Tshwane-metro wil glo twee hoë’s skors

tshwaneDie Tshwane-metroraad het aangedui dat hy sy hoof finansiële beampte en strategiese uitvoerende direkteur in die stadsbestuurder se kantoor wil skors, berig die Saturday Citizen.

Kennisgewings rakende die voorneme om die amptenare te skors is Vrydag beteken na ‘n komitee die besluit geneem het. Dit magtig ook dissiplinêre optrede teen die twee.

Selby Bokaka, woordvoerder van die metroraad, sê Andile Dyaka, hoof finansiële beampte, is uitgewys in ‘n ondersoek rakende ‘n tender vir drukwerk.

Hy sê Tshilidzi Nemahagala, strategiese uitvoerende direkteur in die stadsbestuurder se kantoor, staan tereg op aanklagte van ondergeskiktheid, teistering en pligsversuim.

Volgens die berig het Dyakala en Nemahagala sewe dae om skriftelik te motiveer waarom hulle nie geskors moet word nie. Josaon Ngobeni, die stadsbestuurder, moet dan ‘n finale besluit oor die aangeleentheid neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Die reg. Skors hulle en gee hulle vir die volgende 3 jaar hulle volle salaris en byvoordele. Dit is maar net die belastingbetalers se geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.