Tshwane-metropolisie verloor nóg ʼn lid

Beamptes van die Tshwane-metropolisie. Argieffoto: Facebook

ʼn Beampte van die Tshwane-metropolisie is Sondag in die vroeë oggendure vermoor.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die voorval het in Pretoria se middestad gebeur.

“Die konstabel, Ipeleng Kabelo Llale (27), se liggaam is met steekwonde aangetref. Meer inligting oor die moord is nie in die stadium beskikbaar nie en word deur die polisie ondersoek,” het Mahamba gesê.

Volgens Mahamba was Llale nie aan diens ten tyde van die voorval nie en was hy verbonde aan die metropolisie se spesiale taakspan. Sy roudiens en begrafnis sal binnekort gereël word.

Mahamba het gesê die nuus oor Llale se moord was ʼn groot skok.

“Twee ander Tshwane-metropolisiebeamptes is in die afgelope twee weke begrawe. Een is by sy huis dood aangetref en die ander beampte is tydens ʼn sakeroof doodgeskiet.”

Hy het gesê die metropolisie veroordeel die moorde op metropolisiebeamptes en sal nou saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) werk om die misdadigers aan te keer.

Mahamba het namens die metropolisie sy innige meegevoel met die oorledene se vriende, familie en kollegas betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Die polisie sa en metro sal moet bewys wie in beheer is hulle of die kriminele en al hoe dit gedoen gaan word is deur hulle aksies vorentoe alternatief gaan julle nog baie kollegas verloor die bal is nou in julle hande.

Vraagteken ·

Nee Sarel, dis ongelukkig nie so eenvoudig nie. Sodra die polisie terugstoot, dan kom die pers en beskuldig die polisie van geweld. Dit skep dan ‘n wanpersepsie waar die publiek teen die polisie draai en geen vrees het nie. Gaan kyk bietjie in die VSA, daar is orde want die polisie is in beheer. Toe die pers betrokke geraak het, het bewegings soos “black lives matter” begin.

Sodra dinge nie volgens die sin van die pers gaan nie, dan hoor jy net van “Police Brutality” (kom ons wees eerlik; hulle is net opsoek na ‘n storie). By Marikana het die polisie gevrees vir hul lewens, en tog kry hulle al die skuld van wat gebeur het. Hier’s die ironie; sodra moeilikheid ‘n individu of ‘n lid van die pers tref, dan is hulle’ die lafaarde wat eerste die polisie vra vir hulp.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, die polisie is glad nie volmaak nie – hulle kan defnitief verbeter, veral in hulle bestuur. Maar die houding van die publiek help glad nie hul saak nie.

Alida ·

Protea bring asb die doodstraf terug want dit lyk of jy weet hoe. Watter deel verstaan julle nie. Vergeet van die doodstraf. Ons wil dit ALMAL he.

hou verby ·

ai, dit was nie nodig nie…
daardie persoon is steeds iemand se kind, broer of pappa…
hou dan eerder jou komentaar vir jouself en hou verby…..

Andre ·

Beskerm hulle laat hulle eerder puntdienste doen en na die verkeer omsien. Laat polisie werksaamhede oor aan die SAPD. Niemand kyk meer na verkeers oortredings nie.

Gerrit ·

Andre, die polisie kan nie eers hulle werksplek oppas of die kriminele in hul aanhouding selle nie nou verwag jy hulle moet meer doen ….seriously

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.