Tshwane se vrystellingsaansoek vir salarisverhogings ingedien

Foto: Pieter Cloete

Die Tshwane-stadsraad het aan die sperdatum, wat hy vir homself gestel het, voldoen deur teen Donderdag die vrystellingsaansoek vir salarisverhogings by die plaaslike regering-bedingingsraad (SALGBC) in te dien.

Selby Bokaba, woordvoerder van die stadsraad, sê die aansoek sal op 23 Augustus aangehoor word by die bedingingsraad tussen die stadsraad en die vakbonde Imatu en Samwu.

“Die stad se aansoek is geanker op onweerlegbare bewyse van sy finansiële toestand – die hoofrede waarom daar nie enige toewysings in die begroting was vir salaris- en loonverhogings vir die 2023/24- finansiële jaar nie.”

Die onbefondse begroting is goedgekeur deur die meerderheid van partye wat in die raad verteenwoordig is aan die einde van Mei vanjaar. Die finansieringsplan het die groen lig gekry by die provinsiale en nasionale tesourie.

“Die stadsraad werk hard daaraan om sy finansies te stabiliseer deur, onder andere, uitgawes te beperk en inkomste-invordering te verhoog na 95%, soos bepaal deur die nasionale tesourie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Die metro bestuur doen ‘n goeie werk in Pretoria en hulle het die visie om die stad te laat groei wat almal sal bevoordeel.

Jaco ·

Intussen kry alle munisipale raadslede, INGESLUIT dié van die DA, R720000 per jaar, ‘n luukse motor, plus ‘n vet petroltoelae, plus ‘n vet onthaaltoelae, plus hulle vlieg verniet. Vreemd dat dieselfde hoogheilige DA wat nou sê “daars nie geld nie”, nooit oor die reusagtige salarisse van munisipale raadslede kla nie. Parlementslede, ook van die DA, kry nog meer: R1.3miljoen per jaar en al die ander voordele. Daaroor is die DA ook stil…

Fluisterwind ·

Ek is van mening dat die Tshwane munisipale raad die pot mis sit hierdie keer. Al die inwoners van die Tshwane munisipaliteit het verhogings gekry op hul dienste rekeninge. Word ‘n begroting dan nie opgestel dienooreenkomstig met salaris verhogings ingewerk nie? Waar gaan die ekstra tarief verhogings dan heen? Ek het ook die verskillende projekte wat die munisipaliteit wil aanpak vir die komende jaar gelees, maar nêrens word salaris verhogings gemeld nie.

etienne ·

van die begin van die staking, het nog geen media geluister na die kant van die werknemer nie. waar al ooit gehoor, jy gaan na n bedingingstafel, stem saam en teken al die ooreenkomste, en trek dan kleinkoppie op die einde. die probleem hier gaan blywend wees vir jare, want die werkersmag het nie meer vertroue in die werkgewer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.