Tshwane-raad dien strafregtelike aanklagte in teen ANC

Skare drom saam voor die voorportaal tydens 'n onderonsie by 'n algemene Tshwane-raadsvergadering op 27 September 2016  (Foto verskaf aan Maroela Media)

Skare drom saam voor die voorportaal tydens ‘n onderonsie by ‘n algemene Tshwane-raadsvergadering op 27 September 2016 (Foto verskaf aan Maroela Media)

Die Tshwane-metroraad het aanklagte van aanranding en opsetlike saakbeskadiging teen ANC-lede ingedien ná verlede week se gewelddadige raadsvergadering.

Rachel Mathebe, speaker van die raad, het Maandag gesê die raad het noodsaaklike take om te verrig en verlede week se ontwrigting kan nie geduld word nie. “Ons moet dienslewering opskerp. Dié werk kan nie gekeer word deur die gedrag van net een party nie.”

Volgens Mathebe het hulle ook beeldmateriaal van verlede week se voorval aan die polisie oorhandig. “ʼn Klagte is ook by die metro se reëls- en etiekkomitee ingedien.” Die komitee sal nou verhore hou oor die ANC-raadslede se gedrag.

Chaos het voor en tydens die raadsvergadering uitgebreek nadat ANC-raadslede gekla het burgemeester Solly Msimanga het onwettige aanstellings gemaak. Oomblikke later het stoele en bottels in die raadsaal rondgevlieg.

Maroela Media het vroeër berig die twee vroue, DA-raadslid Elma Nel en EFF-raadslid Anna Masemola, het reeds klagtes van aanranding en intimidasie teen die betrokke raadslid ingedien by die Wonderboompoort-polisie. Nel moes ná die aanval in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem word vir behandeling en Masemola is na verneem word na die Steve Biko-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

popeye ·

MM, ek reken die woord “turbo” het julle aanstoot gegee? Kom ons probeer weer… DA ek wens julle voorspoed toe in julle aksies om die skuldiges tot verantwoording te roep…belaglik!

Luister ·

Nie juis goeie veloordes nie, né! Gooi nou hul speelgoed uit die kot uit.

jaco ·

SA se polisie en SA se regstelsel word albei deur die ANC-regering beheer, so daar sal niks van hierdie klagte kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.