Tshwane-metropolisie wil strate op twee wiele terugvat

Burgemeester Solly Msimanga gesels met handelaars in Marabastad (8 November 2016) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Burgemeester Solly Msimanga gesels met handelaars in Marabastad (8 November 2016) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Solly Msimanga, burgemeester van Pretoria, het ʼn nuwe fietsry-eenheid in die Tshwane-metropolisiedepartement bekendgestel om polisiesigbaarheid te verhoog en misdaad in die strate van die stad hok te slaan.

Msimanga het Dinsdag aan verslaggewers gesê as deel van die talle veranderinge wat hy na die TMPD gebring het nadat hy onlangs as burgemeester die leisels oorgeneem het, sal die polisie nie net misdaad in luukse voertuie bestry nie.

“Die eenheid sal baie binnekort begin. Ons is besig om die handelsmerke op die fietse en hul uniforms af te handel. Hulle sal sigbaar ons strate patrolleer. Hulle sal op en af in die strate ry,” het Msimanga tydens die bekendstelling van die veldtog, “Operasie Tswelopele”, gesê.

Die operasie het ten doel om die vuil en misdaadryke middestad en omliggende buurte op te ruim.

“Ons het reeds baie veranderinge in die metropolisie aangebring,” het Msimanga bygevoeg. “Ons het ʼn aantal eenhede op die been gebring. Ons het nou ʼn narkotika-eenheid ook en die anti-kapingseenheid word reeds opgelei. Ons het meer as genoeg metrobeamptes in ons stad. Wat ons moet doen, is om hul bedrywighede te koördineer om seker te maak dat ons misdaad in ons stad bekamp.”

Operasie Tswelopele is in Marabastad bekendgestel, wat berug is vir gryp-en-spaanderdiewe, prostitusie, gewapende rooftogte en onwettige dwelmhandel, ondanks talle TMPD- en SAPD-voertuie in die gebied.

Sommige handelaars het Msimanga se ingryping verwelkom, en gesê hulle is vol verwagting dat sake binnekort na die gebied sal terugkeer. “As jy in hierdie gebied nie as die burgemeester geïdentifiseer word nie, sal jy sekerlik deur nyaope-verslaafdes beroof word. Hierdie plek is omgekeer weens dwelmmiddels,” het ʼn bejaarde vrou aan Msimanga gesê toe hy in die gebied rondgestap het.

Die nuwe burgemeester het ook sy kommer uitgespreek met die stand van woonstelle in en om Pretoria se middestad. Duisende persone betaal buitensporige bedrae huurgeld aan huuragentskappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Frans ·

Die idee klink goed maar die uitvoerbaarheid.?? Spreek sommer korrupte amptenare ook aan..

JC ·

Wonderlik, Solly, ‘n man so na aan my hart!!
Hy doen eenvoudig net AL die regte dinge!!
Wat ‘n vreeslose en bevonkte leier!!!

Agnes ·

Baie oulike idee, meer en gouer bereikbaar en heelwat goedkoper dan karre

Jan maak n Plan ·

Ek wonder net waar gaan hulle fietse met sulke wye saals kry? Ek hou die storie graag dop.

Lance ·

Van die fietse gaan BAIE sterk moet wees as ek sien hoe van die mense wegle aan kfc …hoe hulle in en uit die broekke kom weet nugter.

Max ·

Hoop hy begin sommer voor sy eie kantoor, die howe en die polisiestasies. Verkeerswetgewing mbt. parkering op sypaaidjies en stilhou die straat word net geignoreer. Dan praat ek nie eers oor die rommelstrooi en bosslapers reg voor hierdie geboue nie.

Voorlaaier ·

Nee wat….hulle gaan fietse pond vir middagete!..en dan se hulle is “gehigh Jack!”

Voorlaaier ·

Onthou asb di blou lig op sy valhelm, kant spieeltjies en polisie plakkers.
Ooo ja. Di cb radio op di stuurwiel met i 3 meter lang ” maatjie vir i praatjie: airial!!

Pendoring ·

Al die neerhalende kommentare hierbo wys net dat julle nie iets positiefs sal herken al byt dit jou aan die agterent nie. Om die strate met fietse te patroleer is een van die beste aksies wat nog geloods was. Die huidige voetpatrollie Metropolisie is almal jonk en fiks. Ry maar self deur die stad. Stel meer padblokkades op en maak die stad skoon. Uiteindelik lig aan die einde van die tonnel na die ANC se wanbestuur. TMPD, ek ondersteun julle 100%.

