Tshwane sal niebetalers ‘streng vervolg’

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane Munisipaliteit sal nou ʼn uiters streng benadering volg om niebetalers te vervolg wat die munisipaliteit gesamentlik ʼn allemintige R6 miljard skuld.

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het Woensdag gesê die munisipaliteit sal streng teen inwoners moet optree wat agterstallig is met hul betalings vir munisipale dienste, aangesien dit ná 180 dae al moeiliker raak om geld in te vorder.

“Ons skuldlas trek net oor die R6 miljard. As daardie R6 miljard ʼn begroting vir ʼn munisipaliteit was, sou dit een van die land se toptien munisipaliteite gewees het. Dit is aansienlik meer as die begrotings van sekondêre munisipaliteite. Dit is hoeveel aan ons geskuld word. Daarom sal niebetalers nou streng vervolg word,” het Ramokgopa gesê.

Hy het gesê versuim om ’n munisipale rekening te betaal het ʼn direkte uitwerking op dienslewering. Daarom wil die munisipaliteit meer voorafbetaalde dienste inbring om die reuseskuldlas te verlig.

Die munisipaliteit het Woensdag die Mmogo Re A Gola (Saam groei ons)-program van stapel gestuur, wat deel vorm van die munisipaliteit se veldtog om bewusmaking en onderrig onder inwoners te bewerkstellig om verantwoordelikheid te dra vir die noodsaaklike dienste wat die munisipaliteit aan hulle lewer.

“As ons nie dringend ingryp nie, sal ons skuldlas al meer groei. Die huidige tendens is dat dit klaar groei en aansienlik baie ook. Met die installering van die voorafbetaalde meters kan ons hierdie bedrag skuld aansienlik verminder. Dit is tans ons groot uitdaging,” het Ramokgopa gesê.

“Onthou, ons het ook ons finansiële verpligtinge. Ons koop grootmaat-elektrisiteit by Eskom aan en grootmaat-water by Rand Water. Ons kry dit nie verniet nie. As ons agterstallig raak met ons betalings, kan hulle ons afsny. Ons het klaar by sommige munisipaliteite gesien dat Eskom hulle krag afsny. Dit sal die 3,2 miljoen mense in Tshwane direk raak.”

Ramokgopa het gesê die bou van ontspanningsparke, huise, paaie, vervoerstelsels en klinieke kan slegs ʼn werklikheid word as die munisipaliteit geld in die bank het.

Umar Banda, die munisipaliteit se finansiële hoof, het beklemtoon dat inwoners doelbewus kies om elektrisiteit en water te gebruik en dus nie net kan besluit om nie daarvoor te betaal nie. “Niemand dwing jou om televisie te kyk, te bad of kos te maak nie. Jy moet verantwoordelikheid aanvaar vir die water en elektrisiteit wat jy gebruik,” het hy gesê.

Volgens Banda betaal ongeveer 95% van Tshwane se inwoners wel hul maandelikse rekeninge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

AvrilS ·

Mnr die burgermeester,
Begin by die informele nedersettings wat al vir jare krag steel, en ons blankes moet maar net gemelk word.
Wys bietjie ruggraad en begin daar.

André ·

Ag regtig Mnr Ramakgopa.
Al betaal al die inwoners hulle rekeninge wil ek jou nogsteeds uitdaag om die stelling te maak dat julle dienste sal kan lewer. Ek ry in my woonbuurt en sien hoe straat ligte helder oor dag brand, waterpype lek, bome se takke oor die paaie hang, sypaadjies en parkies se gras lank is. Net om ‘n paar van die sogenaamde “dienslewerings” waarvoor ons betaal nie gedoen word nie. Ek vra graag die vraag hoekom nie-betalers se kragtoevoer nie gestaak word nie? Dis als net vlou verskonings om die wanbesteding van belasting betalers se geld te verbloem. Ek twyvel of daar ‘n straatlig stukkend is waar u bly en of die sypaadjie soos siebie se g*t lyk. Die basiese dienste wat Tshwane moet lewer kan nie eers op staat gemaak word nie…..en ek noem maar net vullis verwydering.
Gaan vertel hierdie snert vir jou volgelinge so voor die verkiesing.

