Tshwane-metropolisie vind R3,5 miljoen se vervalste geld

(Foto: Tshwane-metropolisie)

Beamptes van die Tshwane-metropolisie het ʼn sindikaat van geldwassery en vervalste geld oopgevlek.

“Beamptes het Vrydag ʼn konvooi verdagte voertuie, ʼn rooi Range Rover, twee Mercedes Benz-motors en ʼn Toyota Corolla, agtervolg,” sê Isaac Mahamba, senior superintendent van die Tshwane-metropolisie. “Hulle het die Range Rover in Arcadiastraat voorgekeer en deursoek en op ʼn vervalste R100-noot afgekom.”

Die bestuurder het hulle tydens ondervraging na ʼn perseel in Stanza Bopapestraat geneem waar nog vervalste geld gehou is.

“Beamptes het op ʼn staalboks vol vervalste geld afgekom saam met chemikalieë wat gebruik is om die geld mee skoon te maak. Die bedrag van die vervalste geld beloop meer as R3,5 miljoen.”

Die naam van die verdagte is dieselfde verdagte na wie hulle op soek was vir geldwassery. “Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vervalste geld. Hy sal binnekort in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Roek ·

Hulle moet eers in die hof verskyn en pleit alvorens name genoem kan word in die pers !

Alida ·

Verdgtes se name mag eers bekend gemaak word nadat hulle in die hof verskyn en op die aanklag gepleit het. Dit sal dus nog gebeur.

Nie Verbaas ·

Dit los mens sprakeloos. Ek hoop die gemors word lank gebêre.

Neestemmer ·

Die grootste oorsaak van inflasie wat ons ondervind is wanneer regerings geld print wonder bates wat dit rugsteun en dan goed daarmee koop om kamstig die ekonomie te stimuleer en hulle noem dit “quantive easing” maar as ander dit doen is dit krimineel? Die US Fed is ‘n groot skuldige op die gebied en baie westerse regerings doen dit in Biljoene en dir jare, hiertoe vervalsers het verseker ‘n blink toekoms in politiek en regering…..

Niklaas ·

Praat van geldwassery. Letterlik. Chemikalië word aangewend om note skoon te maak. So slim raak kriminele deesdae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.