Morne ·

Pendoring ek het presies dieselfde gedink toe ek al die kommentaar lees, die ANC doen niks dan kla almal, nou probeer Solly iets doen en almal kritiseer nogsteeds, Sommige mense kan net nie tevrede gestel word nie, gee die man n kans. Staan ook 100% agter Solly dis n baie goeie idee!

Cobus ·

Hoor, hoor. Ek stem saam. Hier kom ‘n burgemeester wat vir ‘n verandering iets positiefs wil doen, en meeste van die kommentaar is negatief. Ag nee mense, kom by. Met so ‘n houding gaan ons nêrens kom nie.

Inge ·

Ek stem ook saam, dit is ‘n baie goeie idee. Solly, ek staan agter jou!

Netekke ·

Gits ja, ek dink ook dit is ‘n baie goeie idee. Die negatiewe elemente sal nooit iewers kom in die lewe nie. Nee maggies mense, Solly probeer iets goed doen en dan skiet julle hom af. Geen wonder dinge is so goor nie. As julle nie iets goed kan sê nie bly liewer stil.

snoefie ·

ek hoop hulle word gereeld geroteer en fins gehou. wraggies ek kan my net die katastrofe voorstel as tmpd of sapd n dief moet vang. doet zo voort sollie.

CAROL ·

JAN MAAK N PLAN – LOL WONDER EK OOK. MAAR EK DINK HULLE SAL MOET N LISENSIE OOK KRY VIR DIT – HELFDE KANNIE EENS RY NIE

Zel ·

Mense gee d man n kans!!!! Hy doen goeie werk! N paar weke terug is ek by n stopstraat wat by kerkstraat moet indraai n metro outjie kom aan mens kan sien hy is oppad werk toe dit was 06:15 d verkeer staan bumper teen bumper tot my verbasing groet hy stop d verkeer en last my in ry. Dit was amazing wens ek het sy naam gehad om net vir sy supervisor n pluimpie vir bedagsaamheid en vriendelike diens tegee. Kom ons wees eerlik wanneer laas het dit gebreut. Solly hou so aan bietjie bietjie maak baie d gagas het ni oor nag gekom ni en gaan ni oornag weg gaan ni

lynette ·

Ek dink ook dis n goeie idee om meer mense in strate te kry maar sou voetpatrollies nie beter wees nie? In die geval dat iemand gevang moet word, wat maak hy met sy fiets? As hy terugkom, sal fiets beslis gesteel wees. Ek is glad nie negatief nie, ken net ons land se inwoners te goed.

DD ·

Ek werk in die middestad en die verskil in ‘n baie kort tydjie is verseker al merkbaar. Daar is definief iets aan die gebeur – ten goede. Doen so voort !!!

Koos1 ·

DD, ek stem volkome saam!
Sal jy ook saam met my stem om die Metro te vra om iets aan die taxis te doen met ons oggend inry en middag uitry na en van die stad.
Ek weet dit is baie gevra en weet ook die fietse kan niks teen ‘n taxi doen nie, maar die goed is ‘n nagmerrie. Ek het teen 09:00 vandag met Lynnwoodlaan gery ooste toe van die stad af. Taxi’s maak ‘n taxistaanplek in ‘n glybaan, twee twee langs mekaar. Daar is nie eers bestuurders in die voertuie nie, 1km verder staan Metro beamptes en voertuie aftrek. Hulle kan niks doen nie want hulle het nie wapens, radios of ‘n voertuig nie!

Mariana ·

Dit is ‘n baie goeie idee. Die mense sal al werkende weer fiks ook word, terwyl die teenwoordigheid en sigbaarheid ook baie gaan help. Dankie Solly Msimanga vir al die positiewe dinge wat jy in so kort tydjie reeds gedoen het. Ons ondersteun al jou pogings om dinge beter vir ons almal te maak. Voorspoed.

Max ·

Ek hoop hierdie verhoogde polisie sigbaarheid is misdaadvoorkomende sigbaarheid en nie bewustelose en korruptiewe sigbaarheid nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.