Estelle ·

Ek verstaan nie….as ek agterstallig is sny die munisipaliteit my krag…wie en hoe kry hulle dit reg om so ver en soveel agterstallig te raak sonder dat krag gesny word?

Gatvol om gemelk te word ·

Begin by die swart massas wat al vir jare water en elektrisiteit steel, en ons, wit en swart, wat in ander woonbuurtes woon, moet die gelag betaal.
Maak n voorbeeld van hulle. Of is dit maar julle beleid om dit toe te laat. Weer apartheid se skuld, of hoe.
Julle wat in daardie poste aangestel is, het die massas geleer om te steel.

Pieter.v ·

Die wanbetalers se krag sal nie af gesit word nie ,in die verlede is dit nie gedoen nie en hulle is ook nie vervolg nie,dit is in elk geval te naby die munisipale verkiesing, dit is nou n manier om die publiek te laat weet hulle is nog op hul pos, dit weet ons want die dienste word nie gelewer nie.

chrisna botha ·

Iets ruik vir my na n vrot rot – as 95% wel betaal, beteken dit mos dat 5% nie betaal nie. Hoe het so n bietjie mense se skuld na R6 miljard geklim? Hoeveel geld kry hulle dan in????

Gert du Plessis ·

Ek het dit baie duidelik gevoel… my krag is gesny oor ‘n R0.86 agterstallige rekening… en dit net voor Paasnaweek. Die kontrakteur het gese “Lets discuss this, you know if we cut this now, it will only be reconnected after the long week end”

Marous ·

Snert man! As 95 % betaal vermors julle 94,99% Dagvaar die wanbesteders wat julle self is!

Vat hom fluffy ·

En wat van die nuwe bus stelsel wat geïmplementeer is wat ons nie wou hê nie en wat die verkeer net opduiwel. En 95 % betaal ek laat dit my nie vertel nie en dan word daar miljarde geskuld. Vertel die waarheid asb.

eugene ·

ek het n huis gekoop en 4 dae na registrasie is R12000 se water gehef op my eerste rekening,water wat nie gebruik was nie
na 7 maande se swoeg is dit maandag maar druipstert betaal want my krag en water meter is verwyder
is al die verkeerde fakture deel van die R6milj?
COT kry lekker om die komentaar te lees
EN hoe is daar R6mil uitstaande as 95% betaal is? dit maak seer

Flintstone ·

Ek is in besit van twee onlangse water en ligte rekeninge van my swart mede inwoners van Tshwane.Die een bly in ‘n nabygeleë reuse swart woonbuurt die ander bly in dieselfde redelik gegoede buurt waarin ek woonagtig is.Beide se rekeninge beloop meer as R15 000.00 agterstallig. Beide se krag brand steeds.Myne was ‘n ruk gelede weens ‘n syferberekenings tekort op erfbelasting van R300 afgesny waarop daar ‘n addisionele R700 aansluitingsfooi gehef is.Onbetaalde water en ligte voorsiening word ten koste van die minderheid getroue betalers,as ‘n stemwerwingsplooi gebruik.Hierdie stelling dat teen agterstallige betalers opgetree gaan word is kaf in die wind en sal nooit realiseer nie ou “burgermeester”

Jurg ·

Wil net weet van die grond wat na petisies nog steeds geskenk is vir die bou van moskee in Valhalla teen meerderheid se besluit wie trek voordeel daaruit ons stem tel niks maar geld wel om te mors kyk hoe lyk parke en begraafplase

Ronel ·

Ek is seker die mens(e) wat die persentasie uitgewerk het van mense wat wel betaal, weet nie eers hoe werk ‘n sakrekenaar nie. Dit maak nie eers sin nie! Mense by City of Tshwane moet asseblief aanhou om die lede van die publiek se geld te eet en net dikker te word, want dit is al wat hulle doen!

