Tshwane ontplooi reddingspanne na KZN

Oorstromings in KwaZulu-Natal. (Foto: Facebook / Reaction Unit South Africa)

Die Tshwane-metro het ʼn soek-en-reddingspan na KwaZulu-Natal ontplooi waar talle mense steeds weens rampspoedige vloede verlede week vermis word.

Mmaseabata Mutlaneng, waarnemende stadsbestuurder, het die ontplooiing Woensdag goedgekeur, waarna reddingswerkers en tegnici op bystand onmiddellik na die vloedgeteisterde gebied vertrek het. Die span van 23 sal by stedelike soek-en-reddingspanne van Johannesburg en Ekurhuleni, asook die Gautengse nooddiensspan van die Northview-brandweerstasie aansluit wat reeds vroeër na die provinsie ontplooi is.

Maroela Media het vroeër berig dat meer as 440 mense al dood en duisende ontwortel is. Die vloede het ook enorme skade aan infrastruktuur en eiendom aangerig.

Die span van Tshwane bestaan uit onder andere waterreddingstegnici, duikers, K9-hanteerders en IT-tegnici.

Hulle het kort voor middernag op Donderdagaand in ʼn 45-sitplekbus en drie 4×4-voertuie uit Tshwane vertrek. Luidens ʼn verklaring deur die metro word die ontplooiing uit die Gautengse rampbestuursfonds gefinansier.

“Die span sal in KwaZulu-Natal bly om humanitêre bystand aan die mense van KwaZulu-Natal te bied.” 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

Miskien moet die DA dieselfde aandag skenk aan die slaggate in paaie in en om Pretoria. Motoriste swaai uit en ry aan die verkeerde kant van die paaie om slaggate mis te ry sonder om verkeer in ag te neem wat van voor af kom. Gevaarlike situasie.

Harley Davidson ·

Die paaie,straatligte en vuil verwaarlose parke in pretoria dit is waarna die Tsweni munisipaliteit moet omsien nie kzn nie kzn moet vir kzn omsien.

Genis ·

Ek stem, Tshwane lyk soos n tshwane… op die afdreande pad met n spoed….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.