Tshwane-metropolisie breek onwettige strukture af

(Foto: TMPD)

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) het Woensdag onwettige strukture in die weste van Pretoria afgebreek.

Lede van die TMPD se eenheid teen onwettige grondbesetting, die polisie en ʼn diensverskaffer het onwettige strukture in die Fort West-area afgebreek om onwettige grondbesetters te verwyder.

Die grondbesetters is vroeër kennis gegee om hul onwettige strukture te verwyder. Hulle het nie daaraan voldoen nie waarna ʼn hofbevel bekom is om die onwettige strukture te verwyder.

Daar is sowat 100 onwettige strukture tydens die operasie verwyder. Volgens die TMPD sal hy voortgaan met die operasies regoor die Tshwane-metrogebied om aandag te gee aan die kwessie van onwettige grondbesetting.

“Inwoners word aangemoedig om nie onwettig grond te beset nie en om gevalle van onwettige grondbesetting aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

So kort voor munisipale verkiesings; kan amper nie glo nie. Goed gedoen!!!

marius ·

Waar is die HOP huise se geld ? Deur die eerbares opgevreet , dis waar dit heen is .

Casper ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die een wat grondbesettings aangemoedig het en geweld teen blankes aanhits nog steeds vry rondloop en daar niks aan hom gedoen word nie.Hy ervaar meer politieke immuniteit as Zumpie en ander kriminele en doen en sê net wat hy wil.

Elsje ·

Wat van die plakkers hier in Centurion wat al die gemors in die rivier gooi en die rivier gebruik as hul toilet?

Irma ·

Ja Elsje presies dieselfde gebeur in die Apiesrivier in die omgewing van die Laagwaterbrug in Capital Park. Daar hang so ‘n stank oor daardie rivier en dit wil vir my voorkom asof die Metroraad nie ‘n duit omgee dat daar soveel gemors in die Apiesrivier gegooi word nie. Daar le ook ‘n dik laag skuim op die water. Is daar ‘n politieke party wat soveel vr die omgewing omgee wat die inisiatief gaan neem om al die gemors uit hierdie rivier te verwyder.?

Vanessa ·

Dit moet oral gebeur. Waar jy kyk word grond onwettig beset en misdaad neem net toe. Oorkant d akademiese hospitaal is daar plakkerskampe opgeslaan, geen mens kan asem haal so stink dit. Ek kan net dink watse siektes daar uitbroei.

Di ·

Dis al die immigrante wat net oral kom PLAK! Regering moet plan maak om hulle almal terug te stuur waar hulle vandaan kom

Maritza ·

Seker ou Julius gaan nou weer iets te se he om hulle stemme te kry

Swerwer ·

Pragtig. Stel ondersoek in en kyk wie het die onwettige grondbesetting aangevuur.

Anoniem ·

Nou breek hulle dié strukture af? Maar dit wat aan die agterkant van Westgate staan is al so erg dat daar byna nie eers meer ń sypaadjie oor is nie. Maar – hoog tyd vir dié optrede!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.