Dirk Nell ·

Verklaar seker hoekom ek ‘n elektrieseteit regstelling die maand het van R8000 vir tydperk 2013/2014 en 2014/2015

Veritas ·

Ha-ha. Dit wil ek graag sien. Julle weet mos watse chaos en onluste só aksie tot gevolg sal hê. Die skuld vir die grootskaalse nie-betaling, moet vierkant voor die deur van die stadraad, gelê word. Die regering kon nie eers ‘n klomp kinders (lees studente) baasraak nie. Hoe op aarde, dink die ‘Einsteins’, gaan hulle dit met grootmense regkry?

Antie ·

Hulle kort weer geld vir nuwe voertuie, om parties te hou ens ens ens

FC ·

Chrisna Botha het hierbo verwys na die sogenaamde 95% betalings vlak. Dit is inderdaad ‘n lieg. 5 % van hulle maandelikse rekening is nie meer as so 75 miljoen nie. So die 6 blijoen se skuld het opgehoop oor hoeveel jare ???
Hulle skuld was in 2011 net so 3 biljoen, gaan kyk maar na NT se artikel 71 publikasies.
Daar is laaaaang lys redes hoekom die mense nie betaal nie,. Swak kredietbeheer is heel bo aan die lys

Oom Kalahari ·

@Andre – Jou stellings is uit die boeke-kyk hoe lyk die eens pragtige “Jakaranda” stad. Swak dienslewerings op alle vlakke. Die Agbare Burgemeester moet dalk eers interne ondersoeke doen oor die wanbetalings strategieë soos geen maandelikse meter lesings(geskatte lesings oor drie maande periodes), onbevoegde personeel en aanstellings, foutiewe meters wat miljoene gekos is aangekoop en ook wat nie ingeplaas was nie met verlore kontrak. Gaan stel ondersoek in by die plakkers kampe en sien hoe word krag daar onwettig gebruik of is dit nou ook “free” daar maar die ander gemeenskappe wat altyd gedienstig betaal moet weer die klippe kou. Ons weet KFC se pryse is op met die ingevoerde Amerikaanse hoenders wat jul graag geniet, buurman en mede kollegas wil darem ook sien jy ry weer ‘n nuwe motor asook dalk het SANRAL jou genader om hul ook bystand te kan gee met invorderings, wie weet wat alles in die duistere oor onskuldige betalers se hoofde gebring word. Hoe laat mens toe dat so ‘n aardige bedrag ophoop en dan skielik wil optree, nee Mnr die Burgemeester dit moes lankal in die begin ondersoek gewees het en voorkom as wat daar nou onnodige kostes aangegaan word met “krisis bestuur” aangeleenthede tot sekere geteikende mense. Ruk die diens programme van die stad reg tot trotsheid.

Oom Kalahari ·

@Andre – Jou stellings is uit die boeke-kyk hoe lyk die eens pragtige “Jakaranda” stad. Swak dienslewerings op alle vlakke. Die Agbare Burgemeester moet dalk eers interne ondersoeke doen oor die wanbetalings strategieë soos geen maandelikse meter lesings(geskatte lesings oor drie maande periodes), onbevoegde personeel en aanstellings, foutiewe meters wat miljoene gekos is aangekoop en ook wat nie ingeplaas was nie met verlore kontrak. Gaan stel ondersoek in by die plakkers kampe en sien hoe word krag daar onwettig gebruik of is dit nou ook “free” daar maar die ander gemeenskappe wat altyd gedienstig betaal moet weer die klippe kou. Ons weet KFC se pryse is op met die ingevoerde Amerikaanse hoenders wat jul graag geniet, buurman en mede kollegas wil darem ook sien jy ry weer ‘n nuwe motor asook dalk het SANRAL jou genader om hul ook bystand te kan gee met invorderings, wie weet wat alles in die duistere oor onskuldige betalers se hoofde gebring word. Hoe laat mens toe dat so ‘n aardige bedrag ophoop en dan skielik wil optree, nee Mnr die Burgemeester dit moes lankal in die begin ondersoek gewees het en voorkom as wat daar nou onnodige kostes aangegaan word met “krisis bestuur” aangeleenthede tot sekere geteikende mense. Ruk die diens programme van die stad reg tot trotsheid.

John ·

Hahaha, dis seker ‘n fout. Hy bedoel seker 95% betaal NIE. Net die 5% wetsgehoorsame mense wat betaal en al die las moet dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.