Tshwane-metropolisie soek veiligheidshoof se moordenaars

Argieffoto: tshwane.gov.za

Argieffoto: tshwane.gov.za

Die Tshwane-metropolisie sê die soektog na verdagtes duur voort nadat hulle veiligheidshoof vermoor is.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, sê Veli Masemola se liggaam is Maandag naby sy motor gevind op die Mabopane-hoofweg. “Ons soek steeds na die verdagtes en het nog niks gevind nie. Ons weet nie wat gebeur het nie. Dis ‘n raaisel.”

Verbygangers het die polisie ontbied nadat hulle Masemola se motor langs die hoofweg sien staan en luier het. Masemola se twee selfone en huissleutels is in die motor gevind. ‘n Soektog is na Masemola van stapel gestuur nadat hy nie by sy huis gevind is nie.

“Sy liggaam is sowat 15m van sy motor af gevind. Ons vermoed hy is aangerand aangesien hy talle wonde gehad het.” Die motief vir die moord is nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.