Tshwane-polisie slaan toe op tientalle misdadigers

Argieffoto: Kent Williamson

Daar is 78 verdagtes in die afgelope 48 uur in die sentrale omgewing van Pretoria vasgetrek.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê misdaadvoorkoming operasies is in Brooklyn, Garsfontein, Lyttelton, Sunnyside, Silverton, Pretoria Moot en Villieria uitgevoer.

“Daar is gefokus op dwelms, kontakmisdade en eiendomsmisdade tydens die operasies. Sewe is vasgetrek in verband met die besit van beweerde gesteelde goedere, nege vir diefstal, twee vir die besit van toestelle wat gebruik word om by motors in te breek, ses vir bedrog en twee vir huisbraak en diefstal. Altesaam 19 is in hegtenis geneem vir dwelmverwante oortredings,” het Weilbach gesê.

Die ander verdagtes is vir soortgelyke misdade vasgetrek.

Al bogenoemde verdagtes sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Weilbach het motoriste weer eens gewaarsku om nie enige artikels in motors te los nie. “Verwyder alles voor jy ry.”

Weilbach het ook vrouebestuurders gemaan om nie hul handsakke onder die sitplek te plaas nie maar wel in die kattebak. “Die SAPD raai motoriste aan om nie bedelaars en straatverkopers te ondersteun nie. Hul aktiwiteite is onwettig en hulle skep geleenthede vir misdadigers,” het Weilbach gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Irene ·

Geseend met julle goeie werk SAPD mag die Vader julle bewaar van die skurke

Ken2 ·

Daar kan hoop vir ons land wees as die munisipaliteite wat DA word hulle metropolisie gebruik om misdaad op alle vlakke, nie nipet op die paaie nie, hok te slaan.

Verstaan nie. ·

Baie goeie nuus en dit behoort op ‘n gereelde basis gedoen te word.
Ek verstaan nie die tweede laaste par. se “Verwyder alles voor jy ry”?
Seer sekerlik is dit “Verwyder alles sigbaar wat gesteel kan word voor jy die voertuig verlaat”? Inteendeel moet niks steelbaar rondlê in jou voertuig ten alle tye of jy ry of nie.

Witbooi ·

Die SAPD raai ons aan om nie straatverkopers te ondersteun nie, want hulle aktiwiteite is onwettig…Die vraag is wat met betrekking tot hierdie onwettige bedrywighede gedoen word ? By al die groot kruisings is bedelaars en straatverkopers konstant en onverhinderd teenwoordig – jaar in en jaar uit.

Misdaad bekamping moet begin by die alledaagse “klein misdade”. Dit moet konstant en meedoonloos beveg word. Ons sien die gevolge van die ignorering daarvan daagliks.

Dankie vir inisiatiewe soos hierdie, maar meer is nodig. Waar is die Metro Polisie – is dit nie hulle plig om die state skoon te hou van die “klein onwettihede” nie ?

zoom zoom ·

Sien geen zuptas se name in die berig nie. Is hulle nog vry??

Michael ·

Kan jy dink as die polisie elke dag net hulle werk doen soos nou hier kan die helfte van Pretoria se skelms oor n paar jaar in die tronk sit?‍♂️??

anton ·

Skelms moet daagliks gevang word en nie net met n klopjag 1 maal n maand of 3 nie.
Dit gaan nie veel help nie. En ja, daagliks ry die metro verby die straat verkopers en doen net mooi niks aan hulle nie!!!
Taxi’s ry oor rooi verkeersligte oor stop strate en gaan verby ander verkeer in die geel lyn gedeelte ens.
Maar hulle loop eerder in winkel sentrums rond en irriteer die publiek deur hulle af te trek vir veiligheids gordels en om lisensie skyfie na te gaan.
Maar soos ek verstaan, behoort die meeste taxi’s aan lede van die metro polisie, dus sal daar NOOIT OOIT iets aan die probleem gedoen word nie!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

HAHAHA! Vangs van kriminele word aangekondig in die media!!!! hahaha.
Stem saam met Anton en gaan ek nie sy skrywe weer herhaal nie. Lees maar net en skud maar net jou kop.

Theresa ·

Kan die Metro GROOT asb. behulpsaam wees om die straatbedelaars te verwyder van die strate af. Mense kan hulp by instansies gaan vra of daar moet ‘n plek wees waarheen hul kan gaan. AF VAN DIE STRATE af. Eerste prioriteit: dié wat so vooroor val in ‘n fetusposisie!!!! Skandelik dat dit toegelaat word. Eerstens absurde, bizarre gedrag. Tweedens sal die motoris wat oor die geknielde ry, aan die pen ry – sal seker weer as moord gesien word. Kry hierdie mense van die paaie af; weg uit al die sentrums en spruite – besoedeling is iets ysliks hier in Pretoria a g v daarvan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.