Tshwane: Miljoene vir sinkgate toegeken

Cilliers Brink, Sheila Senkubuge en Randa Williams, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling. Foto: ANA.

Die Stad Tshwane het Maandag gesê minstens R27,5 miljoen is toegeken om vyf hoofsinkgate wat probleme vir motoriste veroorsaak te herstel.

Sheila Lenna Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, het die media Maandag tydens ʼn nuuskonferensie ingelig oor die vordering in die herstelwerk aan 31 sinkgate oor die hele stad heen. Dié probleem het ʼn negatiewe invloed op ondernemings en verontrief motoriste.

Volgens haar is nog R25 miljoen beskikbaar gestel in die boekjaar 2018-’19 vir herstelwerk aan sinkgate.

Volgens Senbugube is twee van die vyf ergste sinkgate in die boekjaar 2017-’18 herstel en die oorblywende drie gewaarmerk vir voltooiing binne die eerste kwartaal vanjaar. Drie ekstra sinkgate sou ook vanjaar herstel word.

Sy het bygevoeg geologiese ondersoeke en herstelbeplanning aan ʼn reusesinkgat op die hoek van Gerhardstraat en Jeanlaan in Centurion is afgehandel en fase een van die herstelwerk sal einde Augustus voltooi wees, met ʼn deel van die straat wat weer oopgestel sal word vir verkeer.

Herstelwerk aan die Laudium-sinkgat [25 m in deursnee en 5 m diep] sal ook na verwagting einde Augustus voltooi wees.

Raadslid Cilliers Brink het gesê hoewel sommige ondernemings deur die sinkgate geraak word, kan die stad Tshwane nie geld uitbetaal sonder bewys van verlies aan inkomste nie.

“Enige verlies aan inkomste moet deur ʼn hof bewys word.” Volgens Brink is die stad nog nie gedagvaar nie, maar daar was al dreigemente dat regstappe gedoen sal word.

Brink het bygevoeg dat die stad vanjaar meer aan herstelwerk en instandhouding van verouderde infrastruktuur bestee as verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

IK ·

Sou dit oortollige grond wees waarmee die gate opgevul word? Ons weet mos nou van die grondeise . . . Sorg dat Ramaphosa en kie. dit goedkeur anders gaan julle GROOT probleme hê.

Paul ·

Genadiglik het hulle nie miljoene aan sinkgate toegeken nie, maar vir.

Sou nie verbaas wees nie, enigiets is in die nuwe SA moontlik.

Sieg ·

Shame, die pad netwerk het triljoene nodig paaie is klaar en lyk pateties toestand, maar soos alles van die ANC.

Alida ·

Die DA is in beheer en die geld sal aangewend word vir die doel waarvoor dit beskikbaar is. Almal is nie goudgrawers nie.

PH Krynouw ·

Hou aan om dit vir jouself te vertel Alida. Die DA is net so korrup soos die ANC. Volgens my is daar net een ding erger as ‘n ANC stemmer en dit is ‘n naiewe onvoorwaardelike DA stemmer. Jy het duidelik nie jou huiswerk gaan doen oor George, Beaufort Wes, Knysna en nog VELE ander plekke waar die DA regeer en al die korrupsie wat nou daar ontbloot word nie. Nie te praat van die R1miljoen ‘n jaar aanstelling van ‘n personeellid net hier in PTA wat nie eers die kwalifikasies gehad het nie. Almal is nie goudgrawers nie, nee – partymaal net ‘n alternatief vir dieselfde siek aksie.

Tevrede ·

Sjoe, uiteindelik! Net nadat die eerste Laudium sinkgat ingeval het, het ek op MM voorspel dat dit spoedig herstel sou word. Sekere raadslede het beslis meer invloed as ander. As mens kyk hoe lank dit geneem het om aan die Jeanlaan sinkgat te BEGIN werk, is my voorspelling beslis bewaarheid (of eintlik ook nie), want die Laudium sinkgat gaan reeds voltooi wees dan is daar slegs een baan oop by die Jeanlaan sinkgat. Nou hoe nou? Miskien kan iemand dit vir my (as leek) verduidelik asseblief.

Flip ·

Mooi so. Skalel asb nou net die straatligte af wat 24/7 aan is dan sal daar nog meer geld wees vir onderhoud.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.