Tshwane se eerste burger op spesiale verlof geplaas

Sheila Senkubuge, burgemeesterkomiteelid oor paaie en vervoer, en Stevens Mokgalapa, burgemeester van Tshwane. (Foto: Christel Cornelissen)

Tshwane se burgemeester, Stevens Mokgalapa, is Dinsdagmiddag op spesiale verlof geplaas.

Dit volg ná ʼn storm losgebars het oor sy beweerde seksuele eskapades met die burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, Sheila Senkubuge.

ʼn Klankgreep van die twee se beweerde gekafoefel is Sondag wyd op sosiale media versprei. Dit is glo onwettig deur middel van ʼn meeluister-apparaat in Senkubuge se kantoor gemaak.

In die klankgreep kan ook gehoor word hoe hulle ander raadslede bespreek en selfs na die speaker van die raad as ʼn heks verwys.

Mokgalapa en Senkubuge het klagte van onder meer afpersing by die Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. Hulle beweer die klankgreep is versprei omdat hulle nie wou toegee aan ʼn eis dat vier geskorste werknemers heraangestel word nie.

Die DA sê in ʼn verklaring dat hy die ernstige klagte teen die twee politici met omsigtigheid hanteer. Die saak is na die party se federale regsafdeling verwys waar Mokgalapa en Senkubuge ʼn geleentheid sal kry om hulle weergawe van die gebeure te gee.

Tshwane se speaker het met inagneming van die gedragskode van raadslede ook die saak vir verdere ondersoek na die etiese komitee verwys.

Mokgalapa is deur die party op spesiale verlof geplaas terwyl die ondersoeke aan die gang is. Die verklaring maak geen melding van Senkubuge se lot nie.

Die DA het intussen ook gesê hy neem kennis van die EFF se voorneme om ʼn mosie van wantroue teen Mokgalapa ter tafel te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Outoppie ·

En so kom al die hoog aangesteldes wat nie die werk kan doen nie tot ń val

Wielspore ·

Geen waardes, geen respek, gebrek aan geloof, te veel geld, te veel mag.

Cauin ·

Watse geloof ? Komaan ! Wat wil jy he moet hy glo ? Hy glo hy kan dit doen . In OSA was hulle net diskreet

K P ·

Daardie bee moet sy goed vat en padgee. Baie tyd vir vroue maar min vir werk. Wonder of hy n getroude man is?

Rooi Jan ·

Dit is duidelik dat die DA se tweede span politieke kleuters is. Hulle word gedurig ore aangesit deur die ANC/EFF.

Mm ja nee ·

Getroud of nie, kulture laat meer as een vrou toe… Maklik soos dit.

Theresa ·

Man dis mos nou lekker. Sit by die huis en doen niks, maar kry jou salaris elke maand terwyl alle net sloer of uitgestel word tot wanneer ookal.

EO ·

Op “spesiale” verlof??????????? My dinges, dank hom summier af. Nou gaan sit hy by die huis en word nog steeds ‘n lekker vet salaris betaal!!! En wat word van “madam??” Op wie se skoot gaan arme sy nou sit??

Soetrissie ·

Wat is die eintlike oortereding? Omdat hy karfoefel of omdat hy geskinder het? Lekker man,lekker!

Stellie ·

Die oortreding sal definitief nie die kafoefel wees nie. Selfs op kantoor op lessenaars blyk nie verkeerd te wees nie. Die getroud beteken ook niks – jy kan meer as 1 vrou he. Maar jy mag nie oor n Comrade skinder nie!! Die mense in hierdie land het geen morele waardes nie.

shark ·

definisie van regering se “spesiale verlof” : weg van werk, op verlof vir n paar jaar, goue handruk, bonus, verhoging, medies, gratis vervoerkoste, gratis verblyf enige plek,
Straf as skulig bevind word: oorplasing na ander instansie , pos opgradering, verhoging, luukser voertuie, lyf wagte, groter huis, kan familie en vriende poste aanbied.

Sic? ·

Moenie europese waardes hier kom af forseer nie
Hy mag as hy wil , dis sy land ! Sy het in elk geval verby geloop

Maljan ·

Gaan die persoon /persone wat die onwettige meeluiaterapparaat geplant het ook aan die pen ry?

Sarel P ·

Maljan, dit is gewis. Gaan die enigste persoon of persone wees wat enigiets gaan oorkom.

marous ·

Wonder of daar smul lekker etes op die raadstafel bedien gaan word ….

Gert@Midstream ·

Ek is ook beskikbaar om met spesiale verlof te gaan. Kort net finansies. Het die tyd en eksperties.

Foxi ·

Die manne eet deesdae te veel pere! Wat gaan aan in daai verstand van party mense?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.