Tshwane om middernag sonder burgemeester

Randall Williams, burgemeester van Tshwane. (Foto: Twitter)

Net soos Aspoestertjie sal die Tshwane metro se burgemeester, Randall Williams, om middernag sy pos verlaat.

Williams van die DA het Maandagoggend as burgemeester van Tshwane bedank.

Die bedanking tree Maandag om middernag in werking.

“Ek bedank vandag omdat ek glo dit is in die beste belang vir die voortgesette stabiliteit van die koalisie in die stad. Om die uitvoerende burgemeester van die hoofstad te wees, was nie sonder sy probleme nie, maar ek het elke uitdaging wat oor my pad gekom het in die uitvoering van my pligte aangegryp,” sê Williams.

“Ek bedank nie vandag uit frustrasie, wrok of woede nie, maar in vrede met die wete dat ek ʼn ongelooflike geleentheid gegee is en dat ek my pligte na die beste van my vermoëns nagekom het.”

Williams is aanvanklik in Oktober 2020 as burgemeester verkies voordat hy in November 2021 herverkies is.

Raadslede van die ANC het Williams in Augustus verlede jaar probeer onttroon nadat ʼn verslag oor die moontlike verhuring van grond vir die vestiging van ʼn alternatiewe kragbron vir Pretoria ʼn herrie ontketen het. Die raadslede het egter eindelik die aftog geblaas en uit ʼn raadsvergadering gestap met die gevolg dat hul eie mosies van wantroue in burgemeester Randall Williams nie gedebatteer kon word nie.

Williams het onlangs ook onder erge kritiek deurgeloop nadat Tshwane in Januarie ʼn gekwalifiseerde oudit ontvang het. Die metro se finansiële hoof is intussen gepos, maar Williams se kop is ook sedertdien geëis.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Catherina ·

Wat gaan aan? Een v d dae is DA nie meer die opposisie. Dr Phala? wat nuwe DA leier wil wees, sal goeie keuse wees. DA raak uit voeling met ons

Nie Verbaas ·

Omtrent tyd dat hy gaan. Die man was vas aan die slaap.

Harley Davidson ·

Die mense weet ook nie wat demokrasie is nie wie het hom n mandaad gegee om te bedank of praat hulle net met hulle kiesers voor n verkiesing, die multi partye werk in geen provinsie nie sonder n onafhanklike staat word ons begrawe in die gemors wat die ANC veroorsaak het .Ek dink ook die tekort aan regte oposisie leiers help ook om hulle rondslomp te versterk.

Johan ·

Dit is nogsteeds totaal wanorde en verval in die stad. Niks verander ooit vir die beter in die plek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.