkteur in die stadsbestuurder se kantoor, deur die stadbestuurder geskors is.
Dyaka is uitgewys in ‘n ondersoek rakende ‘n tender vir drukwerk. Nemahagala staan tereg op aanklagte van ondergeskiktheid, teistering en pligsversuim.
Die metroraad sê hy het ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel om ondersoek na die bewerings in te stel.
Daniel Manganye is in Nemahagala se plek aangestel terwyl Umar Banda in Dyaka se plek aangestel is.
Lees ook:
Tshwane-metro wil glo twee hoë’s skors
“Tswane” ?!
Mooi man. So die nuwe kommissie, raad, breins trust en studie groep wat gaan ondersoek in stel na die oplossing vir Pta se nuwe naam is reeds oorbodig.
Nou moet Waterkloof ook verander na ‘Isigodi Eliphezulu Nesinamandla’
Ja Shannon – Hulle doen mos alles “volgens reëls”. Maar dan doen hulle tog maar op die ou einde wat hulle wil. Alles is net ‘n klug want maak nie saak wat nie. Hulle SAL doen wat hulle wil want hulle kan……………………..
Niemand gee om, om geskors te word nie,hulle kry nog steeds hulle salarise,maak nie saak wie dit is nie,so da is nog nie regtig straf nie,solank as wat hulle wag vir verhoor ,kry hulle salarise.